2. Aladdin se Jasmine

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Shaun *


Toe ek deur die kombuis loop en om die koesyn van die eetkamer loer, gaan staan ek in my spore. Voor my sit Tannie Fienie, 'n ander vrou wat 'n bietjie jonger as sy is, sy besit baie van Tannie Fienie se gelaatstrekke, en dan langs dié 'n meisie. Sy is die sommer enige meisie nie, sy is ... wow!

"Shaun, hierdie is my dogter, Amanda en haar dogter Ariel." Ek haal my hoed van my kop af en skud die tannie se hand en kyk na die blondiene voor my. Sy het 'n nou-passende blou jean aan met 'n ligte pastelblou T-hemp wat netjies om haar borste span en deeglik haar skouers wys. Haar hare hang oor haar kaal skouers en sy is liggies gegrimeer om haar oë. Sy het silwer sandale aan wat perfek aan haar fyn voete pas. Haar blou oë skitter in die lig wat deur die kombuisvenster skyn, daar sprei 'n glimlag oor haar gesig toe my hand om hare vou.

"Haai." Groet sy met haar perfekte mond met elkeen van haar tande netjies op sy plek.

"Hey." Ek skrik vir my stem wat ewe skielik baie hees voorkom.

"Shaun, laai asseblief Ariel se bagasie af en neem dit na haar kamer. Dis die onderste kamer aan die regterkant. Dankie Shaunie."

Haar ma gaan sit langs haar en sit haar hand op haar skouers. "Ariel, gaan help die jong man met jou trek."

"Dis regtig nie nodig nie, Tannie. Dis net vir haar. Hoeveel bagasie kan een persoon tog nou hê?" Ariel se lag klink in die vertrek op en maak my knieë lam. Wie is hierdie meisiekind? Wat doen sy aan my? Wat is hierdie gevoel wat binne my aan die broei is?

"Hang af van waar af jy kom. Kom, ek gaan help jou." Ek hou die deur vir haar oop en ons stap in stilte na die grand kar onder die afdak. Ons reik altwee ons hande uit na die handvatsel van die kattebak en die oomblik toe ons hande kontak maak, skiet elektrisiteit deur my lyf, ek weet nie van haar nie, maar daar was definitief iets deur my binneste. Ons ruk gelyktydig ons hande van mekaar af weg.

"Um ... hierso ek sal dit kry."

"Dankie." Met ons oë steeds geanker op mekaar, maak ek die kattebak oop. Ek is die eerste een om die tas te neem en uit te lig. Toe ek dit uit die kar uit trek, ruk dit amper my arm af.

"Genade! Wat het jy alles hier binne?" ek kyk terug na wat nog die kar is en trek my asem in. "Sê my jou ma gaan iewers langs die pad oorslaap en hierdie is nie al jou goed nie?"

Sy lag verleë en skud haar kop. "Nee, hierdie is alles myne." Ek kan sien hoe haar wange 'n ligte pienk skakering kry. "Ek het jou gesê."

"Het jy? Ek het duidelik daardie een gemis."

"Wel, 'n mens kan sien jy is 'n cowboy!"

"Wat is dit veronderstel om te beteken?"

"Julle plaasjapies kan mos nie tussen die lyne lees nie."

"Is dit so? En wat was die lyne tog dan?"

"Ek het jou gesê dit hang af waarvandaan jy kom. In die stad gee jy om hoe jy lyk en wat ander van jou dink. Hierso, aan die ander kant, julle pak tien teen een 'n paar stel onderklere en een stel klere, 'n paar kouse en 'n tandeborsel."

"Dis nie al nie! Ons pak darem ook skoene, tenminste drie stelle klere, tandepaste, kam, skeermes en deodorant."

"Deodorant? Vir wie wil julle lekker ruik?" sy lag en wag vir my antwoord.

"Enige mens wil lekker ruik, maak nie saak waar jy woon of werk nie." Wat is dit met hierdie meisie? Sy speel met my kop. Amper soos 'n toordokter of 'n heks, ek weet nie!

"Ek het nie gesê julle stink nie, Shaun ... wat ookal jou van is." Sy vat twee van haar tasse en stap na die voordeur toe. Ek maak my keel hard skoon sodat sy my kan hoor en stop. Sy draai stadig om en kyk my streng aan. "Wat?!" vra sy hard met 'n irritasie in haar stem.

"Dis Oceans."

"Askies?"

"My van is Oceans ... Shaun Oceans. In elk geval, hierso is 'n deur hier aan die agterkant, dis nader vir al die bagasie." Sy swaai sonder 'n verdere woord om en begin weer stap. "Dis hierdie kant toe!" roep ek agter haar aan. Sy draai weer om en loop tot voor my.

"Loop jy maar vooruit, ek volg jou."

"Mmm, dit klink gevaarlik! Toe, kom nou." Ek neem die res van haar bagasie en loop na die agterdeur met 'n grinnik. Hierdie girl is iets anders ...

* Ariel *

Urg! Hierdie plek vrot! Wat ruik so? Ew, alles is vol sand en my hare kroes in alle rigtings. Hier is nie 'n behoorlike spieël nie en ek kry nie 'n sein nie. Ek gooi my foon op die bed neer en gaan staan voor die venster. Buite waai daar 'n ligte windjie en 'n paar perde snoei die gras rondom die werf. Hulle is regtig mooi diere, hulle maanhare val oor hulle rûe af en waai saam met die wind. Hulle is so rustig daar waar hulle staan en hulle ...

My gedagtes word geonderbreek deur 'n klop aan die deur. My ouma se kop verskyn by die deur in. "Arieltjie, wil jy my dalk kom help met die hoenders?" Waar is my Aladdin nou? wonder ek. Kan ek nie Jasmin wees wat nou saam met hom en sy apie op sy tower matjie kan weg vlieg nie? Soos in, no ways!

"Nee dankie, Ouma. Ek is reg net hierso." Ek dink sy kan sien dat ek jok, sy kom sit op die punt van my bed. Haar oë het doelgerig op my kom rus.

"My kind, ek weet jy wil nie hier wees nie en dat dit vir jou moeilik is om die verlede te laat gaan. Ons het nie 'n goeie verlede op ons hakke nie, maar ons kan daaraan werk. Van voor af begin op 'n nuwe bladsy en ek is bereid om dit te doen."

"Ek kort net tyd, Ouma."

"Dis reeds nege jaar terug, Ariel! Hoe lank tyd het jy nodig?" My ouma se gesig is besig om rooi te raak, maar ek gaan nie so vinnig ingee nie.

"Hoekom wil Ouma nou so ewe skielik weer in my lewe kom inkruip? Wel, newsflash! Dis te laat! Ek gee nie meer om nie! My lewe is alreeds 'n gemors net soos dit is. Ek het nie Ouma nog ook nodig nie!" ek spring op en slaan die deur agter my toe. Hoe gaan ek dit hier oorleef? Ek haat die reuk van die plaas, sy mense en hier is nie sein van 'n dag oud nie! Nie eens een strepie nie! Ek gaan nie op Facebook kan gaan nie of met die ander mense kan Whatsapp nie. Hoe lewe hierdie mense hier? Genade!

Ek loop deur die kombuis en by die deur uit. Ek het geen idee waar om te gaan nie, maar my voete loop met my weg in die stalle se rigting. Ek stap by die stalle in. Daar binne is rye perde wat nuuskierig na my staar. Dit stink hier binne en vlieë kom sit orals op my. Verwilderd swaai ek my arms deur die lig. Agge sies man! Hoe leef hierdie mense hier?

'n Wit perd blaas deur haar tande en haar oë trek my nader. Ek steek my hand uit na die perd en sy hap na my vinger. Gelukkig het ek twee maande gelede 'n self-defence kurses bygewoon. Ek trek 'n gesig vir die perd en stap na die volgende een. Hy is pik swart en masief. Sy oë beweeg op en af oor my en dit lyk amper asof hy vir my glimlag. "Hallo." Groet ek hom vriendelik. "Wow, kyk hoe pragtig is jy! Wat's jou naam? Ek's Ariel, ek het vir my ouma kom kuier ... wel ek het eintlik nie 'n keuse gehad nie. So, ja, dis my sad lewe." Ek vryf sy ore. My gedagtes orals om my rond. Ek dink oor my skool, die drugs in my locker, almal wat my ditch, my ouma-

"Hey, um ... kan ek jou help?" ek swaai om en loop reguit in 'n harde borskas vas.

"Flippet, Shaun! Ek wil nie hier doodgaan nie!"

Hy lag net met sy hande op sy maag. Toe hy my gesig sien hou hy op en kom weer regop, die lag kan ek steeds in sy oë sien dans. "Wat kyk jy?"

"Wat is so snaaks?"

"Jy moes jou gesig gesien het!" hy begin weer lag.

"Shut up!" gil ek op hom. Hy kry 'n frons tussen sy oë.

"Askies?"

"Weet jy hoe ongeskik is dit?"

"Ek kan dieselfde vir jou sê." Vir 'n oomblik gee ons mekaar 'die dood staar'. Hy vryf sy hand deur sy hare en sug. "Ek's jammer. Ek wou jou nie skrik gemaak het nie."

"Dis fine." Ek draai om, maar Shaun gryp my hand vas en dit veroorsaak dat ek skerp om skiet.

"Ariel, ek is regtig jammer."

"Ek het gesê dis fine, Shaun!"

"Kom ry saam perd."

"Wat?! Néé! Um ... ek ... ek kan nie ry nie ..." my stem sterf weg in die skemer lig buite. Shaun se lag skiet weer deur my are en ek kyk na my voete onder my.

"Jy is seker nie ernstig nie! Wil jy vir my sê jy was nog nooit op so 'n baby se rug nie?" hy vryf die perd op sy voorkop en dié laat spoeg deur die lug vlieg.

"Ja, daar is nie perde in die stad nie. Wat is hierdie, 1558? Ons ry nie met perde mall toe nie!"

"Ek ken baie mense in Pretoria wat perdry."

"Wel, ek is nie een van daardie mense nie, okay?"

"Laat ek jou dan leer."

"Wat? Om perd te ry? Jy is seker van jou kop af!"

"Nope, ek's dood ernstig. Môre ses uur in die arena." Met daardie woorde verdwyn hy by die stal uit. Geskok staan ek en staar na die reuse gedierte voor my. "O ja, dra 'n langbroek en sonskerm." Hy loop weer verby my en gaan by die agterste skuifdeur uit. Okay ... Dis net weird. Wat gaan ek nou doen? Ek kan nie ry nie! Weet jy hoe hoog is 'n perd? Ja! Ek weet, ek het hoogte vrees! Ek weet dis simple, maar ek kan nie hoër as 'n twee-verdieping gaan nie ... dit is absoluut my limit. Met 'n sug hop ek op die muurtjie van 'n leë hokkie. Ek gaan my gat sien met hierdie hele les. Dalk moet ek vir Shaun sê dat ek dit nie wil doen nie. Hy moet verstaan hy kan my nie met hierdie ding dwing nie. Urg!

* Shaun *

Ek kan nie haar gesig uit my kop uit kry nie. Dit het gelyk asof sy gaan omkap of aan die ander kant asof sy my aan my strot sou gryp en vermoor. Shame, stadsjapies weet niks van die lewe buite die winkelsentrums nie. Ek meen, wat is dit met hulle? Om nog nooit op 'n perd se rug te gewees het nie, is net hartseer. Hulle ... sý weet nie wat sy uitmis nie!

"Hey ou! Kom terug planeet aarde toe!" Micheal staan met sy hande in sy sakke voor my. Die wind waai sy hare in alle rigtings en sweet loop oor sy voorkop.

"Jammer ... um het jy iets gesê?" hy lag vir my en skud sy swart krulle om sy kop rond.

"Dude, waaroor dagdroom jy so?"

"Ek hoor Antie Fien se kleindogter het vandag gekom, is dit sy?" Marno lig sy een wenkbrou vir my.

"Ek gaan haar môre leer perdry." Dit is vir 'n paar sekondes doodstil en toe bars die twee uit van die lag.

"Wat?!" kry hulle uit tussen deur die lag. "Sy is hardkoppig en weet nie wat om te doen nie. Ek kan sien Tannie Fienie en die liewe klein Ariel het nie die kliek funksie nie. Daarom moet ek eenvoudig iets doen om die girl se aandag af te trek. As sy nie binnekort iets kry om te doen nie gaan sy haar polse begin sny of iets."

"Ons kan dit verstaan, maar hoe kan sy nie weet hoe om perd te ry nie?" hulle stut hulle hande op hulle mae en rol amper op die grond rond van die lag.

"Whatever. Kom ons het werk om-"

"Hey!" ek swaai om en die ouens raak stil agter my.

"Sup!" Micheal is die eerste een wat uitroep. Met die verbyskuur fluister hy: "Is dit sy?"

Ek mompel 'n ja en volg hulle na die heining waar agter Ariel staan.

"Wat maak julle?" vra sy nuuskierig.

"Ons evalueer die skape vir Woensdag se veiling. Dit is Micheal en Marno, en dis Ariel." Stel ek hulle vinnig aan mekaar voor, voordat die ouens enige onvanpasde opmerkings kan maak.

"Aangenaam." Sy skud hulle hande. "Ek dog julle doen beeste vir die veiling?"

"Ons doen ... en skape, varke en perde, asook hoenders."

"Oh. Wat evalueer julle?" Regtig? Wat vra sy nou eintlik?

Toe ek sien niemand gaan antwoord nie waag ek dit. "Ons evalueer die ... skape ... soos Marno gesê het."

Sy dink dit na en laat 'n lang sug. "Ja ... urg ek weet nie wat ek probeer sê nie ... ek meen, hoe evalueer julle die ... skape? Soos waarna moet julle kyk? Urg ... ek weet nie! Wat moet julle doen?"

Ek kan dit nie help om te glimlag nie. Dis so cute as sy haarself deurmekaar praat. "Ons toets hulle gesondheid, kyk na hulle tande, wol en merk hulle."

"Merk hulle? Soos in julle brand hulle met warm yster?"

"Wat?! Nee." antwoord ek vinnig, op dieselfde tyd sien ek hoe die seuns my met snaakse uitdrukkings in hulle gesigte na my kyk. "Ons verf hulle met swart. As mense belang stel, sal hulle rooi of blou aan die ander kant druk."

"Oh, okay. Jammer ek het julle uit julle werk gehou, julle kan maar ... voort gaan."

"Wil jy dalk help?" my oë flits in Marno se rigting. Wat dink hy doen hy? Sy gaan niks kan doen nie, sy is 'n stadsjapie. Ek dink sy kan in my oë sien hoe ek haar onderskat en sy knik haar kop selfversekerd vir die ander ouens. Haar oë vermy myne.

"Sure, wat doen ek?" met skinny jean en al, wip sy oor die reling en skud haar hande teen mekaar af.

"Oh my woord! Jy is seker nie ernstig nie?!" Glip dit uit voordat ek kon keer.

"Hoekom nie? Dink jy dat ek dit nie kan handle nie?"

"Nee, nee ... nee jy kan dit nie handle nie."

"Oh, is dit so? Ons sal sien? Nou toe, cowboys! Werk gaan nie self klaar kom nie, wat doen ek?" Micheal sleep haar aan die arm na die verf blik toe. "Regtig?! Gee jy nou vir my die maklike werk?" hoor ek haar uitroep.

Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans