19. Cinderella en haar stiefma

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

"Ariel, as jy reg is kan ons ry." Ek en Tiaan staan van die ontbytstafel op.

"En waarheen is julle tweetjies so vinnig op pad?" vra Kruella nuuskierig vir ons.

"Ma, ons gaan vir die dag deur Ermelo toe."

"Dit is in die middel van die eksamen en julle gaan Ermelo toe?"

"Tannie, ons het 'n paar sake om uit te sorteer. Boonop skryf ek eers weer volgende week. Ons sal vanaand terug wees." Spring ek vinnig in.

"Môre middag op die laatste is ons terug, Ma. Ariel, pak maar vir jou 'n ektra stel klere vir in geval dit langer vat as wat ons gedink het."

"Wat kan tog so belangrik wees dat julle dit vandag moet doen? Jy gaan tog nie daardie kêrel van jou vra om te trou nie gaan jy, Ariel? Jy is heeltemal te jonk daarvoor! Ek wil nie 'n sletterige kind agter my naam hê nie! Die drug-gedoente was erg genoeg gewees!" Nou het sy te ver gegaan.

"Dit was nie my drugs nie en my persoonlike lewe het absoluut niks met jou uit te waai nie! Ek gaan nie agter mans aan om seks te kry nie en ek hoef definitief nie vir jou te sê wat ek doen nie!"

"Dit het definitief met my uit te waai as jy onder my dak bly en my seun oral saam met jou rondsleep! Hy is nie hier om vir jou taxi te speel nie, skattebol!"

"Ek is niemand se skattebol nie!" Sis ek deur my tande.

"Ek is een van die dae jou ma en dan kan ek met jou doen net wat ek wil! Ek verbied jou om uit hierdie huis te loop! Jy sal leer totdat jy klaar is met jou eksamen, verstaan ons mekaar? Nou toe, noudat jy verstaan verskoon ons jou om te gaan swot."

Ek loop uit die eetkamer en hoor hoe Tiaan met sy ma praat. "Ek het aangebied om haar te vat, Ma! Ek sal haar rondry soos ek lus kry." Ek pak vinnig vir my 'n stel klere in en 'n paar badkamergoedjies. "Kom Ariel! Ons gaan ry!"

"Hoe durf jy om my opdragte opsy stoot? Tiaan de Ville! Ek praat nie weer nie! Kry jou gat hier nou!" Ek en Tiaan mik vir die voordeur. Ek gaan nie Cinderella wees wat haar lewe by haar stiefma se lewe gaan aanpas nie. Sy is niks en sal ook nooit iemand wees wat beheer oor my lewe sal neem nie. "Klein juffroutjie, kom hier nou dadelik! Ek bel jou pa en konfiskeer jou foon as jy nie my nou gehoorsaam nie." Tiaan trek my tot by die kar en ons trek weg.

* Shaun *

Ek laai 'n hoop hooi op my vurk. Dit is die beste gevoel om te weet ek is klaar met skool vir die res van my lewe! Nou kan ek soos ek lus kry Pretoria toe ry en vir Ariel gaan kuier! Ek mis haar so verskriklik baie, dit is nie eens snaaks nie. Sy het gisteraand toe ek haar gebel het baie vreemd opgetree. Of dalk is dit net ek wat so dink. Sy is seker net gestres oor die eksamen of iets ...

"Shaun? Als okay daar oorkant by jou?" Vra Micheal wat besig is om die stal te skrop.

"Jip. Ek dink net."

"Ariel?"

"Jip. Sy was gisteraand baie haastig om baai te sê en het snaaks geklink. Ek weet nie dis dalk net my verbeelding wat met my weghol."

"Wel, jy weet hoe is Ariel. Sy raak verskriklik vinnig kwaad oor simple goedjies, maar jy –"

"Ek wat, Micheal?"

"Maar jy kan self uitvind." Ek kyk in die rigting waarna Micheal se vinger wys. Ek kan dit nie glo nie! Dis sy! Sy is hier! Maar hoe?

Ek sit die hark teen die stalmuur neer en draf nader na waar sy uit Tiaan se Toyota klim. Toe ek by haar kom gooi ek my arms om haar en druk haar styf teen my vas. "Wat op aarde maak jy hier?" Ek skeur van haar af weg en sien daar is 'n ongelukkigheid in haar oë. "Ariel?" Hoekom praat sy nie? Sy het nog nie een woord gesê vandat hulle hier is nie. "Ariel, wat gaan aan? Wat het ek gedoen?"

"Kan ons gaan ry?"

"Sure." Ek weet nie wat hier aangaan nie, maar ek het 'n gevoel dat ek nie daarvan gaan hou nie.

* Ariel *

Ons ry in stilte tot bo-op die koppie voordat ek tot stilstand kom. Ek weet Shaun kan aanvoel dat iets nie lekker is nie. Ek weet nie hoe ek hierdie vir hom gaan sê nie. Dinge mag dalk hierna anders wees tussen ons. Okay, Ariel. Dis nou of nooit!

Ons maak die perde aan 'n eensame boom vas en ek gaan sit op 'n groot klip wat eenkant in die grond vassit.

"Ariel, asseblief vertel my wat is hier aan die gang?"

"Shaun, hoe gaan dit met die hele situasie met jou pa?" Ek sien 'n frons verskyn op sy gesig.

"Nog dieselfde as vantevore, hy is op 'n besigheids konferensie in Dubai." Nou raak dinge interessant. "Hoekom vra jy?"

"Ek dink nie hy is op 'n konferensie nie, Shaun."

"Ag asseblief, Ariel. Moet nie belaglik wees nie! My pa is 'n groot skurk, maar hy sal nie so laag daal nie!"

"Shaun ek is jammer om jou teleur te stel, maar ek is seker daarvan."

"Waar anders sal hy dan wees, Ariel? Jy kan nie so seker wees van jou saak nie!"

"Ek het met my eie oë gesien, Shaun!" Ek bars net daar uit in trane. Ek het verwag sy reaksie gaan so wees, maar vir een of ander rede maak dit werklik seer!

"Wat gesien?"

* Shaun *

"Wat gesien?" Vra ek met woede wat in my opborrel.

"Toe ek gister middag saam met Bolt gaan stap het het ek jou pa gesien. Hy was saam 'n ander vrou ..." Ek kan sien hoe Ariel sukkel om hierdie vir my te sê, maar ek kan dit nie help om te bars nie.

"Wat?! Moet nie met my spot nie, Ariel! Hierdie goed is nie speletjies nie!"

"As jy my nie glo nie kyk self!" Sy haal haar selfoon uit haar sak en ek druk die driehoekie om die video te laat begin. Op die skerm is dit my pa wat 'n vrou teen 'n rooi Porche vas druk, dis sy Porche. Sy hande beweeg ooral oor die vrou. Ek kan nie meer kyk nie en druk die foon in die snikkende Ariel se hande in. Ek staan op en bal my vuiste teen mekaar. "Ek's jammer, Shaun. Ek het nie geweet wat om te doen nie en ek moes dit vir jou in persoon kom sê het. Jy kan kwaad wees vir my, jy het die volste reg." Ariel het gesnap en sy snik hardop. Dit breek my om haar so te sien. Hier verlang ek my morsdood en toe wou ek haar nie glo dat my pa so onnosel is nie. Dit moes duidelik vir my gewees het. Hy sluip elke aand uit vir wat anders as 'n ander vrou?

Ek gaan sit weer langs haar en trek haar teen my vas. "Shh, dis okay. Dis nie jou skuld dat my pa 'n poephol is nie. Dis okay, ek's nie kwaad vir jou nie."

"Ek kon dit nie vir jou wegsteek nie, Shaun. Jy het die reg om te weet, voordat jy en jou ma en Samantha seerder kry as wat julle al klaar het."

"Jy weet nie hoe dankbaar ek daarvoor is nie, Ariel!" Ek lig haar ken en soen die spoortjie op haar wang. Dis nie lank voordat sy haar mond teen myne druk nie, maar dit hou nie lank nie.

"Ek wil hê jy moet weet ek is daar vir jou, maak nie saak wat nie."

"Ons gaan my ma moet sê, vandag nog!"

"Ons?"

"As jy asseblief saam met my kan kom om haar te vertel, Ariel? Ek kan dit nie sonder jou doen nie."

"Okay, dan moet ons nou gaan."

Ek en Ariel sit later by die kafeetjie in die dorp en wag vir my ma. Nie een van ons sê iets nie, elkeen besig met sy eie gedagtes. Na 'n rukkie kom my ma met haar borrelende self by die kafeetjie ingewals. Dit maak seer om te dink daardie walsie gaan nie baie lank hou nie. Toe sy Ariel sien is sy eers opgewonde.

"Ariel! My magtig! Wat 'n verrassing!" My ma en Ariel druk mekaar styf vas en ek kan sien hoe Ariel haar trane terugbyt. Toe ons sit bestel ons elkeen vir ons 'n koffie en my ma borrel voort. "Ek het gewonder hoekom Shaun my nou ewe skielik uitnooi vir koffie. Dit gebeur nie baie nie, hoor. En hoe gaan dit met die eksamens?"

"Dit gaan goed, dankie Tannie. Ek wil nou net klaar maak."

"Ai, ek kan dink. Moet jy nie studeer nie? Wat maak jy die kant van die wêreld?" Daar val 'n ongemaklike stilte oor ons en my ma tel dit vinnig op. "Wat is hier aan die gang? Moet nie vir my sê julle breek op nie?! Of is jy swanger of-"

"Ma! Bly stil!"

"Wat dan?"

"Ariel het nuus gebring, Ma. Dit was moeilik vir haar om hierdie met ons te kom deel, so asseblief luister net eers sonder om te onderbreek." My en Ariel se oë sluit vir 'n oomblik, maar dit word verbreek toe ons koffie kom.

"Okay, ek luister?" sê sy toe die kelner weg is.

"Ariel het Pa in Pretoria gesien." My ma se oë rek dadelik. "Hy is nie op 'n konferensie nie, Ma. Hy is besig om met 'n ander vrou te ..." My ma se vlaktes vul op met water en sy laat sak dadelik haar gesig in haar hande.

"Hoe weet julle verseker dit is hy?"

"Ariel het 'n video geneem. Ek het hom gesien en dis definitief hy, Ma."

"Video? Watse video?"

"Dis bewyse dat hy by ander vrouens rondlê. Ek dink nie Ma wil dit sien nie, dis te erg."

"Nee! Hierdie kan nie wees nie!" Sy het finaal gebars. Trane drup op die tafel. Ariel spring op en loop by die kafee uit. Ek sit magteloos. Wat doen ek nou? Ek stoot my stoel agteruit en gooi my arms om my moeder. Sy het niks gedoen om hierdie te verdien nie. As ek my pa nou kry, gaan ek hom so hard bliksem hy sal nooit weer daglig kan sien nie!

* Ariel *

Dit was alles net te veel. Die vrou se hart is stukkend! Ek haat dit om haar so te sien. Sy is altyd hierdie stralende tannie en nou het sy inmekaar geval. Ek moes daardie ou die dag toe ek kon hom aan sy strot gaan gryp het!

"Ariel? Is jy okay?"

"Ja, ek het net 'n bietjie vars lug gesoek. Hoe gaan dit daar binne?"

"Dit gaan nie sommer net reg kom nie, dinge soos die vat tyd. Kom drink jou koffie asseblief." Ek knik en ons gaan weer terug na die tafel toe, waar Tannie Christa voor haar uitstaar met haar koffie in haar hande. Niemand sê iets aan tafel nie, maar ek kan nie meer die stilte verdra nie.

"Ek is jammer, Tannie, maar ek moes dit self vir Tannie-hulle kom sê het voor dit te laat is."

"Ek waardeer dit, kind. Ek gaan 'n egskeiding voorlê. Shaun sal jy asseblief jou pa bel en vra dat hy huis toe kan kom."

"Daar's nie 'n manier nie! Ariel onthou jy waar jy hulle gesien het?" Ek is geskok oor die vraag.

"Ja?"

"Ma, ek gaan saam Ariel terug Pretoria toe. Ek gaan hom gaan haal."

"Seun, moet nie nou moeilikheid staan en maak nie."

"Ag asseblief! Hy is die een wat aangejaag het!"

En nou is ons op pad Pretoria toe. Ek en Shaun in sy kar met Tiaan in sy kar kort op ons hakke. Vier uur stop ons voor my huis en drink vinnig koffie voordat Shaun my weer by die voordeur uitsleep. Oorlog gaan nou ontstaan, Wêreld! Pasop! My kêrel is op 'n missie en die missie sluit in gewere en kannonne. Dalk nie letterlik nie, maar definitief figuurlik. Dis net 'n kwessie van tyd voordat dit gaan ontplof.

Ons stap dieselfde roete as wat ek en Bolt die vorige keer gestap het. Ek hoop net hy is by daardie huis, anders weet ek nie wat gebeur nie. Tot my geluk staan Shaun se pa se kar voor die wit huis.

"Wragtig! Hy's nog steeds hier!" Dit is Shaun se eerste reaksie. "Okay dis nou of nooit nie, bly hier Ariel. Ek wil nie hê daar moet iets nou nog met jou ook gebeur nie." Hy draai om, maar ek gryp hom aan sy gewrig wat hom laat stop.

"Wees versigtig." Ek trek hom nader en druk my lippe vir 'n oomblik teen syne.

Toe ons wegtrek knik hy net en draai om. Hy draf die paar tappies op en ek hoor hoe hy diep asemhaal vir 'n paar keer voordat hy die klokkie druk. Oomblikke later vlieg die deur oop. Die beeld voor hom skok deur my ... hoe is dit moontlik?


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans