1. Happily Never After

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

*Ariel* 

Elke sprokies verhaal begin altyd met die woorde lank lank gelede, maar is dit elke keer regtig nodig? Hoekom sê hulle nie net iets soos ... ek is verveeld nou maak ek maar dom rympies op wat almal in elk geval vinnig aan die slaap gaan laat raak. Of iets in die aard van ... ek wil 'n pragtige prinsessie wees met 'n blink rok. Die Disney Prinsesse se verhale begin altyd daarmee, so nou kan myne maar ook daarmee begin.

Wel hierso is my voorstelling: Lank lank gelede was daar 'n prins, sy naam was tien teen een Prince Charming Eric soos al die ander. Ek het in die woud verdwaal terwyl ek vir die diere gesing het, Prince Charming Eric het in gewals gekom en my voete onder my uitgeslaan. Ek moes toe dadelik weghol vir een of ander heks wat my wou vergiftig. Op die ou einde het die heks my opgespoor en my 'n giftige appel gegee om te eet sodat ek na die grond neerdaal. Prince Charming Erick het my glas slipper weer vir my aangetrek, die sewe kabouters het hulle asems opgehou en gewag totdat die prins my soen en voala! Die goeie feë het die prins getoor sodat daar 'n dwelm of ding in die prins se spoeg was en daar lewe ons happily never after! Ek meen regtig!

Het jy al ooit gewonder wat na die After gebeur? Wie sê hulle het nie dalk op die honeymoon 'n groot misverstand gehad nie of hulle kinders het soos paddas uitgedraai nie? Was hulle nog al die tyd happy chappy totdat hulle op die troon moes sit en met hulle tolletjies brui? Ek twyfel sterk. Al hierdie klomp strooi word in kinders se koppe ingestop. Dit kan net sowel kindermishandeling genoem word. Driejariges word blootgestel aan onrealistiese monsters. Soms in die regte lewe is daar sulke monster, maar daar kom nie horings by hulle koppe uit en dit stoom nie by hulle neuse uit nie. Hulle sien hoe die elektriese sprankels uit die twee liefdesvoëltjies uitvlikker. Ek dog driejariges is heeltemal te jonk daarvoor? Hulle soen die hele verhaal deur. Ek meen is dit nodig om dit in te sit? Kinders druk dan in elk geval net hulle oë toe! En as hulle nie hulle oë self toedruk nie dan doen hulle mammies dit vir hulle ... ag shame. Dan is daar die prinsessies se figure, kom ons wees vir eens in ons lewens realisties hier, wie se middel is vier sentimeter in die omtrek? Dan hulle boobs, nee regtig waar, dis seker hoekom die prinse se oë dwaal na onder. Ek wou sê hulle lyk so bietjies skeel, ek kan nie glo ek kom nou eers agter nie!

Anyways, ek is Ariel. Já ek weet, soos in Little Mermaid. Let wel dit is nie Ariel soos in die wasgoedseep nie, net plein Ariel. Ek het nie rooi hare of skulpie bra's nie en ek is definitief nie daar om jou gemors skoon te maak nie! As jy my regtig iets wil noem kan jy seker maar sê Ariel van Footloose of so iets. Ek het lang blonde hare, moet my dan ook net nie Raponsie noem nie. Dan het ek turquoise oë, ek weet nie waste prinses het blou vêrkykers nie, maar moet nie eens daaraan dink nie. Ek kan dalk mooi sing, maar dit maak my nog steeds nie 'n meermin nie! Ek ry ook nie perd nie, so dit beteken ek gaan nie saam met my prins weg ry in Ever After in nie.

Wel, kom ek vertel julle my tragiese Never After ... storie as jy dit so wil noem. Net so by the way, dis hoe 'n goeie verhaal behoort te begin om die aandag te hou: Boe! Sup! Julle ken my naam en weet seker teen die tyd dat ek dink prinsessies en prinsies is onder die drein! Julle weet hoe ek min of meer lyk en wat ek doen. So ... wat dink jy van my nuwe Q-tex? Jokes! Jy kan dit nie sien nie, maar gebruik jou verbeelding, toe! Anyways ... um ... wat's daar nog? Oh ja! My ouers is twee jaar terug geskei, my ma is 'n vrou en my pa 'n man, moet nie jou verbeelding te groot gebruik nie! Ek is die enigste kind, sien ek het jou gesê ek is nie Little Mermaid nie, sy het nog elf susters! Moet nie vra hoe ek dit weet nie ... Ek is tans in graad elf in Hoërskool Mombrink. My beste vriendinne is nie Flounder of Sebastian nie, moet ook nie eens daaraan dink om hulle dit te noem nie, hulle sal jou so hard kneus dat jy nooit weer 'n Ever After sal hê nie. Dis ook as jy my vriende kan kry, want nie eens ek self weet waar dié is nie.

Okay, dit is vir eers genoeg oor my. Julle wonder seker hoekom ek oor prinsesse moan as ek iets beters met my kosbare tyd kon doen. Wel om eerlik te wees ek het nie nou veel van 'n keuse om iets meer van die saak te doen nie en glo my as ek kon sou ek. Ek sit op hierdie oomblik in die hoof se kantoor en wag dat my ma my moet kom oplaai. Dis nogal boring in hierdie kantoor en die nors hoof praat ook nou nie juis veel met my nie. Al wat hy vir my gesê het toe ek sy hok binnestap was: "Sit Juffroutjie! Ek wil nie 'n woord uit jou mond uit hoor totdat jou ma hier is nie."

"My ma? Het ek iets verkeerd gedoen, Meneer?" het ek hom deurmekaar gevra.

"Sit!" het hy streng vir my gesê met sy vinger kwaai na die stoel gepunt. Ek het gemaak soos hy vir my gesê het en hy het verder aan die dokumente voor hom begin werk. My vingers het senuweeagtig my lelike geel skoolrok begin peuter.

My ma storm uiteindelik by die deur in en ek spring op. My hande is nat gesweet en ek vee dit vinnig aan my rompie af. "Ma!" wat 'n verligting dat sy hier is.

"Sit Arielda!" my ma se oë skiet in my rigting, amper soos Cinderella se stiefma. Regtig Ariel! Jou ma noem jou Arielda en jy vergelyk haar met 'n sprokies heks! Ek gaan sit weer met 'n sug. Meneer van der Berg stut sy elmboë op sy hout lessenaar voor ons.

"Mevrou Bosch, jammer om u op hol te jaag in u werksure. U is hier om rede ons dwelms in u dogter se sluitkassie gevind het." My mond val oop. Kan jy dit nou glo! Ek spring woedend op en daar is vlamme in my oë.

"Wát! Ek het nog nooit in my hele lewe drugs gebruik nie!" kom die woorde uit voordat ek dit kon keer.

"Stil Arielda!"

"Ariel, hoekom gebruik jy hierdie eienaardige goed?"

"Meneer, ek sê Meneer nou, ek het nog nόόít in my hele lewe dwelms gebruik nie!"

"Moet nie jou stem vir jou meneer verhoog nie, juffroutjie!"

"Ariel, ons het dit in jóú sluitkassie gevind. As dit nie joune is nie, hoe het dit daar beland?"

"Is Meneer seker Meneer het dit in die regte sluitkassie gekry?"

"Arielda! Hoe kan jy jou hoof so bevraagteken?!"

Okay ... nou is ek beskuldig vir iets waaraan ek nog nie eens gedink het nie. Ek is vir twee weke geskors van die skool af en my ma wil my vir rehablitasie stuur. Sy is van haar kop af as sy dink ek sal daarheen gaan! Behalwe vir dit word ek in my kamer toegesluit en dit alles omdat ek kamstig drugs gebruik wat ek nie weet waar ek dit gekry het nie. Wat dink hulle van my?! Ek is nie 'n rooikop meermin wat onder die see weed snuif nie! Ek sug en val agteroor op my bed neer. Wat gaan ek die volgende twee weke in hierdie beknopte kamer maak? Ek staan op en loop na my boekrak toe. Daarop staan 'n boek wat met 'n lagie stof bedek is en ek vee dit met my baadjie se mou af. Daar sprei 'n glimlag oor my gesig en ek loop met die boek in my hand na my lessenaar toe. Ek maak die boek oop by 'n prentjie wat nog nie bekrabbel is nie en haal kleurkryte uit my boonste laai uit. Die elf-jarige inkleurboek het ek by my Ouma Fienie gekry toe ek my mangels uitgehaal het. Ek het hondsiek geraak van daardie flippen operasie! Ek ril as ek net weer daaraan dink ... My kamer is stil en met 'n sug staan ek van die lessenaar af op en koppel my shox's aan my foon. Gabrielle Aplin se stem vul my kamer. Ek gaan lê dan op die klein matjie voor my bed. Daarna gaan ek voort met my beertjie wat sy vingers in die heuning pot druk. " 'Cause they say home is where your heart is set in stone, is where you can be alone, is where you go to rest your bones ..." sing ek saam met my maag teen die vloer en my voete wat in die lig op die ritme van die musiek op en af beweeg.

Daar is 'n klop aan my deur. "Hy's oop!" skree ek sonder om my kleurkryt op te lig van die growwe papier. My ma steek haar kop by die deur in en toe sy my op die vloer gewaar skud sy haar kop en gaan sit op die punt van my bed. Sy sug en kyk my met haar ernstige oë aan. Oh vrek ... hier kom dit nou! Totsiens Ariel Bosch! Kyk net hoe verdrink hierdie meermin vandag nog! Magtig Ariel! Dis nie nou die regte tyd vir jou verbeelding nie!

"Ariel, jy verander so vinnig." My ma se stem is sag, ek kyk stadig van my beertjie af op en sukkel om haar gesig te lees. "Om te dink twee dae gelede was jy nog in die skool, jy het nie na hierdie tipe musiek geluister nie, jy het nie ingekleur nie, jou hoof het my nie ingeroep nie en jy het definitief nie in jou bra rondgeloop nie!" haar stem het effens gelig, maar is steeds sag. Ek kyk af na my swart sportsbra, dis nie asof ek kaal is nie ... ek het 'n broek aan wat nie tot onder my boude sit nie. Dis mos amper soos 'n tank top wat deesdae baie in die mode is en ek word in elk geval nie uit my kamer gelaat nie, so wat maak dit nou saak of ek kaal is of in my bra rondloop?

"Ma, asseblief glo my!" Ek gaan sit op my hurke reg voor haar met my arms wat op haar knieë rus. "Ek sal nooit in my lewe dwelms gebruik nie! Daar is niks fout met my musiek nie, dis rustig en ontspannend. Dis my kamer en ek gaan nêrens heen nie, want ek mag nie omdat ek beskuldig word vir goed wat ek nooit gedoen het nie. Ek sal in my bra rondloop as ek wil, tank tops is baie in deesdae. Um ... wat's daar nog? Oh ja, ek kleur in, want hier is niks anders om te doen in hierdie vervelige plek nie ..." miskien was ek so bietjies te hard, want my ma kyk nou af na die vloer verby my gesig.

"Ek het gaan dink," ek kreun, dit is nooit goed nie ... "Jy gaan definitief nie vir twee weke hier sit en wel ... inkleur nie. Jy gaan muf! Wel, ons het gedink jy kan by jou Ouma Fienie gaan kuier."

Ouma Fienie! Dit was soos in vir ewig vandat ek haar laas gesien het! Ek was seker sewe of iets, plus dis vêr, sy bly in Ermelo ... wel laaste toe ek haar gesien het het sy nog daar gebly. "Hoekom nou juis daar, Ma? Daar is soveel ander plekke waar ek kan bly, soos by Tannie Sonri of by Aunt Yasmin of ag ek weet nie ... die kinderhuis!" reageer ek op my ma se patetiese voorstelling.

"Dit is nie vir jou om te besluit nie, Arielda!"

"Ma, asseblief moet my nie dit noem nie!" Daar val 'n stilte deur die kamer, slegs Gabrielle se stem vloei tussen ons deur: 'With every small disaster, I'll let the water still, take me away to some place real ...' My ma sug hard.

"Ek glo jou, Ariel, maar ons het nie bewyse nie. Al vat ons mediese toetse, sal ons nie kan bewys dat jy dit nie verkoop het nie."

"Maar ek het dit nie verkoop nie! Ek weet nie hoe dit daar gekom het nie!"

"Shh, my skat! Ek weet en ek glo jou. Kry net die twee weke agter die rug en dan gaan ons soos normaal voort met ons lewens."

"Duidelik was Ma lank laas in die skool, almal gaan na my staar en agter hulle hande skinder van die meisie wie dwelms in haar sluitkassie probeer weggesteek het! Ek gaan nooit weer met repek behandel word nie en almal gaan agter my rug vir my lag."

"Ek verstaan dit en dit gaan so wees, maar dit sal weggaan. Dit gaan tyd vat, maar dit sal, ek belowe." Yeah right, dink ek by myself. Nevermind die skoolkinders, ek gaan tien teen een nie aansoek kan doen by 'n Universiteit nie of gaan nie eens vir 'n werksaanbod aanvaar word nie, want ek het nou 'n kriminele rekord agter my naam! Wag net tot ek regtig begin dwelms gebruik, as gevolg van die flippen skool wat my daarnatoe dryf!

"Maar kan ek asseblief nie iewers anders gaan as na Ouma Fienie toe nie? Asseblief ek vra ba-"

"Ouma kry reeds jou kamer reg en ons vertrek môre oggend om half-ses." Knip my ma my kort.

"Seker die aand? Sê my die aand?!" vra ek met hoop dat die antwoord 'n 'Ja' sal wees.

"Ermelo is vêr, my lief. Ek moet betyds terug wees vir my afspraak by die kantoor half vier." Sy begin om die deur toe te maak, maar maak hom weer op 'n skrefie oop. "Onthou om te pak, ek ry vir jou weg as jy laat is. En pak asseblief vir jou hemde in, jou ouma saag my af as jy met jou bra's daar rond loop." Sy probeer 'n grappie met my maak en ek rol net my oë toe die deur toe klik. Ag skroef haar! Ek gaan nou eers my beertjie klaar inkleur. Gabrielle se rustige musiek pas nie meer by my mood nie en ek skakel oor op Becky G se 'Can't stop dancing'. Ek is skoon omgekrap. Hoekom moet ek na my ouma toe gaan wie ek eeue laas gesien het?! Ek kon net sowel na 'n vreemdelinge toe gegaan het of ... die freaken kinderhuis!

"Ariel! Kom ons moet nou gaan! Roer jou!" as sy nog een keer op my gaan gil, gaan ek self haar mond gaan toe tape. Ek dink nog steeds hierdie is 'n slegte idee. Urg! Ek wens sy kan dit net verstaan!

"Ariel!"

"Ek kom, Ma!" ek gryp my tas en sleep dit met die trappe af.

"Tel op, Ariel! Jy verniel die trappe!" Ek laai my bagasie in die kattebak van my ma se nuwe swart BMW. Ek swaai my bene tot binne-in die lae motor en sit my oorfone oor my kop. Uit die hoek van my oë sien ek hoe my ma agter die stuur inskuif en die sluitel draai. Ek draai my rug op haar en sit One Direction in my ore harder. Stadig maar seker ry ons uit die besige stad en gou kom ons by die plattelandse gemeenskappies. Daar is net hier en daar 'n patetiese verskoning van 'n gebou. Dan ook minder karre, wat vervang is deur JohnDeere trekkers wat deur die lande werk. Honde hol rond en jaag al die skape saam en die beeste blom net die hele wêreld vol.

Waar op aarde gaan ek my naels doen? Gaan hierso krag wees om my hare droog te kan blaas of ligte vir as ek my grimering doen? Eew, ek hoop nie my bed gaan vol motte en spinnekoppe wees nie! Gou draai ons op 'n grondpad af, my arme ma se fancy karretjie! Ons draai by 'n draad hek in en verby ons vlieg 'n klein dammetjie wat omring is deur hoë bome. My ma parkeer die kar voor 'n ou wit huis. Ek haal my musiek uit my ore en my ma begin dadelik om met my praat.

"Probeer dit geniet, okay? Dis al wat jy moet doen, belowe my dit."

"Sure." Ek weet sy gaan my nou aan my strot gryp en my verwurg, so ek swaai my deur oop en wip uit. 'n Ou tannie kom uitgehol met haar mollige lyfie. Sonder om na haar gesig te kyk weet ek dat sy my ouma is. Asem in, asem uit ... haal asem Ariel, diep asem ...

"Aww, my kind! Kyk hoe groot het jy geword! Ek onthou jou nog soos 'n klein blonde dogtertjie met die wille bos hare. Ai kind." Sy druk my teen haar vas en gee my 'n nat soen reg op my lipgloss lippe. Ongeërg vee ek oor my mond. Gross! Moet al die ou vrouens hulle spoeg vir almal uitdeel?! Sies man! Sy groet my ma met 'n lang druk en wink 'n ou wat in die tuin werk nader.

"Qano, roep asseblief gou vir Shaun." Die tuinier swaai dadelik met 'n knik om en hol in die stalle se rigting.

"Kom in, julle." Ons volg my ouma by die huisie in en sy beduie dat ons by die eetkamertafel moet gaan sit. Ons maak soos aanbeveel en sy bied vir ons koffie aan. Sy begin ons vertel van hulle boerdery wat hulle aan die gang het en wat hulle beplan vir die toekoms van die plaas. "Die beeste word Woensdag by die veilling uitgeskou. Ons kry nog 'n goeie inkomste met ons beeste" sy word afgekap deur 'n kloppie aan die voordeur. Toe hy die vertrek binnekom skip my hart 'n paar ritmes vooruit.

Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans