6. Brave sonder rooi hare

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng

* Ariel *

Ek haat hom met alles binne-in my! Wie gee hom die reg om net in te pop en my onkant te takel? Gedagtes uit die verlede kom weer by my op.

** Terugflits **

Dit was 'n dag van een van my en Naas se vriendinne, Wilmien se verjaarsdag. Ons het na haar huis toe gegaan en daar was hordes mense reg oor die hele grasperk en tot binne-in die huis saamgepak. Daar was maklik twee honderd mense by daardie partytjie. Wilmien se ouers is baie ryk en sy is een van daardie wilde meisies.

"Haai! Julle het gekom!" het sy uitgeroep toe sy ons gesien aankom het, ons was hand aan hand.

"Hey, Miens. Happy birthday!" ek het haar 'n druk gegee en dadelik alkohol aan haar geruik. Ek het 'n slegte gevoel in my maag gekry. Ek weet ek het 'n liggiese allergie vir alkohol, maar behalwe dit sal ek nie sommer drink nie. Dalk hier en daar, maar dit sal ek slegs doen as ek by my pa is, wat in elk geval nooit gebeur nie. By my ma sal ek dit nie eens waag nie, sy sal heeltemal uitfreak.

Anyways. So het die aand verby gegaan en ek het gesien hoe Naas al hoe meer drankies drink. Dit was ongeveer elf uur toe hy vir my 'n glas uithou. "Hierso, drink."

"Wat is dit?"

"Een of ander aanmaak koeldrank, toe drink." Ek het 'n klein slukkie gevat en dit het soos rooikoeldrank geproe. Ek was toe al die tyd verkeerd. Ek het niks van drank af geweet nie en het nie die smaak herken nie. Hy het nog so paar keer aangedra en ek het op 'n stadium telling verloor. Die musiek het al hoe harder geword en Naas se hande het meer en meer oor my lyf beweeg.

Ek het hom probeer keer, maar hy het my by die kamer ingesleep en my op die bed geplaas. Sy hande het oor my gegly en sy asem het in my nek geblaas. Hy het my vasgedruk, ek kon nie weg beweeg nie. Dit het seer gemaak, maar hy het my geignoreer.

As dit nie vir my vriend, Nicko was wat Naas van my afgegryp en gebliksem het nie, sou ek dalk vandag met groter problem gesit het.

Na daardie aand het ek almal verloor. Al my vriende en ook my selfvertoue.

** Einde van Terugflits **

Die klop aan die badkamerdeur bring my terug aarde toe. Ek snuif en vee met my mou my wange af. "Ek's nou klaar." Sê ek vinnig.

"Ariel? Dankie tog, jy's hier. Kom uit." Ek verstyf toe ek Shaun se stem hoor.

"Dis 'n dames badkamer, Shaun. Gaan uit!"

"Nie voordat jy uitkom nie, kom nou!" Ek skuif die deur oop en Shaun se gesig is nie meer die vriendelike een van vroeër vandag nie. "Is jy okay?"

"Kan jy nou uitgaan?"

"Kom, jy het 'n paar goed om te verduidelik."

Ons loop saam by die badkamer uit en gaan na waar niemand ons kan hoor nie. Ons gaan sit op die gras en Shaun kyk na my, wag dat ek moet begin praat.

Ek sug. "Nou wat wil jy weet?"

"Hoekom?"

"Hoekom wat?"

"Hoekom het jy vir my gejok?"

"Wanneer het ek vir jou gejok?!"

"Jy het drugs gedoen en jy sê vir my jy sal nie eens daaraan dink nie! Wat gaan aan met-"

"Wat?!" ek kan nie ore glo nie! Waar kom hy daaraan? Naas! "Ek hét nog nooit dwelms gebruik nie, Shaun. Waar kom jy aan hierdie snert?!"

"Naas het ge-"

"Wat het Naas gesê? Dat ek drugs gedoen het?"

"Wel, ja ..."

"En jy glo hom?"

"Ek het net gedink dat-"

"Ek kan dit nie glo nie! Kan ek vir jou sê wat het gebeur voordat jy my vir alles blameer??" Ek vertel hom van Naas se hande op my lyf en die drank. "Dit was die laaste keer wat ek alkohol op lippe gehad het. Nooit weer nie. Ek sal ook nooit weer nie." Ek staan net daar op en loop weg van Shaun met sy emosielose uitdrukking op sy gesig.

Dis dag ses. Oor 'n week gaan ek terug huis toe en kyk die skades, wat ek nie gemaak het nie, in die gesig. Dis ek alleen teen die wêreld daar buite.

"Môre, Ouma." Ek pik my ouma se wang en gaan sit aan die kombuistafel. Sy is weer agter die stoof besig om een of ander gereg aanmekaar te slaan.

"Môre, kind. Lekker geslaap?"

"Ja wat."

"Is jy seker? Jy was gister baie stil na die veiling. Het jy en Shaun weer vasgesit?"

"Nie heeltemal so iets nie."

"So dit het met hom uit te waai?"

"Ouma!"

"Wat? Ek vra net."

"Ek het 'n ou vriend raakgeloop, dis al. Ou herinneringe wat terug gekom het."

"Goeies?"

"Alles behalwe. Ek wil nie daaroor praat nie asseblief."

"Goed dan, maar wat het Shaun hiermee uit te waai."

"Ek het soortvan gebreek en toe het die vriend vir Shaun goed van my vertel wat nie die waarheid is nie en hy het hom geglo en my aangevat daaroor, toe het ek hom reg gehelp en nou is dit net ... weird. Ag, ek weet nie meer nie."

"Ai, my kind." Lisa kom op daardie oomblik ingestorm.

"Môre, Tannie. Ariel, kom jy saam? Ons gaan quads ry."

"Wag so bietjie daarso, Lisa kind. Mens groet eerstens ordentlik en vra toestemming om my kleinkind weg te steel."

"Dagsê Tannie Fienie. Hoe gaan dit vanmôre? Nou, kan ek asseblief vandag vir Ariel steel?" My ouma skud haar kop en lag.

"Ja toe, vat die kind. Sy moet hierdie wêreld leer ken nog voordat sy terug gaan." Lisa trek my uit my stoel uit en sleep my by die deur uit.

"Jy sal nie glo wat gisteraand met my gebeur het nie!" fluister sy toe ons buite enige iemand se hoor afstand is.

"Wat?"

"Ek het in die stalle gegly en toe vang hy my, sommer net so uit die bloute!"

"Wie?"

"My broer."

"O." dis nie die antwoord wat ek verwag het nie!

"Nee man, Ariel! Genade, wie dink jy? My vriend, Zayn. Hy is my beste vriend en ek mag dalk 'n huge crush op hom hê."

"Oh, hoe romanties tog nie!" sê ek heel sarkasties. Daar bestaan nie iets soos ware liefde nie, as dit is wat sy dink.

"Sies vir jou! Hierdie is my kans!"

"Vir wat?"

"My kans vir my eie sprokie, my prinsesverhaal."

"Ag asseblief! Dis 'n klomp snert daai! Daar bestaan nie so iets soos happy endings nie!"

"Ariel, dis net omdat jy nog nie verlief was nie!"

"Dit het niks met die saak uit te waai nie. Daar bestaan nie so iets nie."

"Kan jy nie net tenminste 'n bietjie bly wees vir my nie? Ons het reg deur die aand gekuier. Dit was awesome. Ons gaan vanaand uit."

"Wat gaan julle doen?"

"Hy vat my na die boere club toe. Ek weet nie wat ek gaan dra nie, jy moet my help. Asseblief, Ariel?"

"Yay! 'n Make-over! Ek het so lank gewag vir hierdie oomblik!"

"Dankie dankie dankie! Jy's die beste!"

"Op een voorwaarde."

"Agge nee. Ek het so gehoop jy sal dit vir my verniet doen, omdat ons buddies is. Hoeveel soek jy?" Ek lag toe sy 'n paar note uit haar broeksak uithaal.

"Néé, Lisa! Ek wil net die ou onmoet! Ek's nou baie nuuskierg."

"O." ons lag en klim elkeen op 'n vierwiel motorfiets wat onder die afdak staan. "Sure, hoekom nie. Moet net nie daaraan dink om hom weg te steel nie!"

"Wat?! Dink jy so sleg van my?"

"Ek sê net! Ek sien in elk geval iemand anders se oë op jou."

"Wat ookal! Jy weet nie waarvan jy praat nie."

"Miskien, maar ek weet wat ek sien! Stel jy nie belang om te weet wie dit is nie?"

"Um, nee ... wel, urg!" ons ry by die hek uit en draai by 'n bergpas op.

"Shaun! Shaun Oceans!"

Ek kan nie help om verbaas te wees nie. Daar is nie 'n manier nie, ons baklei vier-en-twintig uur per dag! "Whatever, jy het jou feite verkeerd, vriendin!"

"Nope, ek sien hoe kyk hy vir jou en jou blikke na hom skitter nie verniet nie!"

"Néé! Dis nie waar nie!" ek voel hoe my wange begin gloei en hoop maar die wind sal my vinnig laat afkoel, voordat Lisa dit kan agterkom.

"As jy so sê!"

"Ja, dit is wat ek sê!" ons lag en jaag in die veld rond.

Nege uur is daar 'n klop aan my deur. "Kom in."

"Um, Ariel?" ek spring dadelik van die bed af op en gryp my kamerjas en bind dit styf om my lyf.

"Shaun? Kan ek help?"

"Jammer, um ... ons gaan jakkelse jag. Ek en die ouens het gewonder of jy saam wil kom?"

"Om te jag? Ek het nog nooit geskiet nie?"

"Ek sal jou wys hoe. Ons kry vir jou 'n wilde haas of iets makliks wat jy kan skiet."

"Regtig?"

"Jip, trek baie warm aan en tekkies of boots. Dis koud agter op die bakkie. Ons ry oor tien minute."

"Okay." Hy loop uit en maak die deur saggies agter hom toe. Ek trek vinnig aan en draai 'n serp om my nek en handskoene aan my vingers. Daarna loop ek na waar die drie seuns en my ouma in die sitkamer sit met 'n ander oom langs haar.

"Henk, hierdie is my kleindogter, Ariel. Ariel, hierdie is Lisa se pa."

"Aangenaam om Oom te ontmoet. Lisa vertel my baie van oom."

"Ek hoop dis alles goeie goed."

Ek lag. "Natuurlik."

"Nou goed dan, is julle kinders reg? Goed, laat ons dan weg wees. Moet nie bekommerd wees nie, Fiens. Ek bring Ariel veilig nou-nou terug."

"Geniet dit." My ouma waai vir ons toe ons agterop die bakkie staan, reg vir aksie.

Die seuns skiet elkeen 'n jakkels wat oomblikke gelede nog in die veld rond gehardloop het. Ons het vir Oom Henk, Micheal en Marno saam met die gediertes by die huis af gelaai en nou is ek en Shaun op pad om 'n haas of 'n ding vir my te gaan soek. Ons ry in stilte en kom uiteindelik op 'n paar wilde springhase af.

"Okay, klim agter op die bak. Dis die maklikste om die geweer op die dak te stut." Ek maak die deur oop, maar my arm word vasgegryp. "Wag ... eh ... ek's jammer oor gister."

"Dis okay, dit was net ... te veel vir my op een slag." Dis stil vir 'n lang ruk en ons koppe beweeg nader aan mekaar, dis asof ons gehipnotiseer is in mekaar se oë. Ek het geen idee wat om nou te doen nie ... ek vertrou nog nie mansmense nie! Ek wip vinnig uit die bakkie uit en toe hy my nie volg nie, klop ek aan die klein venstertjie tussen die bak en die motor self. "Kom jy?" binne sekondes is hy by my en tel die geweer op. "Okay, hou so vas." Hy druk die kolf van die geweer in my skouer vas en vat my hande in syne vas. Daar skok elektriese konneksies deur my liggaam en ek kyk op in sy twee skitterende oë. Ons staan vir 'n paar oomblike so, totdat ek vinnig wegkyk. Wat gaan vanaand hier aan? Ek moet net eenvoudig sy oë probeer vermy.

"Soos die?" vra ek vinnig en fokus op die hase wat voor my in die veld sit.

"Ja, kyk nou deur die teleskoop. Daar is 'n kruisie, sien jy dit?"

"Jip."

"Okay, jou teiken moet presies in die middel van die kruisie wees. As jy jou teiken in posisie het, hou die geweer so stil as moontlik. Dan trek jy liggies die sneller, moet nie skrik as hy 'n skop en harde geluid maak nie." Okay, dis nou of nooit nie! Wow, ek het dit al 'n paar keer in hierdie 'vakansie' gesê.

Ek maak soos hy sê en die skoot klap hard in my ore. Ek laat val die geweer uit my hande, maar Shaun vang dit net betyds. Ek is op my hurke met my hande teen my ore en my oë styf toe. Nie een van ons het gesien wat met die hase gebeur het nie.

"Hey, Ariel? Is jy okay?" ek kyk stadig op en laat 'n sug van verligting oor my lippe en knik stadig vir hom, sonder om in sy oë te kyk. "Kom ons stap nader en kyk wat het jy gemaak." Ons hop van die bakkie af en stap nader van waar die hase oomblikke gelede nog gestaan het. Daar is niks nie, nie eens 'n druppel bloed nie. Shaun begin ewe skielik langs my lag.

"Gee jy om te deel wat so snaaks is?"

"Jy moes jou reaksie gesien het toe jy daai sneller trek! Ons het nie eens gesien waarheen die skoot trek nie!"

"Hey! Dis nie snaaks nie! Dit was my eerste keer!"

"Ja, kom ons kyk of ons nog iets vir jou kan kry."

Ons ry verder met die grondpad af. 'n Halfuur later stop Shaun langs 'n klein steenbokkie wat besig is om van die plante te eet. "Hier's jou tweede kans."

"Wat?! Ek gaan nie 'n onskuldige bokkie skiet nie! Hy's te cute en hy doen niks nie!"

"Ja Ariel, cute en onskuldig is besig om ons beet op te eet."

"Maar-"

"Maar niks. Toe kom, wil jy nie iets hê om mee te spog of nie?" ons klim weer op die bak en herhaal al die prosedures van vroeër. "Ontspan net, dis net 'n ligte skokkie. Fokus op die teiken." Toe ek die bokkie deur die teleskoop sien, trek ek die sneller. Die geweer skop in my skouer en ek is net betyds om te sien hoe die bokkie oor sy eie voete val.

"Ariel! Hy's raak! Jy het hom! Yes man!" Shaun tel my in sy arms op en swaai my in die rondte. Ons altwee lag. Toe ons agterkom wat ons besig is om te doen, sit hy my vinnig neer en vee deur sy hare. "Um, kom ons gaan haal hom."

"Gaan haal hom? Wat gaan ons met hom maak?"

"Wel, dis jou eerste bok. So, jy sal sy lewer moet eet en dan kan ons hom stop as jy wil en in jou kamer ophang."

"My ma sal flip as ek met 'n bok by die huis aankom ... kom ons doen dit, maar die lewer ding doen ek nie!"

"Nou te laat."

"Hoekom het jy niks vooraf gesê van hierdie tradisies nie?"

"Die plan was om vanaand 'n haas te skiet en toe verras jy my met 'n bok."

"Sies vir jou!"

"Jy weet, jy is baie braaf om dit te doen. Baie meisies kry dit nie sommer die eerste keer reg nie."

"Jip, ek's spesiaal."

"Dalk is jy Merida van Brave, jy weet van die Disney fliek, net sonder 'n rooi bos hare."

"Whatever, moet my nie met prinsesse vergelyk nie, Shaun."

"O, ja. Ek het vergeet."


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans