7. Snow White die diere freak

Màu nền
Font chữ
Font size
Chiều cao dòng


* Ariel *

Die volgende dag nege uur is ek en Lisa die berge in met die perde. Dis my eerste keer buite die arena se heining. Fudge werk gelukkig mooi saam en luister gehoorsaam as ek met haar praat. Dit is al klaar vuurwarm buite en dis nou eers nege-uur. Vandag gaan ons nog dooi van die hitte as ek die weer so bekyk.

"Ek dink ons moet deur kamp vier en dan oor die suiderlike kop ry."

"Okay."

"Wil jy hierdie plat stuk uitdraf?"

"Sure." Voor ek weer my oë kon knip is Lisa vooruit. Ek skop in Fudge se blad, maar sy beweeg nie. "Kom nou, Fudgy. Kyk, Pixi en Lisa is al vooruit. Kom, ons gaan nou hardloop."

"Hey! Kom julle?" Lisa is al aan die punt van waar die koppie begin en ek sukkel nog steeds om vir Fudge aan die gang te kry. Ek skop nog 'n bietjie harder in haar blad, maar die keer gaan staan sy net daar in haar spore. Sy beweeg nie 'n tree verder nie. Ek gaan soos 'n mal ding tekere soos ek haar aan die gang probeer kry, maar sy vee net haar gat aan my af. Wat is dit met haar vandag? Kan sy miskien ruik dat ek 'n onskuldige bokkie gisteraand geskiet het? Oh genade, ek hoop nie so nie.

"Slaan haar boud!" roep Lisa van ver af. Ek kan die lag in haar stem duidelik hoor. Ek maak soos sy voorgestel het. Fudge gee ewe skielik 'n bokspring vorentoe en snol na waar Pixi en Lisa staan en wag. Ek moet behoorlik vasgryp om nie af te vlieg nie en dit vat 'n oomblik om die ritmes aan te voel.

Lisa lag toe ek by haar kom. "Jy moes sien hoe dit van hier af gelyk het!"

"Laaste een op die koppie gaan vanmiddag skottelgoed was!" ek hol verby haar.

"Hi! Jy cheat! Wag vir my!"

* Shaun *

"Goeie middag, hoe help ek?"

"Middag, ek het 'n steenbok kop wat ek wil stop."

"Steenbok? 'n Man soos jy behoort al groter teikens te hê as 'n steenbokkie."

"Nee, dis nie myne nie."

"'n Vriend?"

"'n Vriendin. Dit was haar eerste keer."

"Mm, jy lyk baie trots daarop. Is sy dalk meer as net 'n vriendin?"

"Hopelik eendag." Whow! Pause net gou daar. Het ek dit regtig nou-net hardop erken? Doen ek regtig? Sal ek eendag net meer as 'n vriend vir haar wil wees? Is ek ooit nou al haar vriend? Ek weet nie eens waar ek met haar staan nie en dit frustreer my!

"Jy het nie heeldag tyd nie, hoor! Goed dan, wat doen ek met die trofee?"

Later ry ek terug met 'n glimlag op my gesig. Ek kan dit nie help om trots te wees op Ariel nie. Ek sal nooit Tannie Fienie se gesig vergeet toe Ariel met die bokkie in haar hande daar aangekom het nie. Haar gesig het dadelik opgehelder en sy het Ariel omhels. Ek moet sê hierdie twee se verhouding het tien keer verbeter van daardie dag af wat sy hier opgedaag het. Ek is so bly, want hulle altwee verdien net die beste. Ek het hulle nog nie vanoggend gesien nie, maar beplan om gou eers daar in te loer voordat ek verder begin werk. Ek moet haar net sien. Ek weet ook nie of Ariel weet dat ek die bokkie ingegee het nie, maar ek gaan niks daaroor sê nie. Ek wil haar volgende week daarmee verras as sy terug moet gaan Pretoria toe.

Ek draai by die plaas padjie op en aan my regterkant vang twee figure my oog. Dit lyk soos twee mense op perde en dis definitief nie van die werkers nie. Wag! Dis Lisa en ... Ariel? Maar sy canter dan sonder enige probleme? Kan dit wees? Ek parkeer langs die stalle en klim uit met my verkyker wat onder my sitplek gelê het. Dit is wraggies sy! Wow, ek het haar geleer ry! Sy lyk soos 'n professionele ruiter wat aan die wêreld kampioenskappe kan deelneem! Hulle draf tot by die stalle en Ariel wip vinnig van Fudge se rug af. Sy en Lisa saal die perde fliks af, sonder om een keer op te hou klets. Ek stap nader.

"Ja! Dit was net amazing, jy verstaan nie! Ons het heel aand gedans en gelag en ... ag, dit was die beste aand van my lewe. Baie dankie, Ariel. Ek het soos 'n regte prinses gevoel!"

"Môre dames. Lyk vir my julle het 'n goeie oggend agter die rug."

"Hi, Shaun." Sê hulle in 'n koor.

"Ariel, jy kom al goed reg. Ek's baie verbaas met jou vordering."

Ariel word bloedrooi tot agter haar ore. "Wel, ek het die beste leermeester, het ek nie?"

"As julle my sal verskoon. Die leermeester het 'n werk wat hy graag nog sal wil behou vir die res van die vakansie."

"Vakansie? Wat bedoel jy?"

"Um, ons skool is nie 'n staatsskool nie, maar privaat. Ons het nou vakansie."

"Ek dog ... ek het nie geweet jy is nog op skool nie."

"Is dit so? Wel, ek's matriek. Ek werk elke vakansie vir jou ouma, al die afgelope twee jaar. Party naweke kom ek ook in. Hierdie is my tweede huis."

"Wow."

"Sien later." Ek gaan die stalle binne en begin om die perde gereed te maak vir hulle weeklikse spa. Dis vandag Vrydag en die weer is perfek om die perde te was.

"Shaun, Tannie Fienie het gevra dat jy by haar 'n draai sal gaan maak."

"Dankie, Marno." Ek was my hande onder die buitenste kraan en vee dit aan my overall droog. Ek loop terug na die klein wit huisie met die groen dak. Ek stop in my spore toe ek haar sien. Haar blonde hare hang netjies agter haar kop en haar blou oë skitter in die daglig. Ariel is besig om met Diesel wat voor haar op die gras sit, te speel. Sy en die brak rol oor mekaar en hulle lag albei saam. Ariel spring meteens vinnig op en hol met Diesel kort op haar hakke al in die rondte. Hulle hardloop in sirkels om mekaar so ver as moontlik te vermy. Toe Ariel die gaping sien, hol sy van die hond af weg, maar sy sien nie die tuinslang voor haar op die gras nie en val daaroor. Diesel spring oor haar en ek kan dit nie help om uit te bars van die lag nie. Sy vlieg vinnig op en vryf deur haar hare.

"Hoe lank staan jy al daar?" vra sy blitsend soos sy nadergestap kom, Diesel steeds op haar hakke.

"Lank genoeg as jy my vra."

"Wel, kan ek jou dan met iets help?"

"Nope, jou ouma soek my."

"Sy gaan nie hiernatoe kom nie, as jy gewonder het."

"Jy weet, jy is regtig goed met diere. Weet jy dit?"

"Um, ek doen nou."

"Weet jy aan wie herinner dit my?"

"Wie?"

"Snow White."

"Regtig waar! Dis nie 'n kompliment nie, weet jý dit?"

"Natuurlik is dit. Sy was net perfek. Ek meen, om daardie touch met diere te hê soos jy ... en Snow White, is net amazing."

"Jy moet teen die tyd al weet hoe ek oor prinsesse voel, Shaun."

"Ariel, Snow White mag dalk die eerste Disney prinses uit 1937, maar sy was definitief nie 'n mislukking nie. Ek wed jou, daar is nie een kind in die hele wêreld wie nie weet wie sy isnie."

"Jy weet baie van prinsesse af."

"Wel, ja. Ek het 'n jonger suster."

"Regtig, ek het dit nie geweet nie? Hoe oud is sy?" Sy lyk regtig verbaas.

"Ses. Haar naam is Samantha, sy is my alles."

"Ag my moeder! Kan ek haar eendag ontmoet? Ek's mal oor kinders."

"Sure, maar as ek nie nou by jou ouma uitkom nie, mag ek dalk my werk verloor."

* Ariel *

"Dit maak net soveel meer sin!" Ek roer die koffie wat ek vir my en my ouma gemaak het.

"Jy weet, Ariel. Jy het baie potensiaal wat jy nie raaksien nie." My ouma het sopas die onderwerp verander, om oor my lewe te praat.

"Soos wat, Ouma?"

"Jy het 'n groot hart, nie net vir mense maar ook vir die diere."

"Moet asseblief net ook nie vir my sê ek is soos Sneeuwitjie nie."

"Wat? Waarvan praat jy, kind?"

"Moet nie worry nie."

"Goed dan. Jy het ook 'n groot gawe as ruiter. Jy moet dit oorweeg om deel te gaan neem, by 'n ryskool aansluit en so aan. Ek het jou vanoggend dop gehou, jy is regtig goed vir jou bietjie ervaring."

"Dankie Ouma, dis seker in my bloed."

"Seker, maar-" sy word onderbreek deur die kombuisdeur wat oopgaan.

" 'Skies, pla ek?" Shaun staan in die deur. Sy hare is deurmekaar van die dag se werk.

"Nee, kom gerus in, Shauntjie. Iets verkeerd?"

"Nee, glad nie Tannie. Ek wil net vir Tannie vra of dit reg is as ek die naweek huis toe gaan? My ma verjaar en die hele familie kom. Dit sal sleg wees as ek die geleentheid mis, want ons kom min bymekaar. Ek sal ook al my verlore werk inhaal voor-"

"Natuurlik kan jy gaan! Dis naweek en vir wat jy alles vir hierdie klein merrie gedoen het. Geniet jou naweek en rus goed uit. 'n Koffie voor jy gaan? Ariel is juis nou besig om te maak." Ek is die merrie waarna sy verwys het. Tipiese boervrou, vergelyk alles met haar vee. Ek haal nog 'n koppie uit die kas en maak nog 'n beker vol warm koffie.

"Dankie." Sê hy toe ek die koppie voor hom neersit.

"Waar was jy vanoggend? Ek het jou bakkie eers na nege sien optrek."

Shaun word rooi tot agter sy ore en kan dit nie help om 'n bietjie jaloers te word nie. "Ek moes net gou iets gaan aflewer het, jammer Tannie."

"Nee, nee. Al jou werk is ingehaal so daar is geen haas nie, kind." By wie was hy? Moes hy regtig iets gaan aflewer het? As hy regtig moes, wát?

Die volgende oggend klop ek sewe-uur aan Lisa-hulle se voordeur. Toe die deur oopgaan, is dit nie Lisa wat voor my staan nie, maar 'n lang ou met sjokolade bruin hare en helder groen oë soos Lisa s'n.

"Um, haai. Kan ek 'n mooi meisie soos jy dalk help?"

"Hello, is Lisa hier?"

"Sy is nog in die bed, ek sal haar gaan wakker maak."

"Nee, toemaar. Ek sal later terug kom." Net toe pop Lisa se kop by die deur uit.

"Ek wou sê ek hoor jou stem. Ek sien jy het my broer ontmoet."

"Nie heeltemal nie. Ariel, aangenaam." Hy vat my hand liggies en ferm is syne vas en skud dit liggies.

"Iwan."

"Okay, kom in Ariel. Laat ek raai jy wil gaan spring?"

"Jip."

"Iw, maak solank vir Ariel koffie, ek trek gou aan."

Ek en Iwan gaan kombuis toe en ek gaan sit op een van die kroegstoele by die toonbank. "So, is jy nuut in die omgewing?"

"Wel, nie heeltemal nie. Ek kom van Pretoria af, ek het vir my ouma kom kuier."

"Pretoria? Het jy dan nie nog skool nie? Of het ek jou ouderdom onderskat?" ek voel hoe my wange opvlam en kyk skaam af.

"Ja, ons skool is nog aan, ek vat ... 'n breuk. Kry my kop agtermekaar, jy weet?"

"Het daar iets gebeur?"

"Ja, maar ek wil asseblief nie daaroor praat nie."

"Goed dan, wat dink jy van die plek?"

"Dis die beste plek op aarde. Die mense is gaaf maak nie saak van die omstandighede nie. Die atmosfeer is ontspannend. Ek hoor nie heeldag en aldag karre rondjaag nie. Tyd staan stil en ek dink ek het myself ontdek. Ek wens ek kon vir ewig hier bly."

"Ek moet sê dit is so. Ek het eers die plek gehaat toe ons hierheen getrek het, maar nou dink ek nie ek sal ooit weggaan nie. Hierdie plek groei op 'n mens."

Die volgende twee dae spandeer ek en Lisa ons tyd op die perde se rûe. Ek kan nou al twintig sentimeter spring. Ek weet dis nog nie baie nie, maar Lisa wil nie jaag nie.

"Lig hom nog, Lisa! Ek's reg! Asseblief, ek kry die twintigs al goed reg."

"Ariel, ek wil dit nie verder doen as ek nie jou ouma of iemand se toestemming het nie."

"Micheal! Kan ek hoër gaan?!" skree ek vir die swart kop outjie langs die arena.

"Ariel! Micheal tel nie!"

"Net tot dertig! Asseblief, dan kan ons my ouma vra as ek reg kom. Asseblief Li!" Lisa dink vir 'n oomblik voor sy sug.

"Fine, maar as ek sien dinge gaan nie reg nie skuif ons dadelik weer af, verstaan ons mekaar?!"

"Deal!" hulle lig die pale nog hoër en ek vat Fudge terug na die begin posisie.

"Okay, Ri. As as jy reg is, een rondte in gewone trot, dan een canter en as jou ritmes reg is gaan oor. Maak seker jy sit jou gewig vorentoe en hou jou hakke af. As jy gereed is - gaan."

Ek begin om om die arena te gaan en toe my tweede rondte klaar is mik ek vir die pale. "Hou jou hakke af, Ariel!" vinnig kom die jump nader en ek kan voel hoe Fudge onder my verstyf. "Fudge, nee!" dit is die laaste ding wat ek gesê het voordat alles om my swart begin word het ...


Bạn đang đọc truyện trên: Truyen2U.Pro

#afrikaans