12. Scary vrou van 101 Dalmations

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Shaun *

"Sannie! Jy's hier!" My klein sussie kom na my toe aangehardloop en spring in my oop arms in.

"Hello, Sam."

"Ek's nie meer Samantha nie, Shaun!"

"O, is dit so? Wie is jy dan?"

"Aangename kennis, ek is Alice."

"Alice nogal? Waar kom jy daaraan?"

"Onthou jy dan nie? Ariel het my naam vir my gegee nou die dag, toe die seerowers ons gejaag het. Dit was daardie dag toe sy in jou arms gespring het en-"

"Okay, dankie. Ek onthou. Dit pas by jou ... die naam natuurlik."

"Kom in, Mamma sê die kos is amper reg. Sy het pampoen en hoender gemaak. Dit ruik baie lekker en sy ..." ek hoor niks verder wat sy sê nie. My gedagtes vlieg terug na daardie dag. Ariel se blonde hare wat in die wind waai. Haar potblou oë wat in die son skitter. Haar lag wat deur my ore kletter, die soet reuk van haar hare ... ek mis haar ...

"Hello, Shaunie."

"Middag, Ma."

"Hoe gaan dit met my kindjie?"

"Goed dankie en hier?" Ek soen my ma op haar wang.

"Dit gaan aan. Studeer jy tenminste 'n bietjie?"

"Ja, Ma."

"Jy moet nie heeldag staan en boer nie."

"My kop is in elk geval te besig om te kan boer."

"Soos wat Sam praat, klink dit nie vir my net na studies nie. Sy sê daar is 'n meisie. Wanneer was jy van plan om dit met ons te deel, Shauntjie?"

"Seker wanneer daar iets aan die gang is."

"So, daar is niks aan die gang nie?"

"Sy is in Pretoria, Ma. Ons het besluit om vir eers vriende te bly, dalk eendag miskien meer."

"Afstand maak nie saak as daar liefde is nie."

"Dit het ek goed agtergekom. As ek nie skool gehad het nie, het ek haar lankal gaan haal. Maar sy is nou in 'n moeilike situasie en ek gaan haar eers die spasie gun. Die dag wat ek klaar is met skool gaan ek haar gaan haal."

"Wie is sy? Vertel ons van haar."

"Haar naam is Ariel, Tannie Fienie se kleindogter. Sy is nou graad elf in Pretoria."

"Is dit al? Hoe lyk sy, wat is haar stokperdjes, haar toekoms plan?"

"Sy is blond, met potblou kykers. Sy is net perfek. Haar lag klink soos Beethoven se orkeste. Sy is ook baie goed met kinders. Ek het haar geleer hoe om perd te ry, sy is 'n natural. Sy ry beter as wat ek nog ooit gery het. Sy is ook net so goed met al die ander diere en sy leer vinnig. Sy sien altyd kans vir 'n nuwe uitdaging. Sy gaan Arbeidterapie gaan studeer, maar wil spesialiseer in perdeterapie, waar sy gestremdes wat getraumatiseerd is vat en hulle rehabliteer deur perde."

"Wow, daar's vir jou 'n ongelooflike meisiekind."

"Ongelooflik beskryf haar nie eens naastenby genoeg nie."

* Ariel *

Vrydag middag na skool wag ek vir my pa voor die skool se hoofhek. Hy is al meer as 'n halfuur laat en ek sal nie verbaas wees as hy van my vergeet het nie. Ek probeer hom bel, maar hy gaan dadelik oor na voicemail. Ek is sommer lus en bel my ma en sê dat sy my moet kom haal. Ek is in elk geval nie lus vir die naweek nie, ek het baie beter dinge om te doen. Ek kan my skoolwerk rustig inhaal en aan 'n plan dink om my uit my donker gat uit te haal.

Vyf minute later draai sy rooi Honda van die pad af. Ek stap nader en gooi die kattebak dadelik oop. My hart sink toe my pa uitklim en my teen hom vasdruk. Ek kan kinders agter my hoor lag en toe ek opkyk is ek net betyds om Emily se flash te sien afgaan. Nie nog dit ook nie! Sy het soveel kontakte en die foto kan binne drie minute deur die hele skool gesien word. Ek is in elk geval op almal se skinder agenda, so dit gaan nie baie meer kan saak of seer maak nie. Sonder om met my pa te praat of om die res van my bagasie in te laai, klim ek in die kar in. Toe my pa ook in is, draai hy eers na my toe.

"Ek het jou so baie gemis, my kind."

"Kan ons net ry, asseblief?" Dit was nie 'n vraag nie, let wel. Hy knik sy kop en skakel die patetiese kar weer aan. Ons ry in stilte, maar na vyftien minute kan hy hom seker nie meer inhou nie.

"So, hoe gaan dit?"

"Eerlik waar?" Hy knik na my en draai weer terug na die pad voor hom. "Okay dan. Dit gaan aaklig, dankie vir die ewe skielike omgee."

"Hoe so, my lief?"

"Eerstens was ek geskors vir niks nie, tweedens moes ek na die stupid plaas toe gaan, derders moes ek my ouma face, vierdens het ek verlief geraak op die plek en 'n boer, vyfdens moet ek saamleef met my slegte naam vir die res van my lewe en sesdens moet ek die naweek beleef."

"Ariel! Ek is nie nou lus vir jou nonsens nie! Ek verstaan dat jy deur baie is, maar ek het niks anders gedoen as om jou altyd by te staan nie."

"Omkoop is dalk die regte woord, maar bystaan nie eens naastenby nie!"

"Hiervoor het ek nie nou krag nie! Jy sál my nie hierdie naweek verneder en teleurstel nie!"

"O, soos Pa my nie teleurgestel het nie?"

Hy antwoord my nie en ignoreer my vir die res van die rit wat soos 'n ewigheid voel. Ons parkeer voor 'n huis met geel mure en 'n groen dak. Dit mag dalk die lelikste huis wees wat ek nog ooit in my hele lewe gesien het. "Bly Pa-hulle al saam?"

"Al drie maande." Drié! En dis die eerste wat ek daarvan hoor, hoe lekker ... "Kom binne." Aaa en daarso is die engeltjie nou weer met sy goeie engeltjiebeeld vir sy toekomstige vrou. As sy net weet wat ek weet, hol sy weg! In die voordeur gaan staan ek in my spore. Die huis mag dalk vieslik wees van buite af, maar binne is dit mooier as Cinderella se kasteel! "Maak toe jou mond, Ariel. Die tyd van die jaar is daar baie vlieë." Voor my hand is daar 'n lang kristal kandelaar van die dak af. Die voorportaal is die grootte van my en my ma se hele huis. Teen die agterste muur gaan daar draaitrappe op aan beide kante, daar mag dalk vyftig trappe wees aan beide kante. Daar is ook twee gange aan die onderkant weerskante van die trappe. Alles is silwer skoon en spierwit, ek is amper te bang om in te gaan. "Gaan in, Ariel. Ek het nie heeldag tyd nie." Ek stap in en op daardie oomblik verander alles in my, wel dit voel so, want ek voel waardig. Is dit hoe Disney prinsesse voel? Nou weet ek ook. Ek lag vir my mal gedagtes, daar is nie so iets nie, dis net 'n huis ... 'n baie mooi, groot, wit ka- ... huis ...

"Sit maar jou bagasie neer, Okkie sal dit na jou kamer neem." Okkie? Mmm, in hierdie huis sal jy vet word, alles word vir jou gedoen. "Die kant toe. Kruella en die kinders wag seker al vir ons." En ek wonder wie se skuld is dit. Ek vra ook nie uit oor die kinders nie. Ons stap die reuse pienk sitkamer binne en voor my sit 'n vrou met pikswart hare met rooi strepies. Haar naels pas ook by haar hare. Sy spring dadelik op en gooi haar arms om my. Sy ryk na 'n mengsel van baie sterk perfuum en rook, dis nie 'n aangename reuk nie.

"O, genade! Is sy nie alte pragtig nie, liefling. Aaa, dit is my plesier om jou uiteindelik te ontmoet, Ariel. Jou pa praat altyd van sy ou engeltjie. Ek's Kruella, sien ek en jy het iets in gemeen, ons albei se name is uit Disney. Dis nogal fantalla, dink jy nie?" Die tannie se rooi lippe, maak haar net ekstra creapier as wat sy al klaar is."

"Hello, Tannie."

"Nee, kind. Kruella, dis al waarop ek reageer. Van jou altans." Ek knik net en dis toe ek vir die eerste keer twee ander mense agter die grillerige vroumens gewaar. 'n Ou met vuil blonde hare en groen oë staan van die bank af op en steek sy hand na my toe uit.

"Haai, ek's Tiaan." Ek skud sy hand terug. Hy het 'n stewige greep om my klein handjie. "Hierdie is my suster, Robyn." Die meisie bly op die bank sit en gluur my net aan. Sy raak baie vinnig verveeld met my en bestudeer haar naels, asof dit baie meer interessanter as ek is.

"Robyn, gaan wys jy vir Ariel haar kamer."

"Néé! Hoekom moet ek dit doen?! Jy is nog nie my pa nie en dié ding is ook nie my suster nie, maak nie saak of jy met my ma gaan trou of nie."

"Jy sal nie so met hom praat nie, juffroutjie! Ons het al hieroor gepraat!"

"Whatever." Sy staan op en toe sy verby my wil loop stamp sy haar skouer hard teen myne en verdwyn by die sitkamer uit.

"Ek sal haar gaan wys. Ariel." Hy wag totdat ek eerste by die deur uitstap. "Jy moet haar maar verskoon, sy is maar 'n ... ja."

"Is julle close?"

"Ek is bly jy is hier. Ek en Robyn verskil ses jaar en ek wou nog altyd 'n klein sussie gehad het. Om jou vraag te beantwoord sal ek vir jou sê dat my wens nog nie waar geword het nie. Robyn is baie op haar eie pas. Sy gee nie om wat een van ons doen nie."

"Jy kan bly wees jy het gelukkig iemand, ek's heeltemal alleen."

"Partykeer dink ek dit is baie beter."

"Nie altyd nie."

"Seker, maar ons het nou vir mekaar so ons probleme is opgelos. My droom het uiteindelik waar geword."

"Hoekom maak dit so baie saak vir jou om 'n sussie te hê."

" 'n Jonger suster, om presies te wees. Wel, ek wil iemand beskerm. Ek wil 'n voorbeeld stel vir my suster oor hoe haar man eendag moet wees. Sy moet iemand soek soos wat ek is."

"En as ek al klaar iemand het?"

"Het jy?"

"Miskien ..."

"Dan gaan ek hom eers moet goedkeur."

"Jy ken my skaars."

"Maak nie saak nie, ons is nou familie."

"Tegnies gesproke, nog nie."

"Ja, slimkop. Hier's ons nou. Dit is jou kamer. Jou pa sê jy gaan van nou af baie hier kom kuier, so jy moet maar gewoond raak aan hierdie. Op jou bed is muurpapier, so jy moet vir jou kies waarvan jy hou. Dit mag meer as een kleur of patroon wees, so gaan wild. Daar behoort ekstra handdoekke onderin die badkamerkas te wees. Hangers is in die kas, oh ja en jy moet vir jou permanente beddegoed en gordyne kry, daar is op die oomblik tydelikes op. Mmmm... wat's daar nog? Ag ek kan nie nou onthou nie, maar my kamer is hier regs van joune as jy iets wil weet. Pak uit en maak jouself tuis. In die kombuis behoort daar ook alles te wees wat jy benodig. As jy lus het om te swem, is jy welkom. Okay, ek gaan nou ophou praat. Enjoy!" Hy draai om en verdwyn in die kamer langs myne in.

Ek maak my kamerdeur versigtig oop. Wow ... dit ... is ... wow ... ek loop op 'n klein platvormpie uit en trap so drie trappies af. Daar is 'n king size bed aan die regterkantste muur en 'n reuse spieëlkas teen die ander muur. Daar gaan 'n deur na 'n spa badkamer, met 'n reuse stort en bad, nog 'n reuse spieël, 'n luukse toilet en 'n kas vol modeprodukte. Ek moet hierdie met iemand soos in nóú deel! Sonder om te dink tik ek Shaun se nommer in en die selfoon begin dadelik lui.

"Haai, Ri!"

"Hey."

"En is dit regtig so erg daar by jou pa?"

"Dis ackward nog tussen my en my pa. My stiefma is ... uniek. My stiefsuster is 'n bitch en stiefbroer 'n darling."

"Sien, dit sal okay wees."

"Jy moet hierdie plek sien, Shaun! Dis 'n Cinderella kasteel!"

"Wag so bietjie ..."

"Wat?"

"Het jy nou net Cinderella gesê?"

"Ja, ek het, maar ek gaan nou aanhou praat voordat jy enige snippy kommentaar kan lewer." Shaun lag. "My kamer is twee keer groter as my en my ma se hele huis! En my badkamer is 'n vyfster spa besigheid!"

"Dis baie lekker, nou moet ek kom kuier."

"Ek dink dis 'n goeie plan. My broer, Tiaan het gesê hy moet jou goedkeur."

"Hy ken jou skaars en waarvoor moet hy my tog goedkeur?"

"Um, wel. Vir eendag jy weet ... hy is baie sweet, wel, die bietjie wat ek van hom ken. En my stiefma se naam is Kruella en die ergste is dat sy net soos die een van die Dalmations lyk! Sy is nogal scary!"


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans