17. Bolt and Powerful

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Die klanke van hoewe wat ritmies trap weergalm deur my ore. Die windjie waai deur my hare en die bome fluit vanaf die woude aan die anderkant van die plaas. Diesel draf onder by ons op die grond, sy asem blaas soos die van 'n kwaai rooikat. Die son se strale paradeer deur die paar wolkies in die lug.

"Hoe gaan dit by die skool, Ariel?" Lisa sit bo-op Pixi se rug en kyk belangstellend na my.

"Ag jy weet, die gewone. Ek doen redelik goed en my punte is bo standaard."

"Jy weet dis nie wat ek bedoel het nie, Ariel."

Ek sug. "Jip, ek weet. Wel, dit suck. Ek kan niks doen of sê sonder dat ek beskuldig of afgekraak word nie. Ek wil graag die skuldige uitvang, maar dit gaan nie gebeur nie."

"Hoekom gaan jy nie na 'n ander skool toe nie?"

"Dis nou nie so erg nie en ek moet nog net twee maande en 'n jaar uithou. Dit maak nie sin om nou oor te skuif nie."

"Ja, maar dit is beter as wat jy 'n deel van jouself verloor en permantent ongelukkig is."

"Dis net te veel. Ek trek al klaar môre na my pa toe. Dis chaos op sy eie, nee dankie."

"Komaan, Ariel. Lisa het 'n punt beet."

"Waarnatoe gaan ek dan gaan? Wat laat julle dink my pa sal my hierheen stuur? Of enigsins na 'n ander skool toe? Ek's jammer, maar dit gaan nie sommer net gebeur nie."

"Praat met hom, Ri. Jy het niks om te verloor nie."

"Kan julle net ophou! Ek is fine! Ek gaan nie nou skole skuif nie! Hou nou op aan my karring anders ... anders ... draai ek nou hier om!"

Hulle mompel elkeen 'n jammer en ons ry in stilte voort.

"Okay, julle. Ons vat vyf. Maak die perde sommer aan daardie bome vas. Tannie Fienie het vir ons padkos ingepak." Shaun gooi 'n kombers onder een van die koelte bome uit en begin tapperbakies daarop uitpak. Uit die hoek van my oog sien ek hoe Lisa en Zayn in mekaar se ore fluister en giggel. Ek is so bly hulle is uiteindelik saam, hulle is so cute saam.

"Hey, Ariel. Hoe voel dit om weer hier te wees?" Marno leun teen die boom met 'n stukkie lang-gras tussen sy tande.

"Awesome! Julle verstaan nie hoeveel ek hierdie plek gemis het nie!"

"Ek dog jy sou sê dat jy ons gemis het." Shaun praat so skielik agter my dat my hele lyf met hoendervleis uitslaan. Hy vou sy arms om my en rus sy ken op my skouer.

"Mmm, dalk net so 'n klein bietjie."

"Pasop, ons vat jou terug Pretoria toe! Urg, stadsmense!" Waarsku Lisa my van waar sy en haar kêrel op die kombers gaan sit het.

"Ja, toe nou."

"So, Ariel. Wat gaan aan?"

"Wat nou?" Micheal lig sy een wenkbrou op.

"Wat?"

"Jy en Shaun?"

"Wat van ons?"

"Is julle nog steeds op die stadium net vriende?" Vir eens weet ek nie wat om te sê nie. Is ons nou iets of nog steeds net vriende? Ons het nog nie regtig hieroor gepraat nie ...

"Dankie, Micheal!" Onderbreuk Shaun my gedagtes. "Ek wou nog met haar hieroor praat voordat sy terug gaan."

"Never too late, bro' "

"Thank you, Mister Obvious. Kom, Ri." Hy trek my eenkant, buite hoorafstand van die ander.

"Shaun-"

Hy druk sy wysvinger teen my lippe met 'n groot glimlag op sy gesig. "Shh, Ariel. Kyk, ons ken mekaar al amper vir vyf weke. Ons albei voel iets vir mekaar, so ek het gewonder of ons nie dalk die volgende stap kan neem nie? So, Ariel Bosch" hy sak af op sy een knieg en hou 'n bloedrooi roos na my toe uit. Ek trek my asem skerp in. "Sal jy my meisie wees?"

"Ja! Ja, ek sal!" Ek gooi my arms om sy nek en hy swaai my in die rondte.

* Shaun *

Later toe ons weer op pad terug is na die huisie toe, is almal liggies aan die gesels. Almal se monde beweeg op en af, elkeen sommer gelyk. Ons was almal lanklaas so opgewonde soos vandag. Ariel verander die hele atmosfeer op hierdie plaas. Of sy dit weet, is ek nie seker van nie, maar dit is werklik so.

"Shaun? Kom by." Ek skrik uit my muisneste en kyk na die ander wat na my staar.

"Ek's hier."

"Is jy seker?"

"Ja, Ariel. Ek's seker."

"Dood?"

"Ja, morsdood, gevrek."

"Goed dan. As jy so sê."

"Ja, ek het so gesê. Anyways, het julle met my gepraat?"

"Ons het."

"Nou? Gaan julle my vertel?" Soos een draai hulle hulle koppe weg van my af. Hulle gesigte kan ek nie lees nie en een sê 'n woord nie. "Regtig! Gaan julle regtig dit nou aan my doen?"

"Jip." Sê hulle almal in 'n koor, sonder om hulle koppe te draai nie.

"Ag, whatever. Julle is nou net kinderagtig. Kom, dit raak al donker. Ons moet terug. Ek het nog iets wat ek en Ariel ook moet doen."

"Wat? Wat moet ons doen?" Ek draai my kop van haar af weg.

"Jip."

* Ariel *

Shaun se hande is om my oë gevou en 'n donker nag het oor my geval. Die wind het begin waai en ver blaf honde wat ek nie herken nie en skape blêr.

"Shaun, waarheen vat jy my?"

"Shh, dis 'n geheim."

"Shaun."

"Fine, ons is in elk geval hier." Hy haal sy hande van my gesig af en die dag se laaste strale val op my gesig. "Kyk."

Ek kyk af na waar hy wys op die grond. Voor my sit daar 'n klein wit hondjie. Sy stertjie swaai heen en weer en sy een oor staan kersregop op sy kop, terwyl die ander een langs sy kop hang. My hand val op my mond en ek sak af op my hurke en vryf oor die gedierte se klein koppie.

"Shaun? Wat is die?"

"Wel, ek weet nie. Dis 'n kruising van ... ek weet nie, maar hy is joune."

"Wat? Jy kan nie net die hond vir my gee nie, Shaun."

"Dis nie net ek nie. Dit was een van Lisa-hulle se honde se kleintjies. Hulle kry hom nie verkoop nie, en wou hom vir die SPCA gestuur het. Toe vat ek hom en nou gee ek hom vir jou. Jy kort 'n maatjie en iemand wat jou aan my moet herinner. Hy's joune en moet nie eens daaraan dink om met my te stry nie."

"Shaun, ek gaan môre na my pa toe. Hy gaan nie laat ek-"

"Klaar gereël. Toe, jou maatjie kort 'n naam." Ek lag en bestudeer die klein lyfie voor my. Sy tongetjie hang uit soos hy blaas en hy kyk skeef na my. Sy bruin oë glinster in die skemer.

"Mmmm, Lucky?"

"Hoekom Lucky?"

"Ek weet nie, dalk omdat ek so gelukkig is om jou te hê."

"Okay, ek's geëerd. Kom ons kyk net eers of ons nie met iets anders kan opkom nie. Dalk, iets met sy kolle?" Ons bestudeer elke kol deeglik.

"Kyk hier, Shaun. Hierdie een lyk soos 'n donderweertjie. Wat van Thunder? Of Lightning?"

"Mmm, Bolt."

"Wat?"

"Bolt. Jy weet, die movie, waar die hond gedink het hy het kragte, maar dit was vir 'n movie."

"O, ja, maar wat het dit met my hondjie uit te waai?"

"Jy het dit nog nie gekyk nie, nè?"

"Nope."

"Okay, wel hy het ook so 'n donderweertjie op sy boud gehad."

"Mmm, The Bolt and Powerful. Cool, ek hou daarvan."

"Daarsy, Bolt." Ek staan op en gaan staan reg voor Shaun. Ek dink ek lyk soos kleuter wat haar eerste towerstaf gekry het.

"Jy's net amazing, weet jy dit?"

"Wel, ja. Ek het vir jou."

"Shaun."

"Aw, weet jy hoe cute lyk jy as jy bloos."

"Stop dit." Ek slaan hom speels op sy skouer en hy vang my aan my gewrig vas.

"Nie so vinnig nie, prinses."

"En hoekom nie?" Hy trek my nader en ons lippe raak aan mekaar. My arms val natuurlik om sy nek en syne om my middel. Die hond het ek iewers tussendeur verloor. Ek word nader teen hom vas getrek en ek verstyf my greep om hom. Ons lippe beweeg saam en ons asems word 'n mengsel van suurstof. My hart gaan enige oomblik uit my borskas spring. Toe ons wegtrek en ons oë ontmoet gaan die skoenlappers tekere soos 'n skare by die rugby finaal waar die finale drie by die rugby wêreldbeker gedruk is.

"Nou ja, die mense wag al seker." Shaun se vingers glip deur myne en ons stap terug na die huisie.

"Kom, Bolt." roep ek agter my aan en my wit bolletjie hop opgewonde agter my aan.

"Jy moet sommer gou weer kom kuier, hoor."

"Ek sal, Ouma. Pas asseblief vir Fudge mooi op."

"Ek is seker jou kêrel sal daarna omsien, sal jy nie Shaunie?"

"Ouma ..."

"Natuurlik, Tannie Fienie." Ons groet my tannie en ouma voordat ons weer die pad terug vat na Shaun se huis toe. Die dag mag dalk aaklig begin het, maar dit het uitgedraai in die beste tyd nog ooit. Ek kan nie glo ek gaan môre weer moet baai sê nie. Terug by die huis gaan alles weer verander. Ek gaan moet probeer om met my liewe stiefma en –suster saam te leef en ek gaan van voor af met my pa moet begin sosialiseer, hom half van voor af leer ken. Gelukkig is Tiaan daar om my geselskap te hou en nou het ek vir Bolt ook.

In die kar speel ek met Samantha se hare wat op my skoot sit. "Ek en Lanri het die hele tyd toe julle perd gery het, met Bolt gespeel. Hy's so cute, ek gaan hom by jou steel."

"Jy sal dit nie waag nie. Jy gaan maar vir ons twee moet kom kuier."

"Ja, Sannie sal my bring."

"Verseker."

* Shaun *

"Ariel, kom nou! Tiaan is hier!" Ek en Tiaan staan langs die kar en wag vir Ariel. So graag soos wat ek wou gehad het dat sy nog moet bly, so lank vat sy om uit te kom. "Kan ons jou kom help?" Net toe kom sy met Samantha in haar arms. Sammie se arms is styf om Ariel se nek en hulle altwee se wange is nat.

"Moet nie gaan nie, Ri!"

"Ek sal jou gou weer sien, Sammie." Ek kyk weg van hierdie episode, te bang dat ek saam met hulle gaan deelneem. Ek voel hoe dam die water in my vlaktes op en probeer met my oë vladder om die water te laat verdamp.

"Cheers, Shaun." Ek draai om en skud Tiaan se hand met 'n vals glimlag.

"Totsiens, kyk mooi na haar."

"Shaun?" Toe ek omdraai kyk ek vas in twee rooi wange.

"Shh, dis okay." Ek druk haar teen my vas, sonder dat ek weet of ek haar of myself probeer oorreed.

"Baai, Shaun." Voor ek kon keer klim sy in die kar en hulle verdwyn om die hoek van die straat.


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans