4. Frozen Vlegsels

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel * 

Maandag oggend staan ek kwart voor ses voor die stalle en wag vir Shaun. Ek gaan nou enige oomblik bars! Ek is seker daarvan dat Fudge net so opgewonde is soos ek. Shaun beter gou maak, ek wil begin ... soos in nou! Gepraat van die duiwel, hier kom hy uiteindelik aangedrentel!

"Verbeel ek my of sien ek 'n spook daar voor staldeur sit?"

Ek lag vir sy verbaasde gesig. "No ways! Ek is hier in lewende lywe, ek hoop jy het jou koffie in, want ek is op 'n rol. Toe, laat ons begin!" Ek spring van die houtbalk af en begin om die stal se deur oop te stoot. Goeie gymsessie! Hierdie hek is baie swaar! Mens sal jou rug breek! Ek maak natuurlik my naam gat toe Shaun kom en die deur moeiteloos oopstoot met 'n grinnik op sy lieflike gesig. Wie kan tog so goed lyk die tyd van die môre? "Whatever!" sê ek en loop reguit na Fudge se stal.

"Ek neem aan jy wil leer opsaal."

"Jip, wat doen ek eerste, Oh Grote Koning?"

"Kry haar uit die stal en sit die stang in haar mond." Ek maak soos hy sê en druk die stuk metaal versigtig in haar mond in. Fudge werk goed saam en gee geen moeilikheid nie. Dankie tog, want ek dink nie ek sou dit kon hanteer as sy uithaak of iets nie.

"Wat nou?" vra ek toe ek met Fudge aan die toom staan.

"Bind haar buite aan die balk vas." Weereens doen ek soos daar aan my beveel word. So far so good, dink ek by myself.

"Okay?"

Hy knik vir my toe hy langs my kom staan met 'n albino perd met swart sokkies aan. "Hierdie is Beno, hy gaan ons vandag 'n bietjie uithelp met die volgende stap." Hy wys met sy kop dat ek hom moet volg weer terug in die stalle in. Hy gee vir my 'n saal aan, ek tuimel amper vooroor toe hy dit in my arms neersit. Dit is baie swaarder as wat dit lyk. "Kom." Ek volg hom terug na die perde en hy gooi sy saal oor die balk. "Reg, gooi die saal oor. Wag, ek help jou met hierdie een." Dankie tog, want Fudge troon ver bo my kop uit! "Bind die saal styf vas om haar pens met die belt, maak seker hy is styf genoeg. Anders swaai jy om en hang kop onderstebo." Ek vat die belt by hom, maar vries toe my hand effens teen syne skuur. Ons oë sluit vir 'n breukdeel van 'n sekonde op mekaar s'n. Ek weet nie van hom nie, maar ek kan van binne af uitplof!

"Um ... so?" vra ek en trek die belt styf om Fudge se maag.

"Jip, dalk nog net 'n bietjie stywer." Hy sit sy hand om myne en trek dit nog stywer ... die belt natuurlik. Ek kliek die belt in en ek kan nie my glimlag terug hou nie. "Ek saal gou vir Beno op, dan begin ons. Gaan kry jy solank vir ons die ry helmets." Ek trippel terug stal toe en gaan haal vir ons twee pette. Toe ek terug stap wag Shaun op die balk. Hoe op aarde het hy Beno so vinnig opgesaal? Geeeeeez ... dis seker wat oefening aan mens doen of net plain gewoonte.

"Great! Kom ons begin!"

Hy lag en hop vinnig af van waar hy oomblikke gelede gesit het. "Jy weet hoe om op te klim en te ry."

"Ek sal jou nog voor die einde van die twee weke kan wys dat ek nie so pateties is soos wat julle dink stadsjapies is nie!"

"Ja, ja. Dan beter jy begin om jouself aan ons te bewys." Ek hop hierdie keer gemaklik op Fudge se rug, nie soos gister waar Shaun my met my boud moes opstoot nie. Ek vat die teuels in my hande vas en stuur Fudge agter Beno se swaaiende stert aan. Ons loop die arena binne en ek gaan staan langs Shaun. "Okay, ons gaan so paar keer om loop dan begin ons met 'n draffie. Die geheim is om die perd se ritme aan te voel."

"Ritme? Watse ritme? Het jy 'n radio iewers waarvan ek nie weet nie?"

Hy lig sy wenkbrou. "Die perd se hoef-klanke, Ariel. Die hoewe." Duh! My wange vlam op en ek kyk dadelik weg. Mooi Ariel! Net toe jy wou bewys dat jy nie pateties is nie, gaan voeter jy dit met die eerste geleentheid op! "Anyways, kies vir jou een van die bene voor, dan elke keer as daardie been voor is lig jy jouself op. Jy sal voel, dit kom amper natuurlik. Reg?" ek knik net en val agter hom in. Dit gaan rustig en ek kom al goed reg. My pa sal so trots wees op my ... haha nie!

"Ek gaan oorslaan, kyk 'n paar rondtes." Shaun skop Beno in die blad en dié begin om vooruit te draf. Ek sien wat hy nou bedoel met die ritme. Wow, hy is nogal goed met hierdie! Ek sien hoe trek sy bobeen spiere onder sy short saam. Die spiere op sy rug kan ek deur sy blokkies hemp sien. Sy atletiese lyf staan my aan en ek sukkel om my oë van dit af te skeer. "Okay, probeer jy nou." Dis nou of nooit, Ariel! Jy kan dit doen!

Ek skop Fudge liggies en sy begin voorentoe beweeg. Stadig, Ariel begin net stadig. "Ariel! Jy stap nog net, hoor! Gaan oor in 'n trot."

" 'n Wat?" vra ek senuweeagtig sonder om my oë van die grond voor my af te vat.

"Trot, dis 'n draf in perde terme."

"Oh okay." Sê ek, maar beweeg geensins vinniger nie. Ek dink ek is absoluut gemaklik net op hierdie spoed, baie dankie.

"Ariel! Trot! Nou!" skree Shaun agter my. Ek skop Fudge nog 'n keer en sy reageer dadelik daarop en trek weg op 'n 'trot', soos hulle sal sê. Ek hop en stamp my boude 'n paar keer hard teen die saal. "Kies 'n been Ariel! Voel die ritme aan! Lig jou op as jou been voor is!"

"Hoe moet ek my been vorentoe bring?"

"Nie jou been nie, Ariel! Die perd se been wat jy gekies het! Watse been het jy gekies?"

"Die regter een!"

"As Fudge se regterbeen vorentoe trap lig jy jouself op. Jy sal dit aanvoel, jy word amper vorentoe gedruk." Ek maak soos hy sê, maar iets verander vinnig. "Trek die teuels! Trek!" Ek kry Fudge nie onder beheer nie. Sy hardloop al hoe vinniger! "Kry die ritme, Ariel of stop haar, anders gaan jy jou gat sien!" ek kan nie iets aan haar teuels doen nie, want ek klou aan die saal vas. Ek lig my lyf op, maar bots my stuitjie weereens hard. "Ek skree die ritme! Lig op as ek skree!" hy begin vinnig skree. "Op, op, op, op, op, op, gaan aan! Jy het dit! Mooi Ariel! Yes man!" Oh my woord! Ek het dit, ek kan perdry! Nog oefening sal nog goed wees, maar whatever! Ek doen dit!

"Ek kry dit reg!" daar kom 'n cheer vanaf langs die arena en daar staan Lisa, Marno, Micheal en ek dink die res van die plaas se mense ook. Hulle almal het 'n glimlag op hulle gesigte en hulle hande klap teen mekaar. Ek stop voor Shaun wat intussen van Beno afgespring het om my te kom red net voordat ek Fudge onder beheer gekry het. Hy glimlag nie, maar frons ook nie. Sy gesig is onleesbaar en wys geen emosie nie. "En?"

"Ek het sopas tien jaar ouer geword, maar jy doen goed." Is dit regtig al wat ek kry, nadat ek amper my nek gebreek het?! Wat is dit met hom?

"Ariel, jy's 'n natural! City Girl is toe nie so sleg soos wat almal gedink het nie? Ek erken dit self, ek het nie gedink jy sal nooit uit die spieël klim nie, wat nog te sê tot in 'n canter ingaan!"

Ek lag. "Thanks, Micheal. Ek sal dit as 'n kompliment vat." Vanaf agter Micheal sien ek hoe my ouma met haar japon en bootse aangehardloop kom. Hier kom moeilikheid, as jy my vra!

"Wat gaan hier aan?! Wat maak Ariel op Fudge se rug?!" vra sy kwaai. Shaun tree vinnig in.

"Tannie Fienie, ek het Ariel leer ry."

"Rý! Is jy mal?! Sy is 'n stadskind! Sy kan nie hierdie tipe van goed doen nie! Ek wil nie hospitaal toe jaag nie en definitief ook nie sielkundige toe nie!" ek spring van Fudge se rug af.

"Nou weet ek presies wat Ouma van my dink!" skree ek in haar gesig en hardloop terug huis toe. Ek slaan my deur ekstra hard toe, meer as wat dit regtig nodig was. Laat sy net weet dat ek verder gekom het as wat op die dag se agenda was!

* Shaun *

"Hey, dude! Kom terug aarde toe!"

"Jammer." Antwoord ek kortaf en gaan aan om die perde se voer vir hulle uit te deel. "Hierso Fudgy." Ek gooi Fudge se kos in haar bak en sy begin gretig daaraan herkou. Ek kan nog steeds nie glo Ariel kon Fudge tot in 'n canter vat nie! Die plan was om dit môre met haar te doen, maar dit gaan nie meer gebeur nie. Tannie Fienie het my van 'n kant af uitgetrap. "Jy's onverantwoordelik en sy is te veel van 'n risiko met hierdie klas van dinge, Shaun! En dit behoort jy te weet!"

"Ja, Tannie, maar ons het al gister begin. Ek het gedog sy sal Tannie daarvan vertel." Het ek myself vinnig probeer verdedig, maar dit was tog op die ou einde die waarheid.

"Jy het duidelik nog nie agter gekom dat ons verhouding tot hede op die rotse is nie. Ons kom nie in mekaar se geselskap nie en as ons doen eindig dit op soos nou. Sy het net daar omgedraai en tien teen een gaan koek bak om haar gedagtes af te lei.

"Dude! Daar doen jy dit weer!" ek skrik weereens uit my gedagtes en kyk na Marno wat met 'n geirriteerde uitdrukking na my kyk. "Wat gaan daar bo aan, Shaun? Seker nie familie nie, vriende? O, ek sien, 'n meisie. 'n Spesiale meisie. Haar naam is nie dalk Ariel nie, is dit?" ek slaan hom met my hand se bokand teen sy ribbes en hy snak na asem. "Is ek reg, of is ek reg?"

"Wat maak dit saak, Marno!"

"Jy val oor hierdie girl se voete, ou! Weet jy dit? Jy like haar."

"Ek weet nie waarvan jy praat nie!"

"Moet jou nie dom hou nie, Shaun. Ek kan dit op jou gesig lees en jy dagdroom heeldag. Dis nie normal nie. Dis nie jý nie, Shaun!"

"Whatever. Kom ons het nog baie om te doen voor Woensdag."

"Dis presies wat ek vir jou gesê het! Jy was net te besig met jou eie gedagtes om dit agter te kom."

Die meisie met die twee vlegsels plak aan my gedagtes vas. My gedagtes breek die eerste keer vandag toe my foon in my gatsak lui. "Shaun, hier?" vra ek gesteurd van my eie gedagtes.

"Sannie!"

"Sammie." Dit is my suster Samantha. Sy is ses en die hele wêreld vir my.

"Hoe gaan dit, Sannie?" sy noem my Sannie vir een of ander rede. Ek het geen idee hoekom nie, maar gee ook nie regtig om nie. Ek dink dis cute en pas in sommige gevalle seker by my. Ek speel gereeld saam met haar pop as ek daar langs gaan, dan is my pop se naam gewoonlik Sannie ... dis seker waarvandaan dit kom. Oh well.

"Goed dankie, Sammie. En daar by jou?"

"Mamma het vanmiddag my naels pienk geverf! As jy weer kom kuier gaan ek joune ook verf."

Ek lag vir my opgewonde sussie wat aan die ander kant van die lyn hang. "Gaan ek nie in 'n dogtertjie verander nie?" sy begin giggel.

"Néé, Sannie is mos klaar 'n dogtertjie."

"O ja, nou onthou ek weer."

"Shaun?"

"Jip?"

"Ek het op Mamma se Facebook gesien op Tannie Fienie se plaas is daar 'n meisie met twee vlegsels op Fudge. Wie is dit?"

"Dis Tannie Fienie se kleindogter."

"Oh, sy is nogals mooi."

"Ja ... ja, sy is."

"Sy lyk amper soos Anna van Frozen met haar twee vlegseltjies."

Sy kyk heeltemal te veel flieks, nevermind flieks, Frozen! Ek ken al die hele fliek uit my kop uit! "Ja, sy doen nogal né?"

"Is sy oulik, Sannie?"

"Ja, Sammie. Sy is."

"Hou jy van haar?"

"Ja, Sammie. Sy is dan mos oulik."

"Dis nie wat ek bedoel nie! Jy weet wat ek bedoel, boetiekie!" Urg, as my sesjarige sussie eers begin soos my ma praat, wil ek bars! Ek het nie vandag nog krag vir haar ook nie.

"Ek moet gaan, Sammie. Sien jou die naweek."

"This is not the end!" spreek sy in 'n lae stemtoon en druk die foon in my ore dood. Ek skud my kop en val op my bed neer en probeer die vraag wat my suster my gevra het te ontleed. Hou ek van Ariel? Hou ek van haar meer as wat sy net oulik is? Ek weet nie wat gaan aan met my nie!

* Ariel *

"Ariel! Keer regs!" Marno se stem laat my wip en my kompas draai. Ek hardloop om die skape voor te keer en jaag hulle is die kraal in. Ons kry net-net hulle almal in en stoot die hek agter die klomp wolbolle toe. Ons kontroleer die vee vir die laaste keer voor môre se veiling. Dis nog net die skape en twee van die perde wat gedoen moet word, dan is ons reg vir aksie.

Ek en my ouma ignoreer mekaar en Shaun kyk nie eers een keer in my rigting nie. Nie dat ek my daaraan steur nie. Ek's in elk geval te besig om my as 'n nie-patetiese-stadsmeisiekind te bewys.

"Micheal?! Wat maak jy?!" Shaun se stem bulder deur ons almal en ons koppe ruk na waar hy 'n skaap aan die been beet het.

"Um, ek kyk na skaap 93. Sy's kruppel." Dis nie asof Micheal iets verkeerd gedoen het nie. Shaun soek net iemand as 'n bokssak. Ek dog ek gaan 'n aar in my kop bars!

"Wat de hell, Shaun?! Hy is nie jou frustrasiesak nie! Hy is onskuldig en jy is net plein onnosel!" dis uit voordat ek twee keer mooi daaroor kon dink.

"As ek so onnosel is, hoekom is jy dan hier?"

"Ek is nie hier vir jou plesier nie, Shaun!"

"Vir wat is jy dan hier? Moet jy in elk geval nie by die skool of iets wees nie?" ek voel hoe die water vlak in my oë kom sit.

"Ek is geskors! Ek is geskors vir iets wat ek nooit eers aan sal dink nie! Drugs! Hulle het flippen drugs in my locker gekry! Ek weet nie wie s'n dit is nie, of hoe dit daar gekom het nie, maar dit was daar en nou is ek hier! Dink jy ek wil hier wees?! Dink jy ek wil twee weke lank in my ouma se oë vas kyk? Nee! Ek wil nie, ek wil nie in haar geselskap wees nie, nie onder haar dak bly nie en definitief ook nie met haar werkers uithang as hulle my nie hier wil hê nie!" toe ek sien almal is sonder woorde gelaat, draai ek om en vaar die huis binne.

"Ariel? Kan ons gesels asseblief?"

Ek loop verby my ouma, my gesig brand en ek kan my bloed in my are hoor bruis. "Liewer nie nou nie." Kamer hier kom ek!


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans