15. Rapunzel Rapunzel let down your hair

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Shaun *

"Ontspan, Sannie! Hulle is seker amper hier." Ek sit op die bank ek kyk elke twee minute op my horlosie. My voet tik ongeduldig teen die vloer. Ek is so opgewonde dat ek enige oomblik gaan ontplof. "Shaun! Hoor jy wat ek vir jou sê?"

"Wat is dit, Samantha?"

"Daar was 'n klop aan die deur."

"Wat?! Hoekom sê jy niks vir my nie?" Ek spring op en sprint na die voordeur. Toe ek die deur oopmaak staan sy in lewende lywe voor my. Ek lig haar van haar voete af op en swaai haar in die rondte. Haar arms is om my nek en ek druk haar styf teen my vas. Ek sit haar voor my neer, maar haar arms gaan nie los van my nek nie.

"Haai." Fluister sy in my hoor, dit het 'n ongelooflike uitwerking op my liggaam. Hoendervleis slaan oor my uit. Toe ek van haar skouer af opkyk sien ek 'n lang ou wat ons met 'n glimlag staan en dophou. Ek laat gaan vir Ariel en steek my hand na die ou toe uit.

"Jy is seker Ariel se stiefbroer, ek's Shaun."

"Ek het so aangeneem, ja. Tiaan, aangenaam." Ek skud sy hand en staan terug dat hulle in kan gaan.

"Daar regs, ons sit sommer in die kombuis, my ma is daar besig." Met Ariel aan my hand stap ons die kombuis binne. My ma staan agter die stoof besig met een van haar towerspelle.

"Ma, kyk wie's hier." Sy swaai om en daar versprei 'n glimlag oor haar gesig.

"Hello, Tannie. Wat 'n voorreg om Tannie uiteindelik te ontmoet."

"A, ek kan dieselfde van jou sê. Ai, Shauntjie. Sy is pragtiger as wat jy haar beskryf het. Kom hier dogter." Ariel stap in my ma se arms in. Albei het groot glimlagte op hulle gesigte. Dis enige prentjie wat enige ou graag wil sien. Dit laat 'n warm gevoel op my hart.

* Ariel *

"Ariel!" Ek swaai om en agter my staan Samantha met 'n groot beer in haar arms toegevou.

"Sammie!" Sy spring in my arms in.

"Ek het jou so gemis, Buns!"

"En ek vir jou, Alice." Ons lag vir ons eie lawwigheid. "Ek hoop jy was soet toe ek nie hier was nie."

"Natuurlik, ek's altyd soet."

"Ook net wanneer sy wil." Daar is spotliggies in Shaun se oë. Ek het hom so gemis. Om hom weer na my te sien staar laat my hare rys. Toe ek weer opkyk is sy twee skitterende oë op my vasgenael. Ek kan voel hoe my wange opvlam en byt my onderlip.

"Ariel, jou hare het langer geword. Kan ek dit vanaand vir jou vleg?"

"Natuurlik kan jy."

"Yay." Sy trippel weer by kombuis uit.

"Buns?" Dit lyk asof Tiaan enige oomblik gaan uitbars van die lag.

"Op die plaas het ek en Sammie gespeel. Dit was soos in Alice in Wonderland, sy was Alice en ek was die hasie. Ja ... dis seker waar ek die naam Buns vandaan gekry."

"O, ja dit maak seker s'n."

Later sit ek en Shaun buite op die stoep se trappe. Die wind waai liggies en nie een van ons praat nie. Voëltjies vlieg bo-oor ons koppe en sing in die bome. Die ander is binne besig met hulle eie besighede en die son is besig om sy laaste strale oor die groen grasperk voor ons te gooi.

"Jy weet, ek dink jy moet sommer net hier bly." Ek lag net.

"Jy wens!"

"Ek doen ja." Hy vat my hand is syne vas, al die spiere in my liggaam trek saam.

"Shaun, weet jy wat jy aan my doen?" ek draai na hom toe en kyk hom diep in sy oë.

"Dieselfde as wat jy aan my doen?"

"Hang seker af wat ek aan jou doen?"

"Weet jy hoe graag wil ek jou soen? ... ek kan nie glo ek het dit nou-net vir jou gesê nie ..."

"Ek's bly jy het." Voor ek iets anders kon doen is ons lippe op mekaar. Shaun se hand rus agterop my nek en ons asems word een. My hart klop al hoe vinniger in my borskas. Ons lippe beweeg saam, ons binnestes smelt saam. Daar was nog nooit so 'n gevoel soos hierdie nie, dit het sopas alles verander. Ons trek ongelukkig te vinnig weg van mekaar af.

"Net vriende sê jy?" Waag ek die vraag wat binne-in my opwarm.

"Nie meer nie." Hy plak weer 'n soen op my lippe. Binne sekondes spring Sammie onverwags op Shaun se rug met haar arms om sy nek.

"Shaun, Mamma sê jy moet solank die vuur aan die gang kry, sy is besig om die tafel te dek." Ek spring vinnnig op om die Tannie te gaan help. Ek dink nie sy sal van my hou as ek die hele tyd op my bas sit en met haar seun vry nie. My wange is nog steeds vuurwarm en ek lyk seker soos 'n tamatie.

"Waarmee kan ek help, Tannie?" Vra ek Shaun se ma toe ek in die eetkamer kom.

"Ai, kind. Dis nie nodig nie, dankie." Dis net toe die Tannie 'n swaar hoop borde uit die kas uithaal. Ek spring nader en vat die borde by haar. "Dankie, skatlam."

"Waar sit ek dit, Tannie?"

"As jy kan, dek dit sommer daar op die tafel." Ek sit die borde op die blou plekmatjies neer. Tannie Christa begin om die servette op tafel te rangskik en ek vat die res van die eetgery en sit dit op hulle plekke neer. "So, Ariel. Shaun sê hy het jou leer perdry en nou wil jy dit as 'n beroep vat?"

"Ja, Tannie. Ek het die beste leermeester gehad en dit is seker in die familie om te ry."

"Ja, ek ken jou ouma al goed. Sy is wonderlik."

"Sy is, ja."

"Wat het jou laat besluit jy gaan perdeterapie gaan studeer?"

"Wel, toe Shaun my geleer het het ek dit maklik reg gekry. Ek het dadelik 'n konneksie met die perde gehad en so daarby wou ek nog altyd mense help. Soms net meer vir kinders as vir volwassenes. Tog, het Shaun my ook daarheen gelei daardie dag toe Samantha by die plaas was."

"Ai, dis ongelooflik."

"En wat maak Tannie vir 'n lewe?" ek sit al die eetgery op die tafel en vat die glase by die die Tannie oor.

"Ek's 'n onderwyseres hier by die hoërskool. Ek gee Afrikaans en Musiek vir die graad agts en tiens."

"Sjoe, Tannie sien vir baie kans. As ek mag vra, hoekom bly Shaun nie hier by julle nie? Dis heelwat nader aan die skool."

"Kyk, Shaun het net oë vir die plaas. Jou ouma het vir hom 'n woonblok aangebied wat hy nou verhuur. Dis makliker as hy eers in die oggende by die plaas 'n draai wil gaan maak. Hy werk ook soms laat, so dus hoef hy ook nie in die donker terug te ry nie. Dieselfde vir naweke. Ek dink Shaun is liewer vir die plaas as die huis."

"Ek kan dit glo. Hy is baie erg oor die plaas en sy dinge."

"Jy moet maar weet die dag as jy met Shaun trou, dat jy 'n plaasvrou gaan word. Daar is geen ander manier nie."

"Ek hoor my naam." Shaun steek sy kop by die sitkamer in en kom dan binne.

"Hy het sy pa se goeie ore geërf."

"Gepraat van Pa, waar draai hy?" Wag, Shaun het nog 'n pa? Ek dog hy bestaan nie meer nie, of sy ouers is geskei ... oeps. Ek keer myself gelukkig net betyds om hardop te dink.

"Hy het 'n vergadering. Hy behoort nou binnekort hier te wees." Shaun se foon lui en hy tel dit op.

"Dis jou ouma." Hy antwoord die telefoon in sy hande. "Middag Tannie. Ja, dis doodreg. Wat? Sy is? Dis fantasties! Wow, ek sê haar. Sien dan. Baai."

"En nou?" Vra ek so nuuskierig soos 'n kleuter op haar verjaarsdag.

"Jy was reg, Ariel."

"Oor wat?"

"Fudge is dragtig."

"Wat?! Wow, dis great!" Ek spring in Shaun se arms in uit skoon opgewondenheid.

"Ek's terug! O, whow-" ek en Shaun laat gaan mekaar vinnig. In die deur staan daar 'n lang oom met dieselfde oë en hare as die van Shaun s'n. Ek neem aan dit is die uitgelate pa, waarvan ek nog niks gehoor het nie.

"Pa, hierdie is Ariel." Ek weet nie wat op die Oom se gesig aangaan nie. Hy staar net na my en dit laat my ongemaklik voel.

"Middag, Oom." Ek steek my hand uit na hom, maar hy wikkel sy neus op 'n snaakse manier en draai net daar om en loop uit. Ek staan stomgeslaan daar waar ek gelos was.

"Ma, ek dog ek het Ma gevra." Sis Shaun onder sy asem.

"Ek het probeer, Shaun. Hy wou niks daarvan weet nie." Shaun skud sy kop en trek my weer na buite, waar ons voor die vuur gaan sit.

"Jammer oor dit daar binne."

"Shaun, as ek mag. Hoekom het jy nog nooit iets oor jou pa gesê nie?"

"Oor presies dit. My pa is nie meer homself vandat my ma 'n miskraam gehad het nie." Ek trek my asem skerp in.

"Ek is só jammer, Shaun."

"Dis fine ... hy gaan baie aande uit en kom dan eers weer die volgende oggend drie-uur terug. Hy praat nie met een van ons nie en as hy doen is dit soos vandag. Hy gee nie regtig om nie, hy pak alles op my ma af. Hy blameer haar vir alles wat gebeur het met die baba."

"Wat het met die baba gebeur?" Shaun bly 'n rukkie stil.

"My ma het een dag in die skoolvakansie gery om toetse te gaan merk vir 'n ander skool. Sy was agt maande swanger met die kind, dit sou 'n dogtertjie gewees het. Op pad terug het iemand haar gehijack en haar by die kar uit gegooi. Sy het op haar maag geval en toe het die ou haar ook op die maag geskop. Dis was toe al die tyd die baba se kop." Ek sien hoe hy sy vuiste saam bal. Ek sit my hande om syne. "Die ergste is dat my ma-hulle gesukkel het om nog 'n baba te kry. Ek verstaan my pa se frustrasie, want dit alles was net so naby, maar ons almal het daaroor gekom. Dis net hy wat nie met homself en ons almal kan saamleef nie. Dis ook hoekom ek laas vir Samantha moes kom haal het en plaas toe bring."

"Waarheen gaan jou pa as hy so uit gaan?"

"Ons weet nie."

"Dalk moet julle uitvind. Dalk is dit iets wat alles eendag gaan vererger."

"Ja, dis moontlik. Ek weet net nie hoe nie."

"Lyk my ons altwee het 'n speurder werkie om te doen. Jy met jou pa en ek met my drugs." Hy kry 'n glimlag en kyk dan op na my.

"Het jy al 'n plan?"

"Nee ... ek weet nie eens meer of ek iets daaraan kan gaan doen nie."

"Moet nie so gou opgee nie, Ariel. Ek weet jy kan dit doen. Jy het my bewys dat jy nie tou opgee nie en dat jy enige ietsuitgerig kan kry."

* Shaun *

Later sit ons almal om die vuur wat ek aanmekaar geslaan het. My pa het soos gewoonlik in sy kar geklim en gewaai. Tiaan is nie so slegte ou soos wat ek aan die begin gedink het hy is nie. Ons kuier 'n hond uit 'n bos. Ariel praat met Ma en Sammie is iewers binne die huis besig om haarself besig te hou. Vir hoe lank sy Ariel in vrede gaan laat, weet ek nie.

Ek het te vinnig gepraat, want Sammie kom van binne af uit gehardloop met 'n sakkie in haar hande. Sy gaan staan langs Ariel se stoel.

"Mag ek nou maar asseblief met jou hare speel?" vra my klein sussie baie mooi.

"Ek dog jy kom nooit nie, natuurlik mag jy." Ek vang Ariel se oog en knip myne vir haar. Sy kyk skaam af en byt haar onderlip vas. My binneste word mal as sy dit doen. Alles binne my hop rond en my kop gooi waarskuwings liggies. As ons nie nou 'n skare gehad het nie het ek haar vas gegryp en vir haar 'n vet soen gegee.

"Jy weet, Ariel. Jy kan eendag met hierdie hare van jou die rol van Raponsie speel."

"Is dit so? Wat sal ek dan sê?" Ek stap nader.

"Ek weet. Ek sal onderaan die toring staan en sê: Rapunzel Rapunzel, let down your hair. En dan sal jy sê: O, my hero. You've come to save me."

Samantha lag en gaan voort met wat ookal sy doen met Ariel se hare. "Is nie Sannie! In Tangled het Rapunzel eintlik haarself gered."

"Seker, maar sy sou nie uit gegaan het nie as hy nie eers op die toring geklim het nie."

"Ja, maar hy wou net iewerste wegkruip en hy het dit net gedoen omdat hy die kroon wou gehad het."

"Wel, hulle het op die ou einde getrou het hulle nie?"

"Okay, dankie julle twee, maar ek wil nie 'n onrealistiese prinses wees nie." Daar is die stukkie kommentaar waarvoor ek nog die hele tyd gewag het.



Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans