16. Mickey Mouse Club House

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Dit was gisteraand 'n lekker aand gewees. Ons het tot laat gesit en kuier en my hare het reg deur die aand gepruik in 'n fransevlegsel met skoenlapper en blommetjie knippies in. Ek het in die middel van die aand wakker geword toe 'n kar by die oprit opgetrek het. Dit was seker Shaun se pa. Ek het regtig 'n slegte gevoel oor hom en kry Tannie Christa en Sammie saam met Shaun, baie jammer. Hulle verdien dit nie en ek kan myself net nie indink hoe dit moet voel om in daardie posisie te wees nie.

Ek, Shaun, Tiaan en Sammie sit nou aan die kombuis tafel. Nie een van ons sê 'n woord nie.

"Kom nou, Xavier! Die kinders! Wat van die kinders?! Verstaan jy nie wat dit aan hulle doen nie?!" Tannie Christa en Oom Xavier baklei al heel oggend lank met mekaar agter die toe kamerdeur. Dis seker goed in 'n mate waar sy dinge probeer regstel, maar dis nie lekker om alles te kan hoor en om te hoor hoe dit besig is om haar onder te kry nie.

"Julle gee se voet om! Ek wil nie betrokke raak nie!"

"Jy is dan nie betrokke nie! Hulle het hul pa nodig! Hulle wil jou net hier hê!" Ons hoor hoe 'n deur oopgeruk word en sien net hoe die oom met 'n wit streep hier uit laat wiel. Die voetstappe draai om en kom weer in die koesyn van die kombuis tot stilstand.

"Julle het my nie nodig nie! Kom oor dit!" Hy draai om en storm weer uit. Ek sien hoe Samantha se onderlip begin bewe en hoe Shaun verskrik voor hom uitstaar.

"Shaun ..." Fluister ek, maar hy skud net sy kop en kyk af. Ek loer in Tiaan se rigting, dié krap ook net sy ontbyt in sy bak rond. "Dis nou genoeg." Ek spring op en haas na waar die man oomblikke gelede verdwyn het.

"Ariel!" Almal skree agter my aan, maar ek steur my nie aan hulle nie.

"Oom!" Gil ek net voordat hy in sy motor wou klim. Hy swaai om en sy blik sny reg deur my. Ek sluk 'n paar keer voordat ek voor hom tot stilstand kom.

"Wat soek jy, meisiekind?"

"Wat maak Oom?"

"Wat lyk dit vir jou? Ek wil ry, toe skoert!"

"Waarheen hardloop Oom alewig weg?"

"Dit, klein juffroutjie, het niks met jou te doen nie."

"Ek dink dit het. Oom weet nie wat Oom aan hulle doen nie. Shaun kan nie die gesin self aan die lewe hou nie. Tannie Christa sukkel alleen, sy kort-"

"Dink jy ek gee om?"

"Oom doen, ja. Ek weet Oom doen."

"Nie meer nie."

"Wat het Oom so laat besluit?"

"Ek het nie tyd vir hierdie nonsens nie! Dit het absoluut níks met jou te doen nie!"

"Waarvoor hardloop jy weg?" Vra ek streng. Ek dink my ma sal nou so trots wees op my. Dis nie nou tyd om jou trots te staan en hou nie, Ariel! Konsentreer op hierdie scary man voor jou.

"Ver van hier." Hy klim in sy kar en jaag weg.

"Ariel! Het jy jou kop in Pretoria gelos? Daardie man is gevaarlik."

"Daardie man is jou pa, Shaun. Hy is nie gevaarlik nie, hy is net geheimsinnig. Hy steek iets weg, Shaun. Ons gaan iets moet doen, voordat dit te laat is."

"Ariel, óns gaan niks doen nie."

"Fine, as ons dit nie gaan doen nie, moet jy maar. As jy nie gaan nie, gaan ek, want dinge kan nie so aangaan nie. Draai om en kyk net na jou suster en ma. Hulle is weerloos, dink aan Sammie. Sy het jou nodig, hulle het jou nodig." Vir die eerste keer in my lewe sien ek 'n man huil. Ek sit my arms om hom en hy druk sy gesig in my nek in. "Dis okay, Shaun. Shhh." Ek vryf deur sy hare en streel oor die agterkant van sy rug.

"Wat gaan ek doen?" Fluister hy. Sy asem waai oor my vel en ek slaan dadelik met hoedervleis uit.

"Ek weet nie ... maar ek is hier vir jou. Maak nie saak wat gebeur nie, onthou dit net." Hy kyk op en sit sy hande op die lyne van my kakebeen.

"Ek hoop jy weet ek is verskriklik lief vir jou." Ek knik net. Ek is stomgeslaan, dis die eerste keer wat hy vir my sê dat hy my lief het. Hy druk sy lippe teen myne, ek val sonder enige twyfel saam met hom in.

Toe ons oomblikke later van mekaar af weg staan, kom ek agter dat die ander al binne toe gegaan het. Ek en Shaun staan alleen hier op die sypadjie van hulle huis in mekaar se arms. Al is hierdie 'n ongemaklike situasie, is ek tog dankbaar vir hierdie oomblik.

"Nou toe, kom. Jy wil nog seker plaas toe gaan."

"Kom ons vat hulle saam. Hulle sal dit geniet om net uit te kom. Jou ma het gister gesê sy ken my ouma en dat hulle goed oor die weg kom. Dalk sal my ouma ook weet wat om te doen."

"Ja, ek dink dit sal goed wees. Sammie gaan net ook by my ma-hulle moet bly, ek het planne."

"Planne? Watse planne?"

"Vir my om te weet en vir jou om uit te vind."

* Shaun *

My ma en Ariel praat die hele pad lank oor ditjies en datjies. Ek dink ek lei nog steeds aan skok van vroeër. Ariel is 'n meisie wat vir baie kans sien. Sy het 'n hengse risiko geneem. My pa kon haar geklap het of oor haar gery het! As ek haar daar verloor het sou ek myself nooit vergewe het nie. Ek was te laat om haar voor te keer. Sy het alles so goed hanteer, heel volwasse sou ek sê.

Soms kan ek nie verstaan hoekom sy nie regtig vriende, anders as vir my en Lisa, het nie. Wie kan nie vir haar lief wees nie? Sy is die beste ding wat enige iemand in hulle lewens kan hê ... dis dalk net ek, maar nog steeds. Sy is net perfek, te goed om waar te wees.

"Ja, Shaun het my vertel hoe jy en hierdie perd van jou die wêreld saam ingevaar het."

"Tannie verstaan nie! Fudge is die beste vriend wat ek het."

"Mmm, Shaun het kompetisie."

"Nee wat, Tannie. Fudge is 'n vriend ... Shaun aan die anderkant sou ek sê is dalk 'n bietjie meer as net dit ..." toe ek in die truspieëltjie kyk sien ek hoe haar wange pienk word en ek knip my oog vir haar, dit laat haar natuurlik net nog meer kleur kry. Dit maak my mal om haar so te sien, dis baie cute.

"Shaun! Hello, terug na planeet aarde ... verlaat planeet Shaun vir 'n paar oomblike asseblief." Ek kom, soos my ma gesê het, terug na realiteit.

"Ekskuus, het ek iets gemis?"

"Um, die verkeerslig was al twee keer groen."

"O, um ... ja ... um, ja."

"O genade! Muisneste, ek sê jou. My seun skakel gewoonlik nie so vinnig af nie."

"Ag Ma! Toe nou, ek het net gedink!"

"Oor wat dink jy tog so hard? Trouklokke? Kleinkinders?"

"Ma! Genade!"

"Ja nee, Tannie."

"Mens weet nooit. Julle hoort in elk geval saam, so as julle reg is, is ek."

"My magtig Ma!"

* Ariel *

Ons draai by die grondpad van my ouma se plaas op. Ek voel hoe die opwinding by my opborrel. Ek het hierdie plek só baie gemis! My ouma staan al by die hek toe ons voor hom parkeer. Die kar is skaars af toe ek uitspring en na my ouma toe hardloop. Haar arms vou onmiddelik om my en so staan ons vir 'n hele ruk.

"Mens kon sweer jy het verlang, kind."

"Haai, sies Ouma! Natuurlik het ek!"

"Om te dink 'n paar weke gelede het jy jou neus vir my opgetrek."

"Ag toe nou, Ouma."

"Aaa, Christa. Lank laas gesien, hoe waai die winde deesdae?" Ons loop die ou wit huis binne en my ouma skakel die ketel aan. Ons gaan sit aan die kombuistafel, terwyl die twee vroumense steeds met mekaar kekkel. Sammie kom sit op my skoot. Sy het nog nie 'n woord gesê nadat haar pa daar weg was nie.

"Sammie, wil jy saam met my kom om vir Fudge hello te gaan sê?"

"Já!" Sy spring af en spring op en af van opgewondenheid. Uit die hoek van my oog sien ek hoe Shaun sy foon uit sy sak haal en daarop begin tik, maar ek steur myself nie daaraan nie.

"Shaun, kom jy?" sy kop ruk op en hy knik.

"Jip, kom ons gaan." Ons stap in die rigting van die stalle, Sammie se tong het nou behoorlik los gekom.

"Ek wil ook eendag so ry soos jy en Sannie. Dis baie cool."

"Ek is seker Shaun sal jou kan leer."

"Ariel sal jou ook maklik kan leer. Ek dink sy is beter as ek."

"Ag asseblief! Ek het skaars drie keer gery en het my arm gekraak, ek dink nie so nie." Toe ons die stalle binne gaan mik ek reguit na Fudge se stal. Toe ek daar kom spring vyf gesigte regop en Fudge runnik net agter hulle. "Surprise!"

"Oh my woord! Ek het julle só gemis!"

"Lekker om jou weer te sien, Ariel." Micheal en Marno gee my elkeen 'n druk en Iwan hou my 'n oomblik langer vas.

"Hello, girlfriend! Dit was hoog tyd dat jy weer kom kuier het! Ek het jou amper kom haal!"

"Plaas het jy, Lisa!" Ek druk my vriendin vas soos nog nooit tevore nie.

"Yay! Ons is weer Mickey Mouse Club House!"

"Mickey Mouse Club House?"

"Ja, jy weet. Micky se club house was vir al sy maatjies en so aan." Ons lag vir Lisa se afleiding. "Um ... Ariel, die is Zayn. Jy weet ... Zayn." Lisa se wange word rooi en sy kyk skaam af.

"Oh ek sien jy het ons belofte onthou, Lisa. Lekker om jou uiteindelik te ontmoet, Zayn. Lisa het my baie van jou vertel, soos in baie."

"Hoop dis goeie dinge."

"Natuurlik."

"Ariel, kan ons nou vir Fudge gaan hello sê?" Sammie staan ongeduldig by die staldeur van my perd.

"Ja kom." Ons gaan die hok binne en Fudge kom dadelik nader. Sy druk haar snoet in die holte van my hand. "Hi, Fudgy. Genade, het ek jou gemis!" ek vryf oor haar maanhare en sy blaas van lekker kry.

Shaun kom langs my staan en streel oor die merrie se rug. "Jou ouma sê die vulletjie kom eers in Augustus volgende jaar."

"Great, so dit beteken ons kan nog gaan ry."

"O nee ons gaan nie! Jou arm."

"My arm is fine, Shaun. My gips kom in elk geval volgende week af. Asseblief, Shaunie. Ek kan nie hier wees en nie ry nie."

"Dit gaan jy jou ouma moet vra, net nou kom ek weer in die moeilikheid oor jou waaghalsigheid."

"Dankie." Ek plak 'n soen op sy wang en draai na die ander voor Shaun weer begin praat.

"Okay julle, saal solank op. Ek en Ariel gaan gou by haar ouma toestemming kry en dié een gaan aflewer. Kom Sammie."

"Aw, mag ek nie saam nie?"

Ek vat Samantha se hand en ons drie stap terug na die verlate huis. "Dalk eendag as ek en Shaun jou klaar geleer het, okay."

"Okay ..."

"Haai, kyk. Hier staan 'n ander kar. Wonder wie kan dit wees." Ons stap die huis binne en om die tafel sit daar nog 'n vrou en man met 'n klein dogtertjie.

"A, hierso is julle. Hierdie is Ariel, Shaun en klein Samantha. Ariel hierdie is jou Tannie Sonri, jou ma se suster. Oom Ulrich en jou niggie Lanri."

"My magtig, Ariel! Laaste keer toe ek jou gesien het was jy maar nog net sewe. Kyk hoe mooi het jy nou geword!" My tannie druk my vas. Dit was al so lank. My ma praat altyd van haar suster, maar hulle het 'n groot uitval gehad en hulle het al hoe verder van mekaar af gedryf. Dis jammer, want ek was nog altyd mal oor my tannie, maar in elk geval moet 'n mens altyd jou ma se kant kies. Nie dat dit meer saak maak nie, my ma vlieg na Amerika en dump my by my pa af. Nie dat ek meer so baie daaroor omgee nie, want ek het 'n broer wat nou actually vir my omgee.

"Lekker om Tannie-hulle weer te sien."

"Wat vang jy deesdae aan?"

"Daar's nie veel om aan te vang nie, dis maar net skool en so aan."

"Jou ouma sê jy het jou ruiterbloed ontdek."

"Ja, dit herinner my. Ouma, kan ons gaan ry, asseblief?"

"Jou arm, Ariel?"

"Asseblief Ouma. My gips kom volgende week af."

"En as jy nou weer afval?"

"Dan val ek mooi."

"Nee, regtig nou, Ariel."

"Ek sal nie weer afval nie, Ouma. Asseblief, ek moet net ry. Wanneer gaan ek weer so 'n geleentheid kry?"

"Ja toe nou, maar as jy jou nek breek dan-"

"Dan kry Ouma die geleentheid om vir my te sê: 'Ek het jou gesê!'"

"Ja toe nou, weg is julle. Sammie kan hier bly saam met Lanri."

Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans