22. My eie Ever After

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Dit is ses maande vandat Shaun my gevra het om sy meisie te wees. Die son brand helder in die vroeg oggend lug. Die wind het effens opgesteek, maar niks oorweldigend nie. Die herfs blare het begin val in verskillende skakerings van rooi tot geel. Die herfs lug vul my neus. Water loop saggies in my ore en voëltjies kwetter iewers bo my kop. Ek kan Bolt om my voete voel woel en ek hoor hom opgewonde huig. 'n Warm hand is om my oë gevou en dit lei my iewers heen, waarvan ek niks weet nie.

"Lief, regtig! Ek kan nie meer uithou nie! Waarheen gaan ons?"

"Haai, hou op om so 'n nuuskierige agie te wees. Wat is 'n verrassing as jy weet wat dit is, huh? Hou net so bietjie uit!"

"Agge nee, hoe lank nog?"

"My engel, bly stil."

"Fine, kan jy net asseblief vir Bolt sê hy moet onder my voete uit. Ek gaan nou op my gesig val." Hy lag en vertel vir my dierbare hondjie hy moet maar sy afstand hou. Partykeer voel dit vir my asof Bolt meer vir Shaun luister as vir myself.

Na nog so paar minute kom ons uiteindelik tot stilstand. "Okay. Dit is dit. Is jy reg?"

"Seriously?! Ek was al vanoggend vier-uur reg vir jou, maar jy rek mos alles altyd uit. En vir elke verrassing hou jy my oë toe!" Sy lag klink weer op en dit maak my na ses maande nog steeds heeltemal lam.

"Ek tel tot drie."

"Jy beter gou maak of ek kyk self!" Raas ek oor sy langdradigheid.

"Een ... twee ... wag ek dink hier-"

"Shaun! Néé!" Hy begin histeries lag, ek weet eerlik waar nie wat so snaaks is nie. Hy laat val sy hande van my gesig af, nog steeds aan die lag. Ek kan ongelukkig nie saam lag nie, want my oog het die beeld voor my vasgevang. Dis asemrowend! Dis die moeiste plek wat ek nog ooit in my lewe gesien het! Voor my is daar 'n krans, wat steil afloop in 'n helder stroompie. Daar is 'n waterval wat volop uitloop. Daar pryk 'n reënboog oor die water oppervlakte en voëltjies wat op die rotse rond hop. Die wind sing deur die blare en weergalm tussen deur die vallei. Buiten Shaun se barbare lag, is die klanke rondom my gerusstellend.

"Shaun! Shut up!" Dit help glad nie.

"Ek's jammer, Ariel. Jy moes net jou gesig gesien het. Dit was priceless!"

"Vir 'n eerstejaar-student is jy maar regtig baie kinderagtig, weet jy dit?"

"Dis ook net jy wat my so laat optree, my engel." Hy knip sy oog vir my en al wat ek kan doen is om my kop te skud.

"Whatever, jy's simpel."

"Miskien ja, maar simpel het nie verniet vanoggend drie-uur vir jou sjampanje uitgebring nie. As jy dit nie wil hê nie dan kan jy net die padjie terug loop waarmee ons gekom het. Oh nee, wag! Jy het nie gesien waar ons geloop het nie. Sorry, skatlam. You're stuck with me."

"Mmm, I guess I am."

* Shawn *

Ek en Ariel sit op die punt van die kans. My arm styf om haar gevou en ons elkeen met 'n lang glas gevul met vonkelwyn. Nie een van ons sê 'n woord nie. Die natuur vou ons in mekaar toe. Water vloei en die wind is hier as musiek. Wat is 'n beter manier om ses maande met die beste meisie op aarde te vier.

Ek kan nie glo ek het haar net vir myself nie. Ses maande en 'n week of so gelede het ek haar nie geken nie. Toe ek haar ontmoet het, het sy my mal gemaak. Sy het my nie net emosioneel uitgeput nie, maar ook fisies. Hierdie meisie van my volg haar eie kop, mens draai net jou rug dan doen sy alweer iets buitengewoon. Sy besluit sommer een dag om te gaan spring met 'n vreemde perd, sy val amper my patetiese pa aan en dan sal sy nog kans sien om met die meisie wat haar lewe hel gemaak het, beste vriende mee te word. Nee wat, ek het officially die malste meisie op planeet aarde.

Dit bring my terug na waar sake vandag staan. My ouers is twee maande later finaal geskei. My ma en Sammie bly nog steeds in ons ou huis, my pa is iewers daar buite in die wêreld, seker in PE of iewerste. Nie dat ek enigsins omgee nie. Die atmosfeer by die huis is tien keer beter as wat dit toe was. My ma is gelukkig en Sammie het oor die ergste gekom.

In Ariel se geval, nadat Emily in rehablitasie was het sy terug skool toe gegaan en sy en Ariel het al hoe meer begin uithang. Hulle is vandag besties. Sy is 'n ander mens. Wie vra jy? Wel, hulle altwee. Emily het haarself weer gevind en vrede gemaak met die lewe soos dit is en Ariel ... wel sy is nou vir eens gelukkig. Sy is tuis by haar pa, wat op die oomblik op sy wittebrood is. Kruella is maar nog steeds dieselfde ou heks, maar Ariel weet nou al hoe om haar te hanteer. Sy, wat Ariel is, en Robyn se verhouding het ook in die hoogte ingeskiet en Tiaan het die klein sussie gekry wat hy nog altyd wou gehad het. En so ook is Robyn en Tiaan se verhouding nog beter as ooit.

Dan is daar nog net een oor en dit is ek. Wel, ek werk nou voltyds op die plaas. Ek woon nog steeds maar in my klein eensame huisie. Ek is besig met 'n fotografie kursus. Ek het nog altyd daarvan gehou om fotos te neem, maar nooit besef ek kan 'n deeltydse loopbaan daaruit maak nie. Ek geniet dit verskriklik baie en hulle leer my soveel tegnieke en nuwe goedjies van die kamera.

As ek nie op die plaas is of aan my kursus werk nie, ry ek gereeld Pretoria toe. Ek gaan kuier dan vir Ariel en ons kuiers sommer vir 'n hele naweek lank. Ek gaan saam met haar na kuiers toe en soms swem ons saam met van haar vriende. Partykeer vat ek haar vir 'n naweek of so saam met my plaas toe en ons ry perd heel dag lank. Die beste dae van my lewe is saam met hierdie meisie van my.

* Ariel *

"Ah! Shaun, Ariel! Welkom, kom in." Ek en Shaun stap binne waar die res van die mense rond staan en kuier elkeen met 'n kelkie in die hand. Shaun se arm val om my middel en stuur my na die eerste groepe mense. Toe Tannie Christa ons sien nader kom wink sy ons na haar kant toe.

"Shaun! Ariel! Hi! Kom hier."

"Hello, Ma." Shaun plant 'n soen op sy ma se wang toe ons by hulle aansluit. My en Shaun se familie het besluit om almal saam die paasfees te vier. Almal kom vandag hier by een van Shaun se tannies se reuse huis bymekaar. Dit gaan groot pret wees.

"Buns!" Sammie kom aangehandloop na my toe en spring in my arms in.

"My magtig, Samantha! Die arme Ariel is skaars hier en jy bespring haar al klaar! Genadetjie tog my kind." Almal kry 'n lag aan hulle, voordat die geselligheid van voor af begin. Meer en meer mense daag op. Shaun se ouma en oupa is die duurbaarste mense. Sy tannie en ooms met hulle baie nefies en niggies is net so lieflik en ek kom maklik met hulle oor die weg. Soos gewoonlik is die kleintjies alewig soos brommers wat om my kop zoem. Moet nie verkeerd verstaan nie, hulle is almal die oulikste goedjies, maar ek dink Shaun word mal omdat hulle meer aandag as hy kry.

Dis nie lank nie voordat hy ingee. "Okay, toe nou. Gaan weg! Speel met mekaar en los my meisie uit! Toe, sjoe! Sjoe!" hy jaag en kielie die kindertjies totdat hulle al laggend die pad vat na die klimraam agter die grasperk.

"Jy, Meneer Oceans, is wreed."

"Met 'n meisie soos jy moet 'n mens tog wreed wees. Jy is duidelik 'n aantrekkingskrag vir enige mens. Van al hierdie klein miertjies tot ou mense soos my ouma en oupa. Wat, net so by the way, nie kan ophou om van jou te praat nie. Wat nog te sê van al die ouens daar buite wie se oë elke nou en dan na jou draai! Ek gaan 'n leiband moet aanskaf."

"Sies vir jou! Dis nie hoe jy 'n prinses hanteer nie!"

Shaun se wenkbrou skiet omhoog. "Het jy sopas jou met 'n prinses vergelyk?"

"Ek het inderdaad."

"My goeie genade! Wie sou ooit kon dink daardie meisie, wat met haar dik bekkie daar op die plaas opgedaag het en fairytales soos 'n vrot piesang vermy, nou sal staan en haarself met die lewe van 'n sprokies sal vergelyk?"

"Wat kan ek sê, engel. Die dag toe jy in daardie deurkoesyn gestaan het en ek die eerste keer na jou gekyk het het jy my hart gesteel. Jy en jou belaglike sprokies lewe wat jy het. Jy het my aangesteek en dit het my gemaak wie ek vandag is ... In hierdie masiewe huis van jou tannie voel dit vir my soos 'n kasteel, my liefde vir die natuur wat ek deel het jy my laat besef en al hierdie kinders waarmee ek myself kan uitleef. Ek het nie 'n kroon en 'n mooi rok nodig om 'n prinses te wees nie. Ek het vir jou, Shaun. Dis al wat ek nodig het ... jy is al wat ek nodig het. Ek verstaan nou hoekom elke sprokie met die bekende enkele woorde eindig. Dit is nou my woorde ook." Ek stap tot reg voor die ou wat my lewe onderstebo gegooi het ... of eerder regop geruk het. "Engel, jy is die begin van my eie Ever After." Shaun het trane in sy oë! Ek het Shaun Oceans laat huil! Dit maak my hart nog net meer warm en ek trek hom nader.

"Ariel, jy is my Ever Aftrer." Sy lippe val om myne. Die passie en liefde wat daardeur deurgegee word weet ek dat dit net die begin vir ons is. Die begin van liefde en vreugde en lewe. Die begin van vir ewig!

Enige een het tog op die ou end sy eie sprokies verhaal. Dit mag dalk lank lank gelede begin het, maar elkeen is geregting op sy eie Ever After. As ek my eie Ever After kan kry, kan jy ook!

Ariel xox

Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans