11. Up up and away

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Urg! Die huis suck! Hier gaan niks aan nie en my ma karring die hele tyd aan my! Dis 'n saak van: "Onthou van jou arm." Of "Kan ek vir jou iets bring?" Urg! Ek wens sy wil my net uitlos!

"Ariel!" sien, wat het ek jou gesê?!

"Wat?!"

"Hier is telefoon vir jou!" ek hol by die trappe af en vat die foon uit my ma se hande. "Versigtig met die arm, Ariel!"

"Hello?"

"Middag, Arieltjie." Fantasties, dis my pa.

"Haai, Pa. Hoe gaan dinge daar?" Nie dat ek regtig omgee nie.

"Uitstekend, dankie dat jy gevra het." Is dit net ek of klink hy anderste vandag?

"Is alles okay daar, Pa?"

"Ariel, ek's verloof."

"Ee ... wat?"

"Ek is verloof?"

"O, nee. Ek het gehoor wat Pa gesê het, ek meen net ... wát?!"

"Is dit nie wonderlik nie?" Nee, nee dit is nie. Hy en my ma is geskei toe ek agt was. Dit was so onverwags en hulle het gesê daar was nie meer 'n spark tussen hulle nie. Dit was 'n hele spul gemors, maar nou ja, dis nie asof ek 'n sê daarin gehad het nie.

"Um, ja seker." Dis al kommentaar wat ek gaan lewer na daardie bomskok.

"Ek het gewonder of jy nie volgende naweek wil oorkom nie. Dan kan jy haar ontmoet, ek is seker daarvan dat jy mal gaan wees oor haar." Ek dink nie so nie, dankie.

"Pa, ek gaan baie werk hê om in te haal wat ek die afgelope twee weke gemis het."

"Ek weet, maar ons sal jou kans gee om dit te doen. Asseblief my bokkiebal, dit sal baie vir my beteken.

"Okay, Pa. Sms die reëlings. Ek moet gaan, baai!" Ek sit die telefoon vinnig terug op sy mik en my ma lig haar wenkbrou op. "Wat?" vra ek versigtig.

"Waarheen is jy so haastig op pad?"

"Nêrens heen nie. Ek wou net nie meer langer met hom praat nie."

"Wat sê hy?"

"Ek moet volgende naweek oorgaan, want hy wil my aan sy verloofde voorstel."

"Sy wát?!"

"Ja, ma het reg gehoor."

* Shaun *

"Hey, ou. Wat hoor jy van daardie meisie van jou?"

"Marno, sy is nie my meisie nie en ek het nou net gedink ek moet haar gaan bel, dankie."

"Ga! Nie jou meisie nie! Ag asseblief tog, dan is my naam seker Justin Bieber."

"Whatever. Ons is net vriende ... vir nou."

"Daarsy! Dis al wat ek wou geweet het. Bel sommer nou, sit op loudspeaker." Ek tik Ariel se nommer in my foon in en sit dit op die stomp, wat nou deur ons drie omring is, neer.

"Ariel hello?"

"Hello!" roep die seuns gelyk, maar ek bly stil.

"Haai, julle. Hoe gaan dit daar anderkant?"

"Stil sonder jou." Antwoord Micheal en sy lag.

"Ja nee, hierso is dit ook stil en dit ruik ook veels te lekker hier." Dis ons beurt om nou te lag. "Hey, Shaun jy is ook daar!"

"Hey. Jy's op loudspeaker."

"Ek het so agter gekom, ja."

"Okay, ons gee julle privaatheid. Lekker om van jou te hoor, Ariel. Kom Marno." Toe hulle buite hoorafstand is waag ek dit weer om te praat.

"En hoe gaan dit daar anderkant?"

"My pa gaan trou."

"Wow, dis fantasties."

"Ek's bly jy dink so."

"Jy klink nie juis baie opgewonde nie."

"Ek is nie. My pa het met elke tweede vrou gevry en ek ken nie eers die vrou nie. Ek weet nie hoe sy lyk nie of sy kinders het nie, niks nie. Nou moet ek volgende naweek soontoe gaan en die hele naweek spandeer met hulle. Oor die algeheel hou ek nie eenrs daarvan om by my pa te gaan kuier nie, so ja."

"Genade."

"Wel, ja ... en daar?"

"Nie veel nie. Jy weet, dis maar werk en so aan. Niks interessants nie."

Ons praat nog amper 'n hele uur lank voordat Micheal my kom haal om met een van die skape te help wat in 'n draad getrap het. Ek wou nie neersit nie, maar het nie veel van 'n keuse gehad nie. Sy is skaars vier-en-twintig uur weg en ek mis haar al klaar baie erg. Asof dit nie erg genoeg was nie, moes ek vir Sammie ook vanoggend af gaan laai het. Ek moes vir die twee meisies van my lewe baai gesê het. Dis nie baie maklik nie, maar dis nie nou asof dit juis veel anders kon nie. Life must go on. Dis een van daardie oomblikke waar ek duisende ballonne aan my huis wil vasmaak, soos in Up en net wil wegvlieg Pretoria toe.

* Ariel *

My hart klop in my bors toe ek deur die hek stap. Almal se oë is op my en hulle monde beweeg agter hulle hande. Dis net soos ek gedink het dit sal wees ... net tien keer erger. Ek kyk net af en loop reguit in die rigting van my sluitkassie. Al bewend soek en na my sleutel in my boeksak. Toe ek opkyk, sien ek dat daar 'n klein koevertjie aan die kassie vasgeplak is. Ek is amper te bang om na dit te kyk. Ek skeer dit oop en binne-in is daar 'n handgesprewe papiertjie, waarop staan:

Soek jy nog 'n bietjie??*

Ek kyk rondom my, maar dis moeilik om die skuldige een te kry, want almal se blikke rus op my skouers. Ek ignoreer almal en pak my boeke vir die dag in en loop reguit badkamer toe. Ek sluit myself binne een van die hokkies toe. Ek gaan sit op die toilet en haal my selfoon uit.

Hi, ds eke. By skool, almal staar na my. Ds ni leka ni, mis jule. Axox

Daar kom amper dadelik 'n boodskap terug van Shaun af:

Dt sal oorwaai, j sal sien. Maak net asof niks gebeur het ni. Als sal fine wees. Sxoxoxoxoxo

Ek glimlag en haal diep asem. Ek hoor die interkom buite aangaan en die hoof roep my na sy kantoor toe. Ek stap die kantoor binne en klop aan Meneer van der Berg se kantoordeur.

"Binne." Ek skuif die deur oop.

"Meneer soek my?"

"A, Ariel. Sit gerus." Ek gaan sit en Meneer maak een van die lêers voor hom oop. "Ek hoop jy het jou kop die afgelope twee weke agter mekaar gekry. Ek kan nie duld dat daar weer so 'n vernedering vir hierdie skool is nie."

"Meneer, ek het nie nodig gehad om my kop skoon te kry nie, want ek is onskuldig. So, ja dankie. My vakansie was baie lekker."

"Ariel, dit was alles behalwe 'n vakansie. Ons ondersoek bewys alles terug na jou toe. Daar is geen bewyse dat dit nie jy was nie, Ariel. As jy dit kan bewys, sal ons daarna kyk en nog ondersoek instel, maar tot op hede gaan niks verander nie. Verstaan ons mekaar?"

"Ja, Meneer." Ek staan op en loop na die deur.

"O en Ariel. Ek hoop jy kry bewyse, want jy is een van ons puik studente." Ek draai net daar om en verdwyn by die kantoor uit. Whatever, eers moet ek my kop reg kry en dan is ek 'n puik student. Hierdie ou is die een wat sy kop moet reg kry. Ek is nie 'n pop waarmee hy kan speel nie. Die klok lui en ek stap na my eerste klas. Dis tyd om my lewe in die oë te kyk.

* Shaun *

Vandag is my eerste dag terug by die skool vir die laaste kwartaal van my lewe, in die skool. Dis scary verby. Ek staan vroeg op en gaan eerste plaas toe om my gedeelte werk te doen. In skooltye gaan ek voor skool net om die perde te voer en dan laat middag werk ek vir twee ure waar ek kan. Tannie Fienie laat dit nie toe dat ek meer as vier ure per dag werk nie, want ek moet 'leer'. Ek sal eerder boer as wat ek my eindeksamen deurmaak, maar nou ja. Dis nie 'n opsie nie. Oh wel, duty calls.

Soos my bakkie voor die stalle parkeer, begin druppels op my ruit val. Ek hol tot onder die dak en vee deur my nat hare. Fudge is die eerste een wat my oog vang en ek stap nader. Fudge draai haar kop van my af weg en druk haar agterkant in my gesig.

"Hey, Fudgy. Kommaan, kyk ek het vir jou kos gebring." Sy blaas net haar asem uit en skud haar kop, asof sy regtig kan verstaan wat ek sê. Ek klim op die muurtjie van haar stal en klap haar boud liggies. "Jy mis haar ook, ne?" sy draai om en druk haar kop teen my been. Ek vryf oor die brug van haar neus en oor haar ore. Sy blaas weer en ek sug saam met haar. "Ek weet, ek doen ook."

"Dit help nie jy sit hier en praat met die perd nie."

"Môre, Tannie. Jammer ... ek ... e, ja."

"Ja. Het so gedink."

"Wat gaan ek doen Tannie?"

"Dit gaan definitief nie help as jy hier sit en met haar perd praat nie."

"Ek weet dit."

"Shaun, ek wil vir jou sê om jou hart te volg, maar kom net asseblief eers jou laaste jaar goed deur. Daarna kan jy maak net wat jy wil. Regtig, ek sal nie omgee as my as jy eendag my kleinseun is nie."

Ek bars uit van die lag. "Dis heeltemal te vinnig, Tannie. Definitief eendag, sonder enige twyfeling."

"Goed dan. Jy beter roer, jy wil nie laat wees vir die eerste dag nie, wil jy? As jy gou genoeg maak, wag daar vir jou ontbyt op die tafel." Ek spring blitsig af.

"Nou toe, dan beter ek aan die gang kom. Ek kan nie een van Tannie se ontbyte misloop nie."

* Ariel *

"Ariel, jy het die eerste vier dae oorleef, hoekom nie nog nie?"

"Ma, dit word by die dag erger. Die mense draai al hoe meer om my en ek weet nie hoe ek kan bewys dat dit nie ek was nie!"

"My lief, jy moet dit laat gaan. Jy gaan dit nie reg kry nie, al probeer jy hoe hard."

"Dankie, Ma. Ma het verskriklik baie vertoue in my."

"Jy weet dis nie waar nie! Daar is net sekere dinge in die lewe waarvan 'n mens moet aanbeweeg."

"En Ma dink ek weet dit nie? Hierdie gaan in my portefeulje opgeskrywe kom. My toelating vir Universiteit gaan daarop gebasseer word en my werksgeleenthede ook. Wie gaan 'n werknemer in hulle besigheid wil hê met 'n kriminele rekord! Verstaan Ma dit nie?!"

"Jy is nie 'n krimineel nie, Ariel!"

"Presies! Dis hoekom ek bewyse moet kry! Asseblief, Ma. Ek moet net hierdie uitsorteer!"

"Ag my liefie. Kom hier." My ma trek my teen haar bors vas en ek kan dit nie help om te begin snik nie. Ek weet nie wat ek gaan doen nie, maar ek moet net iets doen. "Um, Ariel. Ek dink jou foon vibreer." En sy is reg ...

"Verskoon my." Ek hol na my kamer toe en maak die deur vinnig agter my toe. "Hello." My stem kraak in my selfoon.

"Ariel? Wat gaan aan? Is jy okay?"

"Haai Shaun."

"Alles okay daarso?" Ek vertel hom van die hele speurder storie. "Sjoe, genade! Whow, dis erg. Het jy al 'n idee wat jy gaan doen?"

"Nee, Shaun. Ag, ek weet nie wat ek gaan doen nie! Dis alles net 'n groot gemors. Kom haal my asseblief." Ek kan nie glo ek het dit sopas gesê nie. Oh my woord! "Jammer ... ek ... ja."

Shaun se karamel lag kom deur die lyn. "As jy nie jammer gesê het nie, sou ek nie my kar sleutels neergesit het nie."


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans