21. Barbie volgens sekere mense

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Dis Maandag oggend. Ek is so deurmekaar soos 'n ou vrou wat sopas wakker geword het van narkose. My kop is orals behalwe by my. Vandag gaan ons na Meneer van der Berg toe! Ek kan nie glo dit gaan gebeur nie! Ek het amper opgegee met die hele storie, maar dit gaan nou uiteindelik ent kry!

Dan is daar ook Shaun ... dit voel nie eens meer asof hy bestaan nie! As jy gewonder het, nee, hy het my nog nie weer gebel nie. Ek het nog niks van hom gehoor nie. As ek vanmiddag terugkom van die skool af, gaan ek hom bel. As dit nie werk nie, bel ek my ouma, want ek kan nie meer so aangaan nie. Sê nou maar hy het iets oorgekom?

"Ariel! Kom ons moet ry!"

"Ek kom Tiaan! Ek soek net my ... e ..." Tiaan se kop verskyn in die deur en hy hou my skoolsak in sy hande. Ek mompel 'n dankie en vat dit by hom.

"Ariel? Is daar iets fout, waarvan ek moet weet? Die naweek was jy heel afwesig en vandag het jou kop jou finaal verlaat."

"Ek's okay. Ek het net baie op die brein. Ons kan maar ry."

Ek is werklik verras toe ek vir Emily voor die hoof se kantoor sien staan en wag. Toe sy my sien aankom draf sy na my toe. "Dankie dat jy gekom het, Ariel. Ek is regtig jammer, kom ons kry dit oor en verby."

"Emily, jy hoef regtig nie. Kom ons vergeet eerder-"

"Daar's nie 'n manier nie! Kom ons gaan in." Sy klop aan die hoof se deur.

"Binne." Kom die stem van binne af op. Ons gaan in. "Môre, dames. Hoe help ek julle vanmôre?"

"Kan ons maar sit, Meneer?" vra Emily.

"Natuurlik. Dit klink ernstig."

"Meneer, ek wil verklaar dat ek die een was wat die dwelms in Ariel se sluitkassie gesit het. Sy is heeltemal onskuldig." Menneer van der Berg lyk geskok oor die inligting.

"Juffrou Hunter ... sjoe, jy vang my onkant so vroeg in die môre. Begin van die begin af. Verduidelik vir my hoekom jy dit gedoen het." Sy vertel vir hom presies wat sy daardie dag vir my op die stoep vertel het. "Goed dan, waar het jy die dwelms in die hande gekry?"

Emily se oë dam op en sy kyk af na haar hande wat in mekaar gevleg is. "Meneer ek gaan eerlik met Meneer wees. Ek het niks om te verloor nie. Ek het by 'n ouer man geslaap omdat hy vir my die dwelms gee. Ek het elke dag daarvan gebruik en uitgedeel, Meneer. Ek wil graag ophou, maar ek kan dit nie alleen doen nie. Ek weet ook nie waar om hulp te kry nie."

"Juffrou Hunter, jy weet ek gaan jou voogde en die polisie moet inroep?"

"Ek is bewus daarvan, Meneer."

"Ek sal met jou voogde praat, dalk kan ons ooreenkom dat jy die skool se sielkundige sien of ons kan jou inskryf by 'n reablitasie sentrum."

"Meneer?" Waag ek dit vir die eerste keer. "Ek sal graag vir Emily wil help." Ons hoof lyk effens geskok, maar hy knik vriendelik.

"Dankie, Ariel, maar vir eers moet ons hierdie alleen uitklaar. Jy's verskoon." Ek staan op en gee Emily 'n drukkie met my hand teen haar skouer en verdwyn by die kantoor uit.

* Shawn *

"Marno! My magtag man! Het ek ooit vir jou gesê dat jy die verdomde perde moet water gee!"

"Wat anders moet ek doen, Shaun? Die perde laat vrek van die hitte! Dis nege-en-veertig grade en die perde spoeg al van die dors. Wat gaan aan met jou deesdae?"

"Daar gaan niks met my aan nie." Ek draai weg van die cowboys wat voor my staan.

"Ek gaan daar met jou verskil, ou. Het daar iets tussen jou en die baas se kleindogter gebeur?"

"Nee daar het nie." Ariel ... my pragtige Ariel wat die lewe moeiliker gemaak het deur om dit makliker te maak. Ek weet nie wat met my aangaan nie. Dis nie asof sy ons skade aan wou doen nie, maar ek kan haar vir een of ander rede nie nou in die oë kyk nie-

"Shaun! Genade! Kom! Dit gaan nou hier stop!" Micheal trek my aan my arm in die rigting van die wit huis. Hy stop in die deur en klop liggies daaraan.

"Kom binne." Kom Tannie Fienie se stem van binne af. Micheal stoot die deur oop en sleep my daardeur, Marno kort op my hakke. "Ah, seuns. En die missie? Waarmee help ek?"

"Ons het Tannie se hulp nodig."

"Natuurlik, sit." Ek word op die stoel oorkant my baas bedruk en aan beide my kante gaan sit my twee kollegas.

"Tannie, Shaun het 'n depro gestrike. Van die naweek af is hy afgeskakel en in verskriklike buie. Ons kry niks uit hom uit nie en Tannie weet hoe hardkoppig hy somtyds kan wees."

"Nou wat kan ek doen om te help?"

"Ek het gehoop Tannie kan iets uit hom kry, want ons kry dit nie-"

"Okay! Stop dit nou! Ek sal vir julle sê, dan moet julle my net uitlos, okay!" Die drie geskokte gesigte staar na my en knik hulle koppe. "Goed dan. Ek gaan net by die begin begin." Weereens knik hulle net hulle koppe, met hulle nuuskierige ogies op my gerig. "Okay, my pa het na my ma se miskraam begin uithak. Daagliks het hy kamstig gaan werk en dan net by die huis kom stort en dan weer gewaai. Waarheen hy was, het ek nie geweet nie. Die naweek toe Ariel hier was, het sy dit met haar eie oë gesien. In elk geval, ons het ons nie so baie daaraan gesteur nie, al het dit ons baie omgekrap. Nie een van ons kon meer met hom praat nie, want dit het elke keer uitgedraai in 'n bakleiery. Laas week het hy vertrek na 'n konferensie in Dubai. Dit was alles okay, as hy maar tog net in Dubai was." Ek sluk 'n paar keer om die knop in my keel te probeer verwyder, nie dat dit werk nie. "Ariel het daardie middag met Bolt gaan stap en toe het sy my pa gevang ... by 'n ander vrou ... in Pretoria. Dis hoekom sy Vrydag hierheen gekom het, om dit vir my te kom vertel. Daardie middag het ons my ma vertel en dit het haar gebreuk. Ek het my pa gaan haal in Pretoria om die egskeiding in wording te bring. Dis my storie, ek hoop julle is nou gelukkig!"

"Ariel was hier op die plaas en niemand sê my nie?"

"Tannie, Ariel het net kom vertel en toe was ons na my ma toe."

"Ai, siestog my kind. Julle arme goed. Is jou ma darem okay?"

"Sy kom nog oor die skok. Hulle het vanoggend die prokureur gaan sien. Ek weet net nie wat ons vir my sussie gaan vertel nie."

"Die arme kind! Hoe kon jou pa dit aan julle doen? Hy behoort homself te skaam."

"Die ergste is dat ek nie weet wat om nou met Ariel aan te vang nie! Sy het haarself in ons persoonlike lewe kom inwurm! Nou is alles deurmekaar omdat sy nie net haar mond kon hou nie. En sy hou aan om vir my boodkappe te stuur en te bel, maar ek het nie nou die krag vir 'n vroumens wat-"

"Pasop wat jy daar sê, Shaun! Ariel het net die beste gedoen wat sy kon. Wat anders moes sy doen? Dit vir haarself hou? Dit oor die foon vir jou vertel? Sy het vanuit Pretoria gery om vir jou te kom vertel, in die middel van haar eksamens. Dit om julle te kom waarsku, julle te kom help. Te danke aan haar weet julle nou wat is julle Pa se probleem. Dink net hoe meer sou hy julle verneder het as julle nie geweet het nie. Dit is nou verby en dit is moeilik, maar Ariel is alles behalwe die skuldige ene in die verhaal."

"Wag so bietjie," Dis Marno wat weer 'n spreekbeurt het. "So jy het nog glad nie weer met Ariel gepraat vandat julle in Pretoria was nie?" Ek skud net my kop sonder om enige oogkontak met iemand te maak nie. "Ou, dis laag. Die arme meisie moet in 'n toestand wees. 'n Mens hanteer nie 'n meisie so nie, Shaun, veral nie as dit jóú meisie is nie." Hulle is reg. Ariel verdien nie my arrogante houding nie. Sy het net goed bedoel en ek hou haar aan 'n lyntjie.

"Julle is reg. As julle my sal verskoon. Ek het gemors om skoon te gaan maak."

* Ariel *

"Ariel! Jou hond is alweer hier om my voete! Voertsek Blot!" Ek sug en stap af met die trappe om my hond te gaan haal. Ek tel hom op in my arms. "Dis Bolt." Spoeg ek vir die heks voor my.

"Wees versigtig vir daardie houding, juffroutjie. Moet nie jouself soos 'n makou gedra nie. Regte Barbie-kind, jy." Sy draai om en verdwyn in die kombuis in.

"Ariel, telefoon vir jou." Ek loop met die gang af, na waar Tiaan met die telefoon in sy hande staan. Ek gaan sit op die stoeltjie langs die klein tafeltjie met die mik van die foon daarop.

"Dankie." Ek neem dit by hom en plaas dit teen my oor. "Ariel, hello?"

"Ariel?" My hart slaan bollemakisies in my borskas.

"Shaun?"

"Haai. Hoe gaan dit daar?"

So bly soos wat ek is om van haar te hoor, so ook is ek kwaad vir hom. Hy ignoreer my vir dae lank en nou uit die bloute onthou hy weer van my! "Jy behoort jou te skaam, Shaun!"

"Ek weet, Ariel. Ek's jammer. Ek het nie besef wat ek aan jou doen nie, ook nie wat ek aan myself doen nie. Ek het jou blameer vir alles wat gebeur het, maar dit is 'n fout. Jy het niks verkeerd gedoen nie. Jy het my en my familie uit die duister gehelp en ek behoort jou te vra om te trou omdat ..." ek dink hy is net so geskok soos wat ek is oor wat hy sopas gesê het.

"Dis okay, Shaun. Ek verstaan heeltemal. Jy het tyd nodig gehad. Dit het my net soveel gebreek as wat dit vir jou het." Ek praat vinnig om die stilte te verbreek en sommer ook om die onderwerp te verander.

* Shawn *

"Ek weet, Ariel. Ek's jammer. Ek het nie besef wat ek aan jou doen nie, ook nie wat ek aan myself doen nie. Ek het jou blameer vir alles wat gebeur het, maar dit is 'n fout. Jy het niks verkeerd gedoen nie. Jy het my en my familie uit die duister gehelp en ek behoort jou te vra om te trou omdat ..." ek moes dit nie gesê het nie! Ek weet dat ek definitief eendag sal dag, maar nie nou al nie.

"Dis okay, Shaun. Ek verstaan heeltemal. Jy het tyd nodig gehad. Dit het my net soveel gebreek as wat dit vir jou het."

Ek maak my keel 'n paar keer skoon voordat ek weer begin praat. "Ariel, jy weet ek is verskriklik baie lief vir jou. Ek weet ek het dit die laaste ruk nie baie gewys nie, maar ek wil hê jy moet dit weet."

"Ek weet jy is, Shaun."

"Sê vir my dat jy ook lief is vir my, Ariel. Ek moet weet of jy dieselfde oor my voel."

"Shaun, daar is geen twyfeling in my dat ek jou oneindig baie lief het nie. Ek is baie lief vir jou, Sannie."

"Hey! Pasop! Net my suster mag my dit noem!"

Haar lag klink op in my oor. "Ja, baas!"

"Dis beter."

"Shaun, daar is iets wat ek jou moet vertel."

"Dit klink ernstig ... wat gaan aan?"

"Jy weet Emily?"

"Ja, die girl waarmee my pa my ma verneuk het."

"Ja wel, jy sien dit was sy wat al die tyd die dwelms in my sluitkassie gesit het. Dit is wat sy vir my daardie dag op die stoep vertel het."

"Wat?! Jy is nie ernstig nie! Wat gaan jy nou doen?"

"Daar is niks wat ek meer hoef te doen nie. Ons was klaar by die hoof en hulle is besig om die ding uit te sorteer. Emily was deur 'n moeilike tyd, Shaun. Ek wil haar help." Wel Ariel het haar skelm gevang, maar nou wil sy haar help? Wat kan ek sê, ek het die mees saghartigste meisie in die hele melkweg ,maar so ook is sy baie sterk en sy weet wat sy in die lewe soek. Sy kyk uit vir almal waaraan sy raak of dit nou vriend of vyand is. Sy sal jou altyd optel as jy val, maak nie saak hoe diep nie. Ariel is die beste meisie in die hele wye wêreld en sy is mý meisie en niemand sal dit kan verander nie.



Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans