14. Go Wreck it Ralph

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng


* Ariel *

Dis Maandag oggend en ek maak vinniger as al die ander oggende klaar. Ek moet my ma vandag vra oor die naweek. Ek kry haar onder in die kombuis waar sy besig is om al haar goed te gryp.

"Dankie tog jy het vandag vinniger klaar gemaak. Kom ek het 'n vergadering vanoggend met die hoof baas." Die baas? My ma kry gewoonlik nie met hom te doennie, sy werk deur die bemarkingsbestuurder. O, wel. Dis seker net 'n checkup of iets.

Ek kry nie vinnig genoeg my moed bymekaar om haar te vra nie. Na tien minute se ry en in die verkeer vassit, skraap ek my laaste bietjie hoop bymekaar. "Ma, daar is iets wat ek Ma moet-"

"Ek het bedank." My ma vang my so onkant, dat ek onmiddelik skoon van my vraag vergeet.

"Ma het wat?"

"Ek het bedank toe jy op die plaas was."

"Hóékom? Ma was dan so gelukkig waar Ma was. Hoekom nou so skielik alles opgee?"

"Ek was ja, maar ek het 'n aanbod gekry wat my dubbeld my salaris gaan betaal. Die maatskappy is baie groot en suksesvol en om vir hulle bemarking te kan doen is 'n baie groot voorreg. Die maatskappy se naam is Verizon. Het jy al van hulle gehoor? Een van die beste maatskappye ter wêreld."

"Wow, dis ... dis dan mos in New York is dit nie? Ek het nie geweet hier is een hier naby nie."

Ek sien hoe my ma ongemaklik rond skuif agter die stuurwiel. "Daar is nie." Haar stem is so sag, skaars hoorbaar.

"Jammer, ek verstaan nie nou nie."

"Ek gaan in New York werk." Ek het op eens nie woorde nie. Ek is nou so deurmekaar ...

"So, laat ek net hiedie regverstaan. Ma het 'n aanbod in New York gekry by 'n top maatskappy om hulle bemarking te gaan doen. Ma het klaar bedank, so dit beteken ons gaan Amerika toe moet trek. Wat?! Néé! Ek wil nie uit hierdie land uit gaan nie! My alles is hier! Skool ... okay dit suck, maar Amerika se standaarde is baie hoër as hier, wat beteken ek gaan van voor af moet begin. My vriende is hier en nou dat ek weer na my pa toe gaan, my perd, Ouma ..." Dit voel asof ek net alles wil inmekaar slaan met groot vuiste soos dié van Wreck it Ralph s'n!

"Kalmeer, Ariel. Jy gaan nie saam nie."

"Askies?"

"Jy gaan na jou pa toe. Dis ook een van die redes hoekom jy die naweek moes gegaan het."

"Hoekom is ek die laaste een wat hiervan hoor? Hoekom dit wegsteek vir drie weke. Ek het die reg om van sulke goed te weet, Ma!"

"Ek moes net eers seker maak of ek iets vir jou kon doen. Asseblief verstaan, Ariel. Hierdie is my deurbraak waarvoor ek al baie jare lank wag." Ons stop voor die skoolhek en ek draai na my ma toe.

"Wanneer gaan ek?"

"Hierdie naweek." My hart gaan staan byna. Ek kan dit nie glo nie.

"Whatever. Kan ek die naweek Ermelo toe gaan?"

"Skat, ek kan jou nie vat nie. Ek het my laaste vergadering oor die reëlings vir Amerika, Vrydag." Sonder om weer na haar te kyk, klim ek uit en slaan die deur ekstra hard toe.

Ek druk Shaun se nommer in my selfoon in. "Haai, Ri. Hoe lyk dinge? Kan jy die naweek kom?"

"Nee."

"Nee, dinge lyk nie goed nie of nee jy kan nie kom nie?"

"Altwee." My stem begin bewe.

"Wat's fout, Ariel?"

"My ma het bedank, sy gaan Amerika toe om daar te werk."

"Wat?! Moet nie vir my sê jy moet ook saamgaan nie! Dit kan nie wees nie. Jy kan by my kom bly, of by jou ouma. Gee my jou ma se nommer dat ek met haar praat."

"Nee, ek gaan nie saam nie. Ek gaan by my pa-hulle gaan intrek." Shaun sug van verligting. "Ek wil nie daar gaan bly nie, dis 'n mal huis daardie, maar ek kan seker nie anders nie."

"Dis beter as in Amerika."

"Ja ... anyways ek het nie vervoer Vrydag nie. Jammer."

"Ek kan jou ook nie kan kom haal nie ..."

Later toe ek op my bed lê en na die dak staar, gil my foon vir my met One Direction se ringtone. "Hello."

"Haai, sus. Hoe lyk dinge daar?"

"Haai Tiaan ... het jy geweet dat ek daar gaan intrek?"

"Ja ... hoor hier, ek's jammer. Jy weet nie hoeveel keer ek vir jou wou sê nie, maar jou pa het ons almal die dood voor die son gesweer."

"Dis okay, ek verstaan."

"So ... wat is nog nuus daar?"

"Jy weet my vriend waarvan ek jou vertel het?"

"Die een wat ek moet goedkeur?"

"Jip, daardie is die een. Hy het my genooi om die naweek daar te gaan kuier in Ermelo, maar ek kan nie gaan nie, want my ma moet haar stupid vergadering bywoon vir die hele Amerika storie."

"Ai, dis jammer." Ek sug en dit is vir 'n rukkie stil.

"Het jy niks meer om vir my te sê nie of is jou brein iewers anders?"

"Wat van ek kyk hierdie outjie van jou uit?"

"Ek verstaan nie nou nie?"

"Ek sal jou vat, as jy so graag wil gaan. Ek het 'n paar vriende wat daar naby op 'n plaas bly. Ek wou al lank al daar gaan kuier, maar kry nie die geleentheid nie."

"Regtig?! Sal jy dit vir my doen?"

"Sure, watter beter manier is daar om jou suster te leer ken nie, as op die pad Ermelo toe nie. Ek het jou mos gesê ek sal altyd daar wees vir my klein sussie."

"O my woord! Dankie Tiaan. Jy verstaan nie hoeveel beteken dit vir my nie!

"Ek's bly."

*Shaun *

Ek gaan maak gou na skool 'n draai by my ma om haar vertel dat Ariel nie sal kan kom nie. Ek sit aan die kombuistafel, terwyl my ma vir ons koffie skink. My foon vibreer op die tafel voor my en toe ek sien dis Ariel spring my hart uit by ribbekas.

Shaun! Ht vervur gekry. Sin ju di nawek! Axox

Ek spring van my stoel af op en druk my vuiste in die lug. "Yes, yes yes yes!"

"En nou?" vra my ma nuuskierig.

"Sy kan kom! Sy het vervoer gekry!" Ek val terug in my stoel en tik vinnig vir haar 'n boodskap terug.

Wow, danq tog! Wi gan ju bring? Sxoxox

Haar boodskap kom byna dadelik deur.

M brur. Hys awe, h ht vriende hiso somewhere.

Ek is nie mal oor hierdie broer van haar nie, maar op hierdie oomblik sal ek hom soen van dankbaarheid!

"Wie bring haar?"

"Haar stiefbroer."

"Sê vir haar hy kan ook sommer hier oorbly."

"Sy sê hy het vriende hier naby, waarby hy 'n draai wil gaan maak."

"In daardie geval, kan hy net Vrydag hier oorbly vir die braai. Toe, geen kommentaar nie!"

"Ek bel haar sommer gou." Ek stap na buite op die stoep en gaan sit op die trappie wat na die tuin toe uitgaan. "Haai! Wat dink jy? Ek is so bly ek kan nou kom!"

"Genade, vroumens. Jy gaan my doof maak!"

"Sorry." Sy lag.

"My ma sê jou broer moet tenminste net Vrydag hier oorbly, sy gaan nie 'n nee vat vir 'n antwoord nie."

"Ek sal by hom hoor, ek is seker dit sal reg wees met hom."

"Okay, great! Jy verstaan nie hoe dankbaar is ek op hierdie oomblik vir hom nie."

"Ek ook."

* Ariel *

Urg! Tipies. Tyd sleep nes 'n skilpad verby. Ek wil net hê die laaste klok moet lui sodat Tiaan my kan oplaai. Ek hou die horlosie op die muur met elke sekonde dop. Dis die laaste periode op 'n Vrydag. Niemand kan konsentreer nie. Twee minute ... een minuut en vyf en veertig sekondes, een minuut dertig sekondes ... een minuut en vyftien sekondes ... vyf en veertig ... dertig ... vyftien, Nul! Die klok lui en ek gryp my tas en storm na buite. Ek sien Tiaan se Toyota onder die groot koelte boom staan. By die kar gooi ek my tas in die kattebak en toe ek hom toeslaan, staan Emily en haar skoothondjies voor my.

"Haai, Ariel. Wie is jou nuwe hunk? Het hy ... jy weet ... stuff"

"Hy's my broer, Emily en ek doen ook nie 'stuff' nie!" Sy keer my toe ek verby haar wil stap.

"Jy weet dis nie goed om 'n verhouding in die familie te hê nie." Sy draai om na al die mense op die skoolgrond wat na ons staar. "Haai julle, Ariel slaap met haar broer rond!" Die hele skool oo en aa. Tiaan spring uit en storm reg op Emily af. Hy het alles gehoor, maar ek keer hom voor.

"Kom, Tiaan. Laat ons gaan."

In die kar voel ek dat my wange nat is. "Wat was dit?"

"Niks nie."

"Dit het nie soos niks vir my gelyk nie, Ariel!"

"Hulle pik net op my, omdat ek 'n maklike teiken is. Dit was nog altyd so, ek gee nie eens meer om nie."

"Jy moet nie laat hulle jou onderkry nie, Ariel. Wat het sy bedoel met ... stuff?"

"Ek was geskors vir twee weke, omdat die polisie drugs in my sluitkassie gekry het." Ek probeer vir die soveelste keer om die hoof te oortuig dat dit nie ek was nie. Ek is nou moeg daarvoor en wil net hierdie hele situasie agter my rug kry. "Ek wil bewys dat dit nie ek was nie, maar ek weet net nie hoe nie."

"Ai, Ariel. Nou draai die hele skool natuurlik teen jou. Wat sê jou vriende?"

"Ek was nog altyd die teiken, Tiaan. Teikens het nie vriende nie."

"Jy moet seker iewerste hê."

"Ja, hulle almal is in Ermelo. Hierdie snobs hier verdien nie my vriendskap nie."

"Positief. Mooi, dis al wat jy nodig het."

"Jip en ek het mos nou vir jou en ek gaan hard probeer om Robyn se hart ook te wen."

"Sterkte daarmee, sy is ook een van daardie snobs. Sy behoort ook in jou skool."

Nou is daar geen sprake van dwelms of skool nie. Ons praat oor enigiets en alles wat in ons gedagtes inpop.

"Wil jy iets kry om te eet? Jy is seker dood van die honger, hier is 'n Wimpy hier by Davel. Dis nog 'n halfuur voor Ermelo."

"Hoekom nie." Ons stop en gaan sit by 'n tafel in die hoek van die restaurant.

"So, vertel my van hierdie kêrel van jou."

"Mmm, waar om te begin?"

"Seker by die begin." Ek slaan sy skouer met die brug van my hand.

"Okay, wel. Shaun werk vir my ouma op haar plaas. Hy werk vakansies daar en dan so drie ure 'n dag in die middel van die kwartaal. Toe ek geskors was het my ma my na die plaas toe gestuur. Dis nou waar ek hom ontmoet het. Hy het my toe geleer hoe om perd te ry en ons het vinnig vriende geraak."

"Okay, dit verduidelik hoe jy hom leer ken het, maar ek wil weet hoe hy is."

"Wel, aan die begin het hy op my senuwees gewerk. Ek het dadelik die elektrisiteit gevoel, maar het probeer om dit weg te steek. Ek het nie juis daarin geslaag nie. Hy is die ongelooflikste persoon op aarde, Tiaan. Hy laat my tuis voel waar ookal hy is en hy verstaan my. Hy gee baie vir diere om, veral perde. Dit is belangrik vir my. Die dag toe hy sy suster plaas toe gebring het, het hy my hart totaal en al gesteel. Jy moes sien met hoeveel sorg hy na daardie kind kyk. Dit was ... ja. Hy het my geleer jag ook, jy weet. Toe ons geskiet het het hy sy arms om my gevou en ek het rillings deur my hele liggaam gekry. Toe het ek 'n bokkie geskiet glo dit of nie, ek gaan hom iewers in julle huis ophang as ek soontoe trek."

"Wag so bietjie! Jy gaan 'n bok sommer net so in ons huis ophang? Siesa."

"Nee man, Shaun het hom vir my laat stop." Tiaan laat 'n sug van verligting en kyk weer na my om voort te gaan. "Hy is warmhartig, nederig, getrou tot sy woord, hy laat vrede oor my spoel en hy is net te dierbaar vir woorde."

"Wow, iemand is regtig verlief."

"Nee, nie verlief nie ... lief."


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans