5. Pocahontas aan die wilde kant

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Middagete, skip. Snacks, skip. Aandete ... um skip. My adrenalien was veels te hoog en as ek iets in my liggaam sou kry sou dit direk vir die kieme in die drein gegaan het. Wel, ek kan nie meer wegkruip nie. Vandag is die veiling en ek het belowe om te gaan help. Ek loop in die gang af en 'n paar trappies op na die kombuis. My ouma draai van die stoof af om na my te kyk. 'n Glimlag sprei dadelik oor haar gesig ... dis weird.

"Môre, Ariel. Jy was heeldag in die kamer, ek bekommer my dood." Ek is nie meer lus om te baklei nie, al is hierdie nie die tyd om te begin omgee nie.

"Ek's okay, dankie. Ek's jammer oor gister, Ouma. Ek moes Ouma eers gevra het of tenminste net vertel het wat ons gaan aanvang. Ek wou ook nie so op ouma afgegaan het nie. Ek's opreg jammer. Ouma het dit nie verdien nie."

"Dis okay, my skat. Ek het ook oorreageer. Kom ons vergeet net daarvan. Jy het goed gevorder daar op Fudgy se rug, as ek nou self so moet sê. Het daar iets gister gebeur wat jou dalk ontstel het?"

"Niks ernstig nie, nee." Sy draai terug na die stoof en ek sak by die tafel neer. "Ouma?"

"Ja, skat?"

"Ek is jammer oor alles wat ek vir Ouma gesê en aan gedoen het. Nie net oor gister nie, maar ons ons hele geskiedenis en als. Ek was onredelik en ek klou vas aan die verlede wat verby is. Ek het gisteraand daaroor gedink en besluit ek gaan die ou varke op hok los en hulle op die veiling verkoop. Ontslae van hulle raak vir altyd!"

"Dit klink na 'n uitstekende plan, my kind. Wat van ek en jy verkoop ons boek ook op die veiling en begin 'n nuwe een?" ek lag en staan op om in my ouma se omhelsing te krul.

"Asseblief." Ons omhelsing word onderbreek deur 'n klop aan die deur. My ouma gaan maak dit oop en ek gaan sit weer in my stoel. My glimlag kan nie groter nie ... totdat ek dit hoor ...

* Shawn *

"Môre, Tannie."

"Môre, Shaun. Kom gerus binne. Goeie nagrus gehad en reg vir 'n besige dag?"

"Nie so goed geslaap nie, maar op en wakker. Veilings is een van die redes hoekom ek hier werk." Ek sien hoe die tannie haar kop skud en die deur agter haar toe trek. Diesel, haar hond, skuur hom teen my soos 'n kat en ek vryf sy ore. "Hello, Diesel."

Ek stap die kombuis binne en stop in my spore. Aan die tafel sit Ariel, kiertsregop. Ek het haar nie hier verwag nie. Hoe, vra jy? So casual, dit lyk nie of sy iemand wil bliksem nie en ook nie of sy haar ouma wil bitchslap nie. Om eerlik te wees, die rede hoekom ek 'n onrustige nagrus gehad is omdat hierdie meisiekind heel aand by my gespook het.

"Haai." groet sy nog so ewe toe ek oorkant haar aan die tafel gaan sit.

"Goeiemôre."

"En as julle so stroef is met mekaar?" nie een van ons antwoord Tannie Fienie se vraag nie. Ariel kyk net af na haar hande wat in mekaar gevleg is en ek ... staar na haar. Sy het nie soos gister twee Frozen vlegsels nie, maar 'n bokstert agter haar kop. Haar grimerig word by die dag minder, net ligte mascara laat haar blou oë meer uitstaan. As ek my nie verbeel nie is daar 'n sprankeling in daardie seeblou oë..

"Goed dan, as julle my verder gaan igroneer, bring julle borde en kom skep. Maak julle magies vol, want daar gaan baie energie benodig word vir die dag." Ons skep en eet in stilte. "So, Shaunie. Wanneer gaan jy weer vir Ariel vat om te ry?" onderbreek Tannie Fienie die ongemaklike stilte.

"Sy het my nie meer nodig nie, Tannie. Sy kan beheer, trot én canter. Sy kan net vir Fudge opsaal en waai! Oh ja, sy kan natuurlik opsaal ook."

"Ek sal graag wil sien hoe jy ry, Arieltjie. Jy gaan eers my toestemming moet kry voordat ek jou uit die arena sal toelaat."

"Ja, Ouma." Sy kyk vir 'n splitsekonde na my en kyk weer na haar ontbyt voor haar.

* Ariel *

Ek, Marno, Lisa en Shaun staan agter op die bakkie. Ons hare waai wild in die wind en ek moet vasklou om nie oor die reling te hop nie. My ouma sit agter die stuur en ek sien hoe Micheal, wat langs haar sit, aan die handvatsel bo die deur klou. Trokke jaag in die teenoorgestelde rigting verby ons en hoot vir ons as ons vir hulle waai.

"Engeltjie!" skree Marno vir die ou in die groen trok. "Boooo! Duiweltjie!" die ou in die rooi trok slaan hom 'n ignory en skud net sy kop vies vir ons. Ek begin dadelik lag en gaan staan langs hom aan die ander kant van die bak.

"Evil!" skree ek vir die geel trok. Die rooi ene waai terug. "Yay! Engeltjie!" ons doen dit met al die trokke tot by die veiling.

Shaun is nog steeds besig met die speletjie toe ons by die park inry. Hy waai vir twee meisies wat langs die pad staan en die brunnet gooi vir hom haar middelvinger. "Is hier drake in hierdie game, want ek dink ek het nou net een gekry?!" Ons lag en hop af toe my ouma onder 'n koelte boom stop.

Die veiling is 'n miernes en dit vrot na beesmis. Daar is honderde skape, beeste, hoenders, bokke en perde net waar jy kyk. Jeez! Kyk die varke! Hulle is groter as ... as ... ek weet nie, maar hulle kom tot by my naeltjie en ek is nie kort nie! "Ariel! Kom voor jy verdwaal en maak asseblief jou mond toe! Hier is baie vlieë!" Ek kom agter my mond hang oop en draai om in die rigting waar Shaun vir my staan en wag.

"Wat doen ons eerste?"

"Wel, ons gaan die skape afmeet. Jou ouma het gesê jy moet die hele tyd by my bly, as jy nie omgee nie." Dankie Ouma ... let wel dit was sarkasme in my stem daardie!

"Hang af of jy haar gevra het of sy dit gevra het."

"Okay, so ons gaan die skape inlaat, tot hulle so by twee honderd-en-vyftig kilogram weeg. Dan gaan ons die hekke oopskuif sodat hulle tot in hulle hokke hardloop. So, hier's die clipbord. Teken aan as ek sê jy moet, ek sal ook verduidelik wat om te skryf." Ek lig my wenkbrou. Nie omdat hy my vraag geïgroneer het nie, maar omdat ek die skoon werk kry.

"Hoekom kry ek alweer die maklike stuff?"

"Want dit vat skills om te doen wat ons doen en stadsmense is beter in papierwerk."

"Jy diskrimineer alweer teen ons, Shaun! Onthou net wie jou gat geskop het in perdry, cowboy!"

"Whatever." Hy prop die papiere in my hande en hou 'n pen na my toe uit. "Mooi skryf, hierso is nie tippex soos in die stad nie." Hy knipoog vir my en draai na die ander ouens met hulle overalls aan. Urg, cowboys! Wat is dit met hulle? Of moet ek eerder sê hóm?

Dit is alles maklik en ek kry alles goed reg. Die skape kom bondel vir bondel in en ek teken aan soos wat daar vir my gesê word. My bene is al moeg gestaan en ek klim op die staal reling en skuif totdat my boude gemaklik is. Toe ek opkyk vang ek Shaun se oog. Ek kan nie sy gesig lees nie en dit maak my senuweeagtig. 'n Gróót oom tik aan sy skouer en hy draai van my af weg. Ek sug van verligting, hy maak my senuweeagtig as hy so na my staan en kyk, want ek het geen idee wat in sy kop aangaan nie. Dis nogals frustrerend. Ek sien hoe hy met sy hande in my rigting beduie en die oom kyk op en loop in my rigting.

"Môre, jong dame. Ek sien jy is baie pligsgetroud hier by ons. Dawie." Hy haal sy hoed af met sy linkerhand en steek sy regter een na my toe uit.

"Ariel, Oom. Aangename kennis." Dis nie die waarheid nie, hy maak my net bang. Ou ooms maak my almal bang oor die algemeen!

"Juffroutjie, Shaun sê vir my jy hou rekords hierso?"

"Dis reg, ja."

"Kan ek gou kontrole neem, asseblief?" ek knik en handig vir hom die papiere. Hy werk deur die getalle en hou steeds aan om te praat. "Wat bring jou hiernatoe? 'n Jong dame hier tussen die diere sal die perde op hol jaag!" ek weet verseker hy verwys nie na perde wat hier verkoop word nie! Eww!

"Ek het vir my ouma kom kuier, Oom." Ek los die deel ook uit van die skool, natuurlik.

"En wie is jou Ouma?"

"Ouma Fienie. Fienie Bosch."

"Nooit!" hy is so verbaas. "Ek het die grootste respek vir daardie dame!" Eww! Dis groas verby. As ek nou 'n hond was het ek wragtig vir hom begin grom.

"Ja, Oom."

"Die papiere lyk in orde. Sien in die rondte, Arielda." Hy loop net daar weg. Ek weet nie van julle nie, maar dat hy my volle naam ken is net freaky!

Shaun kom laggend voor my staan. "Wat?!"

"Wat het hy jou nou-net genoem?"

"Arielda, dis my volle naam." Ek kyk skaam af. Ek haat my naam! Wie noem hulle kind dit?! Obviously mý ma!

"Het jy net een naam of is daar nog?"

Ek sug. "Dis Arielda Angelina Bosch-Klaarsen."

"Goeie dinges! Dis 'n handvol daardie!"

"Jip."

"Ek hou daarvan!" my kop ruk op.

"Jy's mal! Dis pateties!"

"Nee, dit is nie. Ek dink dis nogal cute."

"Voetsek, Shaun! Hulle kon my iets anders genoem het. Of self vernoem het na 'n indiaan wat berge uitklim en spiese maak, maar néé."

Hy lag weer. "Ek stem saam met daardie een! Pocahontas pas by jou." Ek klap hom speels teen sy bo-arm.

"Moet my nie vergelyk met Disney Prinsesse nie! Ek haat al daardie klomp snert! Ever After's suck en happy endings ook! My naam is al klaar erg genoeg op sy eie!"

* Shawn *

Die res van die veiling is lekker. Ek en Ariel dwaal net rond en spring dadelik in as ons moet. Ons maak grappies en is gemaklik in mekaar se geselskap. Ek verstaan nie hoekom sy nie van Fairytales hou nie, maar ja, ek sal dit nog eendag uitvind. Ons sit op die rand van die beeskraal elkeen met 'n reuse boereworsrol in 'n hand.

"Ek weet nie hoe kan hierdie ou so vinnig praat nie!" Ariel is reg! Hierdie ouens wat die veiling prysgetalle uitskree praat vrek vinnig, alles natuurlik in een asem. Dis ongelooflik!

"Ja nee!"

"Een-badda-badda-badda-ses. Een-badda-badda-badda-sewe. Sewe? Laaste kans. Sewe? En hierdie lopie gaan aan diemeneermetdiecowboyhoedensnor!" blêr die ou verder en skud die meneer met die snor se hand. Ek en Ariel kyk vir mekaar en bars uit van die lag totdat iemand agter ons keel skoonmaak.

Ons kyk om en agter ons staan 'n ou min of meer my en Ariel se ouderdom. "Ariel." Sê hy met 'n knik. Ek kan die skok in Ariel se oë sien en ek kan ook sien hoe sy 'n paar keer hard sluk. Hy laat haar ongemaklik voel kom ek dadelik agter. Wie is hierdie ou?

"Naas." Sy sluk weer. Ek het 'n gevoel dat ek nie van hierdie seun gaan hou nie.

Hy steek sy hand na my toe uit. "Haai, ek's Naas."

"Shaun, aangenaam." Ek skud sy hand en kners op my tande.

"Hoe gaan dit, Ariel? Lank laas gesien. Ek het die laaste paar weke al 'n hele paar keer aan jou gedink, maar nadat dié gebeur het het ek jou nommer misplaas." Ariel sê niks nie en staar net na hom. Jip, ek hou nie van hom nie! "Moet jy nie in die skool wees nie?"

"Gaan vlieg, Naas! Ek wil jou nooit weer sien nie! Kry jy dit nie in jou freaken dom kop nie!" Sy spring af en draf vinnig weg. As ek my nie verbeel nie het ek trane in haar oë gesien voordat sy hier weg is nie.

"Wow, vroumense. Was dit nou nie vir jou awkward nie?" hy grinnik.

"Wat het jy gedoen?" ek bal my vuiste en kyk stip na hom.

"Ons het drie jaar terug vir 'n jaar en 'n half uitgegaan. Ons was baie close. Alles was fine totdat haar vriend haar begin seermaak het en toe het ek vir haar gesê sy moet versigtig wees. Sy het op my afgevlieg en my gelos. Haar vriend het haar toe begin boelie, sy was gebreuk en het almal begin aftakel. Een dag het sy op my afgestorm en my 'n blou oog en bloed neus gegee ... amper gebreek! Sy was hoog, baie hoog. Sy het drugs begin gebruik en het nooit opgehou nie. Gelukkig was ek matriek, dit was vernederend." So sy het drugs gebruik! Om vir my te staan en vertel dat sy nog nie een keer eens daaraan gedink het nie, maar sy hét en dit nog baie ook! Nee wat, ek is nie kwaad nie. Ek's woedend! Histeries! Hoe kon sy vir my lieg, na alles wat ek vir haar gedoen het?! En om te dink ek het eintlik vir haar geval!

"O." is al wat ek kan uitkry. My keel is toegeswel van woede.

"Wat is jy van haar? As jul uitgaan, drop dit so vinnig as wat jy kan! Trust me, dude."

"Wat?! Nee, ek werk vir haar ouma. Babysit jy weet."

"Ja, sy het dit nodig! Daai kind hak vinnig uit. Jy moet haar maar gaan opcheck, sy sit seker nou iewers en haar polse sny." Met dit draai hy om en loop weg. Flippit!


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans